Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.

Ons Winkels vier jaar van groei, danksy jou skenkings en aankope

Elke item wat jy aan Helpende Hand se Ons Winkels skenk of daar koop, word omgesit in kanse, hulp en hoop vir ander. Maroela Media

12-03
03:20

‘Wicked’-opvolgfliek vir ma’s en dogters aanbeveel

Alhoewel glansryk en beeldskoon – iets wat moderne gehore, veral ma’s en hul dogters, betower – raak die rolprent soms selfvertroetelend en te lank met ʼn onverwagse liefdestoneel. Maroela Media

12-03
01:46

Die huwelik en intimiteit | Episode 1: Praat met jou maat

Intimiteit is nie iets wat vroeër jare juis bespreek is nie, daarom heers daar baie wanindrukke rondom die onderwerp, meen huweliksberader Louise Ehlers in episode een van Maroela Media se nuwe podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik. Maroela Media

12-02
08:52

Die huwelik en intimiteit | Episode 5: Platoniese aanraking

Hierdie platoniese aanrakings speel ʼn groot rol in die huwelik, aangesien dit emosionele sekuriteit en intimiteit bevestig. Maroela Media

12-02
18:59

Die huwelik en intimiteit | Episode 4: Liefdestale

“Om The Five Love Languages deur Gary Chapman saam met jou huweliksmaat te lees, is ʼn briljante manier om te help bepaal watter liefdestale vir jou van meer waarde is.” Maroela Media

12-02
11:45

Die huwelik en intimiteit | Episode 3: Seksuele geweld

“Die huweliksmaat wat die trauma deurgemaak het, moet ook deur die proses leer om hul uitkyk op intimiteit te verander. In die verlede was dit iets wat hulle bang en seergemaak het, en nou is dit iets spesiaals wat hulle aan hul maat verbind.” Maroela Media

12-02
27:28

Die huwelik en intimiteit | Episode 2: Jou maat en verslawing aan porno

In episode twee van Maroela Media se podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik, bespreek leraar Ian Dubery verslawing aan pornografie vanuit ʼn Christelike perspektief en verduidelik waarom hierdie verslawing so skadelik vir die huwelik is. Maroela Media

12-01
20:17

Die huwelik en intimiteit | Episode 6: Voorhuwelikse kursusse, wittebrood

“Julle moet leer hoe om hierdie heilige spasie wat die Here vir jou as man en vrou gegee het te respekteer en sodoende die volle voorregte daarvan te benut.” Maroela Media

12-01
12:36

Guinness-wêreldrekord vir kankervegters beplan

Dit is ʼn reuse-uitdaging, aangesien die span mik om ʼn allemintige 6 000 unieke strikkies op ʼn Renault Duster te plak. Maroela Media

11-30
23:08

Luister | Driemanskap sing oor nostalgie van seevakansies

“Ons het so drie jaar gelede saam aan musiek begin skryf, en dit het ʼn rukkie gevat om ons klank te vind. Ons is uiteindelik op ʼn plek waar ons van ons musiek hou.” Maroela Media

11-28
07:38

Hoop, kreatiwiteit in gospelsnit verken

“Ons wil vir Afrikaanse mense in hul eie taal ʼn uitdrukking van kerk wees.” Maroela Media

11-28
17:05

Dirk Kotzé oor Hartland Akademie

Dirk Kotzé, burgemeester van die Mosselbaai-munisipaliteit, reageer op berigte oor Hartland Akademie. Maroela Media

11-25
04:08

‘Verjaarsdaggeskenk-liedjie’ word Jak se jongste uitreiking

“Ek het aanvanklik vir hom half skertsend gevra of hy dit nie sommer met kunsmatige intelligensie wil doen nie – dis mos deesdae maklik om ʼn liedjie self te maak – maar hy het gesê hy wil hê dit moet spesifiek van my af kom.” Maroela Media

11-25
20:42

Luister | ‘Onvermydelike stiltes’ inspireer musikant Karla Bosch

Die musikant Karla Bosch gesels in Maroela Media se ateljee oor haar nuwe album. Maroela Media

11-25
06:46

Nuwelingsangeres skryf emosioneel oor geslagsgeweld

“Dit maak my uiters emosioneel om te weet dat dit ander vroue se werklikheid is.” Maroela Media

11-21
13:40

Irene-Louise verruil tekkies vir pienk vellies

“Wat mense in die musiekvideo sien, is eintlik nie toneelspel nie, want ek is nie gemaak vir die plaaslewe nie.” Maroela Media

11-21
05:19

Sprokiesverhale kry nuwe lewe in Afrikaanse pantomime

“Dis so te sê ʼn sing-dans-saamskree- Suid-Afrikaanse weergawe van ʼn sprokie met baie komedie – gesinsvermaak geskik vir almal.” Maroela Media

11-20
12:11

Dís ‘Troumateriaal’ vir Brendan Peyper

Brendan Peyper het in Maroela Media se ateljee gesels oor sy jongste kortspeelalbum, sy pad in die bedryf, voorlopige sekwestrasie en die trek terug Pretoria toe.a Maroela Media

11-15
13:51

Vanes-Mari delf geestelik met eie parfuum

“Reuk kan herinneringe en emosies ook teweegbring. As jy in ʼn ou huis instap of iets spesifieks ruik, ontlok dit soveel meer.” Maroela Media

11-14
13:33

Blackbyrd se Tasha verken solopad

Tasha Zaaiman gesels in Maroela Media se ateljee oor haar pad as solokunstenaar, haar jongste enkelsnit en die geestelike ervaring wat sy in haar tyd op “Die Kontrak” gehad het. Maroela Media

11-14
16:44

Recommend Channels