L is vir Liefde - 'n Huisgenoot Podcast

L is vir Liefde vertel konvensionele en onkonvensionele liefdesverhale. Stories wat jou gaan laat bloos, giggel en moontlik ’n traan sal laat pik. Maak seker jy volg ons en hou dié kanaal dop elke eerste Vrydag van die maand wanneer ’n nuwe episode vrygestel sal word. Indien jy van ’n liefdesverhaal weet wat ons moet vertel stuur ’n e-pos aan <a href="mailto:Carla.coetzee@huisgenoot.com">Carla.coetzee@huisgenoot.com</a>

INTRO: My Geheim

L is vir Liefde vat 'n ruskans maar Huisgenoot werk aan 'n nuwe podcast, My Geheim waar vroue die dinge deel waaroor hulle swyg.

10-05
00:44

Ep.21 "Ek het my boer gekry - in lockdown!"

Sy wou nog altyd 'n boer gehad het en toe slaan hy haar voete onder haar uit...

08-05
12:18

Ep.20 'n Pickup line wat gewerk het

Meer as 10% van die wêreld se populasie soek liefde aanlyn maar jy moet eers 'n hele paar paddas soen voor jy jou prins of prinses ontmoet.

07-01
14:39

Ep.19 'n Liefdesverhaal in 'n Franse kasteel

Van 'n noue ontkoming met die dood tot die restourasie van 'n kasteel in Frankryk wat uit 1536 dateer. Die egpaar het 'n neus vir avontuur.

06-03
21:44

Ep. 18. '‘Twee keer getroud, en die egskeiding was nie die ergste wat ons oorgekom het nie’

Hulle verhaal het 'n gelukkige einde maar dit is die dele tussen in, die goeie maar ook die groot hartseer, wat die liefdesverhaal raar maak. Hou 'n snesie byderhand.

05-06
18:29

Ep.17. 'Die dag toe my Bok-man sy nek breek'

Hulle is mekaar se eerste liefdes en selfs 'n ernstige nekbesering kon hul nie van stryk bring

04-01
17:21

Ep.16 'My vrou het 'n affair gehad en dit spook by my'

Frik en sy vrou is al vir meer as 50 jaar getroud maar byna 40 jaar gelede het sy vrou op hom verneuk, en dit spook steeds by hom.

03-04
17:17

Ep.15 Sendelinge vertel: 'Ons het op ons troudag die eerste keer gesoen'

Anja het haar Amerikaanse man, Andy eers op hulle troudag vir die eerste keer behoorlik gesoen.

02-04
14:25

Ep.14 'Ek het verlief geraak en vyf kinder by gekry'

In die episode gesels Carla Coetzee met 'n paartjie wie baie uitdagings oorkom het. Casper se vrou en ma van sy vyf kinders is oorlede maar die liefde was nie klaar met hom nie...

12-22
13:28

Ep.13 'Ons het aanlyn ontmoet en gaan in die Fillipyne trou'

Danie en Alicia is in 'n langafstand verhouding en alhoewel hulle mekaar nog nooit in lewende lywe gesien het nie is hulle dolverlief en wil hulle trou. Luister na hulle merkwaardige verhaal hier!

12-04
13:59

Ep.12 'My man het 'n vrou geword en ek bly by haar'

Die paartjie is vir meer as 30 jaar getroud. Twee kinders, 'n kankerstryd en 'n geslagsverandering later is hul steeds aan mekaar se sy.

10-29
13:24

Ep.11 Kalwerliefde word ewige liefde

Tinkie en Gert het op skool ontmoet en 40 jaar later woon hulle op dieselfde dorp waar die liefde begin blom het.

10-02
18:21

Ep.10 Liefde soos uit 'n fliek uit

Soms is liefde regtig soos die draaiboek van 'n film - luister hier!

09-04
15:38

Ep.9 Twee fietsongelukke en 'n tweede ware liefde

Estelle het twee keer die liefdesboerpot geslaan. Sy het nie een keer, maar twee keer haar sielsgenoot ontmoet.

08-07
16:09

Ep.8: ‘Hy is vir my mooi, my man met dwergisme’

Nog 'n ongewone ware liefdesverhaal. Die keer vertel ons die storie van Stephen, wie aan dwergisme ly, en sy vrou Rika.

07-02
08:37

Ep.7: 'My huwelik met Piet, my engel in ’n rolstoel – en ons eie liefdeskind'

Dis 'n onwaarskynlike liefde want uit 'n tragiese ongeluk het liefde gespruit

06-05
14:20

Ep.6: 'Toe trou ek met my pa se vriend, 28 jaar my senior’

In die sesde episode van Huisgenoot se podcast oor die liefde, praat Carla Coetzee met 'n egpaar wie se verhouding die wenkbroue laat lig.

04-30
11:50

Ep.5: 'Twee van my vrouens is vermoor - straf God my?'

In die vyfde episode van Huisgenoot se podcast oor die liefde, vertel Carla Coetzee, ’n roerende verhaal van verlies en hoe daai leemte nie altyd weer gevul kan word nie.

04-03
12:36

Ep.4: Wanneer liefde grense oorskry

'n Afrikaanse meisie verloor haar hart op 'n Egiptenaar en in 'n oogwink verander haar lewe handomkeer.

03-05
17:59

Ep.3: ‘My man was 18 j. in die tronk vir moord’

In dié derde episode van L is vir Liefde praat Carla Coetzee met ’n paartjie wie nie wegskram van hul verlede nie al is die een ’n gevonnisde misdadiger.

02-04
12:45

Recommend Channels