Discover
Middag op RSG 1

576 Episodes
Reverse
RSG — Lizma van Zyl gesels met dr. Johann Augustyn, 'n wetenskaplike en sekretaris van die SA Deep-sea Trawling Industry Association, SADTIA, oor die wydverspreide gevolge van aardverwarming op oseane. Hy verduidelik dat fisiologiese gevolge op vis- en ander marinespesies 'n versnelde metabolisme asook 'n versteuring van hormoonvlakke insluit.
RSG — Boere kan eersdaags krag aan Eskom lewer… Ja, dit klink dalk vreemd, maar boere met sonkragstelsels sal volgens 'n nuwe Eskom-skema enige oortollige krag in die netwerk kan stort. Die projek is nie net voordelig vir boere nie, maar sal help om die druk om die nasionale energienetwerk te verlig. Lizma van Zyl gesels met Chris Schutte van Sonfin oor die projek waarby alle Suid-Afrikaners kan baat.
RSG — Sue Pyler en Ettienne Ludick praat met Johan van Graan van die Instituut vir Risikobestuur en 'n kenner op die gebied van rekenaarsekuriteit oor hoe om jouself aanlyn te beveilig.
RSG — Bewaringslandbou word al hoe belangriker vir Suid-Afrikaanse boere, weens aardverwarming. Lizma van Zyl gesels met dr. Hendrik Smith van Graan SA oor die vorm van boerdery wat, hy 'n unieke wapen in die stryd teen klimaatsverandering noem. Ons hoor ook meer van Graan SA se koolstofvoetspoor-projek.
RSG — Sue Pyler kyk na 'n paar maniere hoe jy jou huis kan beveilig teen moontlike brande.
RSG — 'n Nederlandse maatskappy is besig om wêreldwyd naam te maak vir sy proses om afval en ongebruikte kos, wat baie soetgoed insluit, in veevoer te omskep. Lizma van Zyl gesels met Karel van der Velden vanuit Veulen oor Food-for-Feed wat nie net help om aardverwarming teen te werk nie, maar ook vir boere meer geld in die sak besorg.
RSG — Tania Lochner van Rawsonville deel 'n storie met Sue Pyler oor hoe hulle gesin in die jare sestig met eende gery het na 'n troue, en hoe hulle tuis was in die bad van die hotelkamer.
RSG — Minder is meer, sê die kenners. Sue Pyler kyk na hoe jy maklik minimalisties kan leef.
RSG — Die wêreld se vleilande is aan die verdwyn, en klimaatsverandering is een van die hoofoorsake. Min mense besef watter groot rol die ekostelsels in mens en dier se lewe speel. Lizma van Zyl gesels met varswater-ekoloog dr. Kas Hamman oor die bedreigings vir die voortbestaan en waarde van vleilande.
RSG — Wenke vir die versorging van hande en naels tydens die koue wintermaande.
RSG — Nicola Greeff vertel vir Sue Pyler meer ook Sappi se klankleserboeke.
RSG — Ettienne Ludick praat oor 'n nuwe selfoontoepassing wat kan help om kinders se toesteltyd te bestuur.
RSG — Wêreldleiers op die gebied van klimaatsverandering het onlangs in Portugal bymekaargekom om sowel uitdagings as oplossings te bespreek met spesifieke betrekking tot die wynbedryf. Lizma van Zyl gesels met een van Suid-Afrika se twee afgevaardigdes in Porto, Andre Roux, oor die uitkoms van die beraad, en die pad vorentoe.
RSG — Sue Pyler het met Vian Singleton, oftewel Thomas van 7de Laan, gepraat met die oog op jeugmaand. Hulle het ook gepraat oor sy storielyn in die sepie waarin die rol van groepsdruk uitgebeeld word.
RSG — Die spekboom word beskou as 'n wonderplant. Dit is gehard, hoog in voedingswaarde vir mens en dier, en uiters doeltreffend met die verwydering van koolstof uit die atmosfeer. Lizma van Zyl gesels met Peter Shrimpton van Heart Capital oor hulle spekboomprojek, wat besig is om lewens te verander.
RSG — Marthinus Wagman, takbestuurder by die troeteldierarea van die lughawe op George, verduidelik aan Sue Pyler wat die prosedure is om met 'n troeteldier te reis.
RSG — Ons hoor daagliks hoe nadelig plastiekbesoedeling is, maar wat is die vernaamste probleme en wat kan ons daaraan doen? Lizma van Zyl gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Plastiekherwinnersorganisasie, Johann Conradie. Hy deel ook wenke vir die landbousektor en stedelinge oor maklike en doeltreffende maniere om plastiek te herwin en dit so uit die natuur te hou.
RSG — Gesondheidsoordele van gemmer.
RSG — Klimaatsverandering is nie selektief nie, en selfs 'n gewas soos sorghum begin ly onder stygende temperature. Sorghum, 'n stapelvoedsel vir miljoene, is egter 'n geharde gewas wat soos die aarde verwarm selfs 'n belangriker rol sal speel. Lizma van Zyl praat met die landbou-ekonoom Petru Fourie van Graan SA oor wat sorghum in die toekoms vir mens en dier kan beteken.
RSG — Om te lank te sit veroorsaak onder meer rugprobleme. Ettienne Ludick stel ondersoek in.