DiscoverMonitor
Monitor
Claim Ownership

Monitor

Author: RSG

Subscribed: 50Played: 3,929
Share

Description

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
4371 Episodes
Reverse
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.
7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.
6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.
5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.
loading
Comments