NUUSPOD

Met Nuuspod bring Izak du Plessis die jongste nuus en relevante gesprekke direk na jou. Of dit plaaslike, internasionale, politieke of sosiale kwessies is, ons bespreek die stories wat saak maak. Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus. Bly ingelig en kry insigte wat verder gaan as net die opskrifte.

31 Mei 2024 - Helen Zille

Ek gesels met Helen Zille tydens die 2024 Verkiesing by die NROC in Midrand. Luister na haar insigte en perspektiewe oor die verkiesingsproses, die stemming en wat die uitslae vir die toekoms van Suid-Afrika kan beteken. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

06-01
16:35

31 Mei 2024 - John Steenhuisen

Izak du Plessis van Nuuspod gesels met John Steenhuisen te midde van die tellery van stemme in die 2024 nasionale verkiesing. Luister na Steenhuisen se insigte oor die verkiesingsproses, verwagtinge, en wat die voorlopige uitslae vir Suid-Afrika se toekoms kan beteken. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

06-01
12:34

31 Mei 2024 - Wie gaan nou president word?

Ek gesels met Dr. Piet Croukamp oor wie die volgende president gaan wees na die 2024 nasionale verkiesing. Ons ontleed die verkiesingsuitslae, bespreek moontlike kandidate, en voorspel wat Suid-Afrika in die toekoms kan verwag. Luister na insigte en analise van hierdie belangrike politieke gebeurtenis. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

06-01
09:22

30 Mei 2024 - OVK verduidelik oor mense wat nie kon gaan stem nie.

Izak du Plessis van Nuuspod gesels met die OVK oor die redes waarom sommige Suid-Afrikaners nie hul stem kon uitbring in die onlangse nasionale verkiesing nie. Hulle verduidelik die uitdagings, registrasieprobleme en persoonlike hindernisse wat kiesers in die gesig gestaar het. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

05-30
09:54

20 Mei 2024 - Mmusi Maimane: Daar is lewe na die ANC en DA

Ek gesels met Mmusi Maimane, voormalige leier van die Demokratiese Alliansie (DA), oor sy tydperk by die party en sy huidige rol en visie vir die toekoms na die komende nasionale en provinsiale verkiesings. Maimane, wat bekend is vir sy kritiese sienings teenoor die huidige politieke landskap, deel sy insigte en planne vir sy betrokkenheid in die Suid-Afrikaanse politiek buite die grense van die gevestigde groot partye. *onderhoud in Engels NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

05-20
30:12

19 Mei 2024 - Neil de Beer: Ek gaan nie vir Devon fire nie

Ek gesels met Neil de Beer van UIM na die party se jeugleier, Devon Hofmeyr, 'n onthaal van Jacob Zuma se MK bygewoon het as gas van Louis Liebenberg. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

05-19
13:46

15 Mei 2024 - What have you done to my country?

Izak du Plessis praat met Solly Moeng oor die komende nasionale en provinsiale verkiesings 2024. (onderhoud in Engels) NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

05-15
27:22

30 April 2024 - Gayton McKenzie: Die DA meet hulself teen die domste kind in die klas

Izak du Plessis praat met Gayton McKenzie, leier van die Patriotic Alliance NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-30
45:42

28 April 2024 - Herman Mashaba: I trust Gayton more than the DA

In conversation with Herman Mashaba of Action SA about some election issues. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-28
35:08

26 April 2024 - Die DA gaan die Wes-Kaap verloor

Izak du Plessis gesels met Corné Mulder, VF Plus se premierskandidaat in die Wes-Kaap oor die verkiesing, Gayton McKenzie, die DA en 'n klomp ander kwessies. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-26
28:01

16 April 2024 - So het Werner de Jager aan sy einde gekom

Nuuspod gesels met Ian Cameron oor die dood van Werner de Jager NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-16
10:07

9 April 2024 - Wynand du Toit: Raak weerbaar, die magte van wanorde is op ons

Izak du Plessis gesels met Wynand du Toit oor die komende verkiesing en die risiko's wat hy in die aanloop daartoe identifiseer. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-09
41:18

2 April 2024 - Regskenner vertel hoe boere veediewe op hul grond moet hanteer

Marnus Kamfer van Afriforum verduidelik hoe boere teenoor veediewe op hul grond moet optree, veral ten opsigte van die gebruik van vuurwapens. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

04-02
14:01

31 Maart 2024 - Markus Jooste: Die swendelaar wat selfs vir Christo Wiese uit R60 miljard verneuk het.

Izak du Plessis gesels met James Brent Styan, skrywer van die boek Steinhoff: Inside SA's Biggest Ever Corporate Crash. Ek vra onder meer aan hom wat Christo Wiese en andere se rol kon gewees het. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

03-31
28:30

21 Maart 2024 - Neil de Beer: Dis 'n leuen, ek het niks teen witmense nie!

Nuuspod praat met Neil de Beer van UIM oor beskuldigings dat hy in 'n klankopname sou gesê het hy is gatvol vir witmense. Hy reageer ook op beskuldigings dat hy geld van Louis Liebenberg ontvang het en hy verduidelik die rol van kleiner partye in die komende verkiesing. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

03-21
34:57

5 Maart 2024 - John Steenhuisen: Ek sal vir seker 'n president met meer rugraat wees as Cyril

Izak du Plessis gesels met John Steenhuisen, leier van die DA, oor sy party se voorbereidings vir die verkiesing. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

03-05
34:36

3 Maart 2024 - Ian Cameron sê hoekom hy DA kies om parlement toe te gaan

Nuuspod praat met Ian Cameron oor sy toekoms as politikus in die DA NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

03-03
17:41

24 Desember 2024 - Pieter Groenewald: Ek sien 'n regering van nasionale eenheid vir 2024

Nuuspod gesels met Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus oor sy party se verwagtinge vir 2024 NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

12-24
38:44

21 Desember 2023 - Carl Niehaus oor sy vriend Julius en die nostalgie van Kill the Boer

Nuuspod gesels met Carl Niehaus oor sy skuif na die EFF NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

12-21
50:19

14 Oktober 2023 - Hamas se verwerplike terreurdaad

Izak du Plessis gesels met Jaco Kleynhans oor die Isreal/Hamas oorlog. NUUSPOD | Youtube · Afrikaans.Radio · NUUSPOD

10-14
20:01

Recommend Channels