Die Universiteit van die Vrystaat bly gesluit ná gewelddadige betogings op al drie kampusse. Die Menseregtekommissie is vasbeslote om sy hofaksie teen Operasie Dudula voort te sit. 'n Dramatiese wending op Dag 11 van die Madlanga-kommissie. Amerika hier kom ons... danksy Bafana Bafana!
Die geskorste adjunkpolisiekommissaris sê hy het bloot opdragte van die nasionale polisiekommisaris uitgevoer. Groot blydskap met die uitruil van Palestynse en Israelse gevangenes - ons bespreek die heropbou van Gasa met 'n politieke ontleder. Ons praat oor 'n nuwe drama wat gebaseer is op die verdwyning van Joshlin Smith.
Die ontslape Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, word as 'n sleutelfiguur in die betrekkinge tussen president Cyril Ramaphosa en Emmanuel Macron beskryf. Mthethwa is gister by sy familietuiste in KwaMbonambi aan die noordkus van Kwazulu-Natal begrawe. Die ANC oorweeg dit straks om voor die verkiesing hulle burgemeesterskandidate bekend te maak. Dosyne vragmotors met kos en ander voorrade vir Palestyne beweeg in Gasa in, terwyl die wereld wag op die vrylating van gyselaars.
Die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, sê misdaadsindikate beraam dalk 'n komplot teen hom. Die Menseregtekommisie ondersoek die stand van dienslewering in Noord-Kaapse munisipaliteite. Israel se kabinet aanvaar 'n skietstilandsooreenkoms vir Gasa. Die impak van 'n giftige werksomgewing op werkers se geestesgesondheid is in die kollig.
Hoop op vrede in Gasa. Produsente en veeartse in die Suid-Kaap verskerp pogings om bek-en-klouseer te bekamp. 'n Ekonoom verduidelik wat die voordele van ‘n rekordgoudprys vir Suid-Afrika is.
Nhlanhla Mkhwanazi beweer opnuut dat 'n DA-LP geklassifiseerde misdaadintelligensie uitgelek het. Die parlementêre ondersoek na ongerymdhede by die Padongelukkefonds begin. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is bekommerd oor damprook wat aan die toeneem is onder tieners.
Reaksie op die ANC-president se ekonomiese regrukplan. Dis vandag presies twee jaar sedert Hamas Israel binnegeval het. Die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, begin vandag.
Die parlement se ad hoc-komitee oor nasionale veiligheid is gereed om met sy eerste verhore te begin. 'n Nuwe politieke party, Unite for Change, sal aan aanstaande jaar se munisipale verkiesing deelneem. Vrystaatse boere word genoop om self op te dok vir die herstel van paaie. Sirië hou sy eerste parlementêre verkiesing sedert Basjar al-Assad uit die kussings gelig is.
Ons praat met 'n misdaadkenner oor die toename in kontrakmoorde. Ons bespreek die onderskepping van die Gasa-flottielje, en die voorgestelde vredesplan vir Gasa. Oktober is Borskanker-bewustheidsmaand - 'n chirurg verduidelik wat die gevaartekens is.
EFF-leier Julius Malema gaan appelleer teen sy skuldigbevinding. Fedsas sê honderde openbare skole het nog nie hulle postevoorsiening vir 2026 ontvang nie. Die Withuis sê talle federale werknemers kan hulle werk verloor weens die regeringsluiting.
Die jongste oor die dood van SA se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa. 'n Amerikaanse regeringsluiting tree in werking - 'n ekonoom verduidelik wat dit behels. Ons praat met die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, oor sy sakebesoek aan die VSA.
Die minister van gesondheid sê staatsamptenare wat by die korrupsie by Tembisa Hospitaal betrek word, moet aan die pen ry. Omgewingsorganisasies wil hê die gebruik van fossielbrandstowwe moet gestaak word. Die nasionale energiereguleer begin met 'n markondersoek na die stygende kragpryse. Israel aanvaar Amerika se vredesplan vir die Gasastrook.
'n Nuwe boek beskryf hoe georganiseerde misdaad in magsposisies ingesypel het. Gefrustreerde partye in die RNE sê die president het vyf maande gelede met hulle vergader. Die PA-leier, Gayton McKenzie, draai die president se arm oor Kenny Kunene se posisie in die Johannesburg-metro.
Die Nasionale Raad van Provinsies beraadslag vandag oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Knysna-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die Minister van Elektrisiteit en Energie glo ladingsvermindering kan binne 12 maande beëindig word. Die kwessie van instemming in seksuele misdaadsake draai in die Konstitusionele Hof. President Cyril Ramaphosa sê vordering word gemaak om 'n nuwe handelsooreenkoms met Amerika te bereik.
Kwaai kritiek teen president Donald Trump oor die onwetenskaplike verband wat hy trek tussen 'n pynmiddel en outisme. Moenie daai swerm bye in jou tuin uitrook of bespuit nie - 'n byevanger verduidelik. 'n Legendariese 93-jarige koerantman in die Karoo maak sy besigheid se deure toe.
‘n Selfoonrekord verbind die adjunk-kommisaris van polisie, Shadrach Sibiya, met die moordbeskuldigde Vusimusi "Cat" Matlala. Boere is bekommerd oor die uitbreiding van die Vaalputs kernafval-fasiliteit in die Noord-Kaap. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes ontdek 'n besondere dinosourus-fossiel in die Gohbi-woestyn.
Elf lande erken nou 'n Palestynse staat, maar kan dit vrede in Gasa bewerkstellig? Internasionale Gebaretaaldag word vandag gevier. Ons praat met sanger Danie Botha wat verkondig dat die wegraping vandag en môre plaasvind.
Vrystaat Landbou vra opnuut dat die polisie aparte misdaadstatistiek oor plaasaanvalle en -moorde moet aanteken. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, deel haar toekomsplanne vir die Goudstad. Brittanje en Kanada erken die bestaan van 'n Palestynse staat.
Watertoevoer is steeds nie herstel nie in Coronationville en Westbury in Johannesburg. OUTA vra die hooggeregshof om die invordering van uitstaande e-tolskuld finaal te beëindig. Vusumuzi "Kat" Matlala se invloed op wetstoepassingsagentskappe is in die kollig by die Madlanga-kommissie.
Die geskorste Minister van Polisie word betrek by 'n Gautengse misdaadsindikaat. Ons praat met 'n politieke ontleder oor gister se plofbare getuienis voor die Madlanga-kommissie. Navorsing wys dat die Regering van Nasionale Eenheid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.heid se beloftes min vordering toon. Die Openbare Beskermer versoek om adjunkpresident Paul Mashatile se seuns te ondersoek.