DiscoverMannetjiesvrou
Mannetjiesvrou
Claim Ownership

Mannetjiesvrou

Author: Angie Gallagher, Candess Kostopoulos, Christi Kruger, Phia Smit

Subscribed: 6Played: 14
Share

Description

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër.
Leer jou les.
22 Episodes
Reverse
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou les. Luister na Angie Oeh se debuut-EP, Sex in Afrikaans: https://ffm.to/sexinafrikaansep  Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier: Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101 The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/ Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality  Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
In episode 7 bespreek ons ’n onderwerp waaroor daar gans te min gepraat word. Mishandeling in selfdegeslagverhoudings kom baie meer algemeen voor as wat die meeste mense mag dink – ons kyk onder andere na wat die gevaartekens is en waarom LGBT-mense dikwels huiwerig is om mishandeling aan te meld. As jy met iemand wil praat, kontak gerus die kundige en bekwame organisasies hier onder: Triangle Project Webwerf: https://triangle.org.za/contact/ Hulplyn: 021 712 6699 TEARS Foundation Webwerf: https://www.tears.co.za/get-help-now/ Hulplyn: *134*7355# POWA Webwerf: https://www.powa.co.za/POWA/get-help/ Hulplyn: 076 694  5911 Gender-Based Violence Command Centre Webwerf: https://gbv.org.za/contact-us/ Hulplyn: 0800 428 428 Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150 Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as ’n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur. Ons deel ook opwindende nuus oor ’n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520. Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om ’n kopie van die boek te wen nie! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
loading
Comments