Discover
KLETS
KLETS
Author: Afrikaans.Radio
Subscribed: 14Played: 109Subscribe
Share
© Afrikaans.Radio
Description
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!
Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
261 Episodes
Reverse
Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/
Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is.
Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/
Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land.
Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika.
En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week".
Dis vrees en syfers.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/
En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal.
Verlede week is dit betaal deur SAPS K9 Sky, waar "ons kom nou-nou" haar lewe gekos het. Die ANC se "ons sal dit nou-nou doen" blameer nou die IEC na hul die deadline gemis het.
En vir 30 jaar word ons, Suid-Afrikaanse burgers, deur die village gevra om verantwoordelikheid te vat, waar "African Time" stilbly en stil staan.
Dis 'n village vol idiote.
Dis tyd wat opgehou wag het.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans.
𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/
Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename in digitale bankmisdaad, en die ANC se nuutste plan om nóg 'n stuk te vat.
KLETS ontwikkel 'n nuwe kriteria vir staatsamptenare, en as dit ooit in werking tree, is daar dalk hoop. Laat weet ons wat jy dink by die lys moet bygevoeg word. Stuur jou idees na [email protected].
Dis Bokkoors en diefstal met 'n glimlag.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/
Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie.
Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil Lake Ontario na Lake America doop, en dalk is dit nie 'n slegte idee met Kanada se Dildo, Moose Jaw en Wrong Lake nie.
En vandag sê ons vaarwel vir Dolly Parton. ’n Stem wat generasies groot gemaak het, nou stil.
Dis Lake America en This Lake, That Lake, en The Other Lake
Dis Jolene, een laaste keer.
Dis KLETS. KLETS Ep 257 Video · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube
Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard.
Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog?
Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of dalk kan betaal nie.
In die klaskamers is onderwysers besig om 'n bedreigde spesie te word: minder mense voor die bord, meer koppe agter die lessenaars, en kwaai studente weet wie om te blameer.
Teen 2066 kan die blankes glo slegs 2% van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. 'n Statistiek wat sommiges as 'n waarskuwing lees, en ander as 'n rede vir Sannie om stil te lê in die naam van volk en vaderland.
Dis Pandor en pype.
Dis klaskamers en krisisse.
Dis syfers wat vandag klink soos môre se probleem.
Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube








