Discover
KLETS
KLETS
Author: Afrikaans.Radio
Subscribed: 13Played: 110Subscribe
Share
© Afrikaans.Radio
Description
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
267 Episodes
Reverse
Die kiesers het gepraat. Die politici is nog besig om te besluit of hulle dit gehoor het.
Blou wil regeer. Groen ook. En êrens in die middel is daar ‘n kombinasie van groen en groen en rooi wat op papier lyk soos ‘n verkeerslig wat nie kan besluit nie.
Matthys het Maandag verjaar en voel ‘n bietjie oud. Dan kom Tannie Pauline van Niekerk, amper 100, en skielik is hy ‘n tiener.
En ons Brak van die Week kom al die pad van Johannesburg, uit ‘n huis wat meer bekend is as die helfte van die onderhandelaars.
Dis blou en groen en rooi.
Dis honderd jaar en nog ‘n stuk koek.
Dis ‘n brak met ‘n adres.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Dis stemdag, en vandag is jy skielik belangrik vir elke politikus.
𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-265-elke-verkiesing-is-die-belangrikste-tot-die-volgende-een/
Vandag se munisipale verkiesing word beskou as een van die belangrikstes sedert 1994, en almal het ’n opinie oor waar jou kruis hoort. Colene en Matthys loop deur die opsies, die voorlopige peilings soos op 1 November en die campaign line waarmee elke party jou probeer omkoop.
Fekile vertel waar potholes vandaan kom. Dis minder ’n mysterie as wat die munisipaliteit hoop. Ons kyk ook wie die besigste partyleier was in die aanloop tot die verkiesing.
Durban as Olimpiese gasheer klink wonderlik, maar ons is nie seker dat die vlam so lank gaan kan brand met die petrol- en dieselpryse soos dit tans staan nie.
En by Kgosi Mampuru speel “Days (of Gays) of Our Lives” af. Die klappe waai, en dié een het ten minste ’n blou oog en 'n storielyn.
Dis kruise en campaign lines.
Dis potholes en politiek.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water.
𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-264-krane-kilos-kakkerlakke-en-n-kat/
In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk.
Terwyl die res van die wêreld ook nie juis rustig is nie, vra ons die vraag wat niemand by die braai wil vra nie: waar’s jou emergency pack? En wat gaan daarin? Hint: dis meer as twee minute-noedels en ’n gebed.
Ons kyk ook na die vetste en maarste lande. Ons het gedink ons weet. Ons het nie.
Ons gunsteling insekte in SA kry ’n oomblik, want nie alles wat kruip is ’n probleem nie. Net die meeste.
En die eerste Kat van die week maak sy opwagting. Die kat weet nog nie van die roem nie. Die kat gee in elk geval nie om nie.
Dis riool en relaas.
Dis emmers en emergency packs.
Dis kilogramme en kakkerlakke.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/
Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou.
Fekile Mbalula stort ’n traan, soos ’n goeie hofnar betaam, ná die Constitutional Court se uitspraak. Die vraag is net wie se traan dit regtig was.
Dan die middelklas. Waarheen het hulle verdwyn, en hoe oorleef “hulle” nog? Colene gaan terug na 2000 en gee ons brood, melk en brandstof se pryse. Dan kyk ons wat dieselfde mandjie nou in 2026 uit jou sak jaag. Ja, jy gaan ’n bietjie sit en wens jy was ’n CEO van ’n JSE company.
En omdat 2026 ook sy eie taal het, kyk ons na die woorde wat die meeste opslae gemaak het.
Dis plakate en prysetikette.
Dis trane en tariewe.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/
Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die stories en passie wat in elke bottel vasgevang is. Dis die eerste 𝗞𝗟𝗘𝗧𝗦 𝗶𝗻 𝗷𝗼𝘂 𝗚𝗹𝗮𝘀..
𝗡𝗼𝗴 𝗻𝗶𝗲 ‘𝗻 𝗸𝗮𝗮𝗿𝘁𝗷𝗶𝗲 𝗻𝗶𝗲? Gebruik die skakel onder om te bespreek en te betaal. Daar is net ‘n paar sitplekke oor, bespreek nou: https://afrikaans.radio/bartho-eksteen-29-oktober-2026/
Dis wyn en waarheid.
Dis passie in ‘n bottel.
Dis ‘n paar stoele wat nog wag.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube








