Discover
Lig en Lewe Sentrum
SERMON PODCAST
Lig en Lewe Sentrum
SERMON PODCAST
Author: Lig en Lewe Sentrum Paarl
Subscribed: 3Played: 3Subscribe
Share
© Lig en Lewe Sentrum Paarl
Description
Afrikaans SERMON PODCAST:
At Lig & Lewe Sentrum we believe that the Word of God can change your Life. The word of God is a lamp to guide our feet and a light for our path. (Ps 119:105)
JOHN 8:12 Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.”
As you listen with your heart, let God change the way you think so that you can know His will.
At Lig & Lewe Sentrum we believe that the Word of God can change your Life. The word of God is a lamp to guide our feet and a light for our path. (Ps 119:105)
JOHN 8:12 Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.”
As you listen with your heart, let God change the way you think so that you can know His will.
200 Episodes
Reverse
Ons praat altyd van die deure in ons lewe wat oopgemaak word. Maar wat van die deure wat vir ons toegemaak word? Kan dit ook 'n verskil maak in my lewe? Hoekom gebeur dit en hoe moet ek reageer wanneer deure toegemaak word?
Die kruisiging het gebeur, Jesus is in die graf en die vroue stap vroeg op Sondagoggend na die graf om Jesus se liggaam verder voor te berei met speserye. Almal is hartseer. In een week verander alles. Net ‘n week terug het hulle almal uitgeroep Hosanna, Prys die Here. Net ‘n week terug was hulle Koning oppad Jerusalem toe. Net ‘n week gelede was hulle vol hoop en opgewondenheid. Vandag sit hulle almal agter geslote deure, gevul met vrees en in ongeloof. Terwyl die vroue na die graf stap vra hulle die vraag, “Wie gaan vir ons die klip weg rol?”
Daar was een Gordyn wat beperkings gebring het tussen mens en God. Dit was ‘n skeiding vir meeste mense en kon net die Hoë Priester, een keer ‘n jaar agter daardie gordyn gaan.
Jesus is die Koning, maar nie soos Israel van daardie tyd gedink het nie. Hulle het 'n Koning verwag wat oorlog sal maak teen die Romeine. Maar Jesus het as 'n Redder Koning gekom om die mens te red van geestelike dood. Jesus RED. Ons skree Hosanna!!!! Prays die Here!!! Moenie Jesus in jou lewe mis nie.
Ons almal het al gebid. Op een of ander manier het ons in 'n gesprek met God gegaan. Gebed, of dit nou vol krag en vuur is en of dit in eenvoud is, Gebed het 'n impak op die lewe om ons. Daarom sal ons gereeld hoor, 'n lewe sonder gebed is 'n kragtelose lewe. Jou lewe gaan meer van God beleef, wanneer jou lewe gevul is met 'n gebedslewe.
Gebed is deel van die wapenrusting van God. 'n Lewe wat gelei word deur gebed is 'n lewe wat weet wie hy aanbid. In hierdie boodskap praat Jurie met ons oor hoe groot God is en dat ek en jy waardig is om met God te kan praat. Begin vandag werk aan jou gebedslewe. Dan sal jy staande bly teen die aanvalle van die vyand.
Wanneer ons verstaan dat die Woord van God 'n swaard in ons hand is wat ons kan gebruik teen die vyand se aanvalle, sal ons meer en meer in oorwinning staan.
Ons almal het 'n redder nodig. Ons sien dit gereeld op TV programme en flieks hoe daar 'n redder is. Maar daar is 'n ewigheid wat vir ons voorlê en daar is net een wat ons kan red van die ewige dood en vir ons die ewige lewe kan gee. JESUS CHRISTUS. Ons kan die geskenk onvang deur geloof want dit is deur God se genade dat Jesus vir ons 'n offer geword het.Het jy al tot wedergeboorte gekom?As jy graag meer wil weet hoe jy Jesus as jou redder kan aanneem, besoek gerus ons webtuiste.https://ligenlewe.com/salvation/
Sonder Geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Die Engels sê dit so mooi... To please God. Ons het Geloof nodig en deur geloof kan ons God verheerlik. Deur geloof is ons gehooraam.
Skoene is so belangrike deel van ons lewe. Ons het skoene vir elke geleentheid en wil gemaklik loop en afhangende waar jy gaan loop, trek jy daardie spesifieke skoene aan. Skoene gee vir ons beskerming en kan ook help met gesondheid.
As kind van God het ons deel geword van 'n geestelike oorlog. Een wat ons nie kan sien met die fisiese oë nie, maar elke dag word baie van ons dade beinvloed deur 'n geestelike oorlog. Deur versoekings, deur emosies. Elke dag moet ons 'n besluit maak of ons in oorwinning gaan leef of gelei word deur ons omstandighede.
Ons almal het al die vraag gevra, Wat is my doel. Maar meer as dit, Wat is God se doel vir my lewe. Soms moet ons deur die woestyn beweeg om by ons doel uit te kom. Ons doel in die lewe is nie dadelik bekend wanneer ons tot bekering kom nie. Ons het nodig om te groei tot in daardie rol. As die Here vir ons op dag 1, binne in ons doel laat instap sal ons dink, wow en ons sal excited wees, maar ons sal nie die volwassenheid hê om dit te hanteer nie en sal die eind doel ons dood maak. Die vraag moet elke dag wees, Here leer my vandag sodat ek kan groei tot die plan wat U vir my lewe het, en dat dit tot vervulling sal kom.
Ons almal wil weet wat die wil van God is vir ons lewe. In deel 1 van hierdie reeks kyk ons na, wat die wil van God is vir ons as mens. Daar is so baie om oor te praat, maar ons gaan kyk na die een aspek wat vir my en vir jou die oorwinning gaan bring wat ons nodig het.
2025 is 'n jaar van groot genade. Ons is opgewonde dat ons in hierdie plek kan wees met die planne wat God vir ons voorberei. Lig & Lewe het 'n toekoms en God roep ons om in hierdie jaar in geloof in te spring en nie meer langs die kantlyn te sit nie. Elkeen van ons word aangespoor om die eerste stap te vat tot die beloftes wat God vir ons gee. THE TIME IS NOW!!!! Walk in Faith
Ons almal het gewoontes. ons het verlede week gekyk na 2 maniere hoe ons goeie gewoontes kan verbeter en slegte gewoontes kan uitskakel. In vandag se boodskap wil ons kyk na 2 gewoontes wat fundamenteel is vir elke kind van God. Daar is baie meer, maar ons wil in 'n rigting beweeg waar ons meer gaan leer oor Gebed en ook dan in ons 3 dae vas en gebed tyd wil inbeweeg.
Ons almal het gewoontes aangeleer in ons lewe. Sommige Gewoontes is goed en ander sleg. 40% van ons dag gebeur agv die gewoontes wat ons het. Daar is geestelike gewoontes wat ons moet aanleer en waarvoor ons plek moet maak, as ons wil sien dat ons geestelik groei. Lee-Ann deel met ons die impak om gewoontes klein te begin en dit ook duidelik in ons lewe te maak. wees bewus van die besluite wat ons maak om nuwe goeie geestelike gewoontes aan te leer.
Die jaar het begin en ons almal sien uit na die geleenthede wat vir ons voorlê. Ek glo dat die geleenthede wat die Here vir ons gaan bring gaan ons die nodige Attitude moet hê om dit tenvolle aan te gryp. Is jy gereed?
Ons vier die geboorte van Jesus Christus, die redder van die wêreld. Jesus is ons verlosser en ons is dankbaar dat die Vader vir ons die GROOTSTE geskenk gegee het wat ons ooit sal kan ontvang. Ons vier Jesus se geboorte en daarom is Hy die verjaarsdag "maatjie". Watse geskenk kan jy vir Hom gee?
Het jy al die geskenk, Jesus in jou lewe ontvang? Dit is net 'n hartsbesluit ver om Jesus, die geskenk van God, in jou lewe te nooi. Maak vandag die besluit.
Volg gerus die link vir meer inligting:
https://ligenlewe.com/salvation/
Past Henry Young deel vandag die boodskap met ons oor om ons oë op Jesus gevestig te hou. As fondasie van ons lewe is dit so nodig om ons lewe te leef volgens Jesus en net te doen wat Hy van ons verwag.
Jesus is ons fondasie. Leef jou lewe volgens Sy woord.
Ons Thanksgiving Sunday diens was amazing!! Ons is so dankbaar teenoor die Here vir alles wat Hy vir ons doen en gaan doen. Ons dien 'n getroue God.
Past Anton breek soos altyd vir ons oop wat Thanksgiving beteken en hoe ons God se wil ook uitvoer deur dankbaarheid. Hierdie boodskap sal jou lewe en jou denke verander.
Be blessed!!!























