Naweekaktueel

Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.

Motorrubriek 29 November 2025

Wessel Pretorius vergelyk twee intreevlak-sedans met mekaar.

11-29
04:07

Naweeaktueel 29 November 2025

Moorde en voorvalle van roof neem af, maar beteken dit bestendigheid in alle dele van die land? Oorstromings in die suide van Thailand eis 145 lewens. 'n Ma van die Vrystaat deel haar kommer oor haar seun wat daar vasgekeer is. Die Springbokke wil hulle jaareindtoer op 'n onoorwonne noot teenWallis eindig.

11-29
48:06

Naweekaktueel 22 November 2025

President Cyril Ramaphosa open die G20-leierskapsberaad in Johannesburg. Geslagsgebaseerde geweld word deur die regering as 'n nasionale krisis verklaar. Wat beteken dit? Die Springbokke kom later vandag in Ierland te staan teen een van hulle grootste teenstanders.

11-22
46:49

Motorrubriek 15 November 2025

Wessel Pretorius gee wenke vóór jy volgende maand die langpad aandurf.

11-15
03:37

Naweekaktueel 15 November 2025

Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor hoe die Ekuruleni-metropolisie 'n misdaadverdagte glo gemartel, vermoor en in 'n dam gegooi het. ANC- en EFF-parlementslede het harde woorde vir die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. En in ons profielonderhoud vind ons uit dat ekonome ook 'n sagte kant het.

11-15
44:00

Motorrubriek 8 November 2025

Wessel Pretorius ontleed die jongste motorverkope.

11-08
03:06

Naweekaktueel 8 November 2025

President Donald Trump gaan niemand na die G20-beraad in Suid-Afrika stuur nie. Die FW de Klerk Stigting vra dat bendegeweld as 'n prioriteitsmisdaad verklaar word. 'n Groot eerbewys van die VN aan Sherwin Bryce-Peace, ons korrespondent in die VSA.

11-08
48:39

Motorrubriek 1 November 2025

Wessel Pretorius toetsry 'n hibriede Chinese sportnutsvoertuig.

11-01
04:42

Naweekaktueel 1 November 2025

'n Web van bedrog span stywer by die Madlanga-kommissie. Twee derdes van die bevolking in Soedan is vlugtelinge weens die burgeroorlog in dié land. Parlementslede besluit dobbel is, 'n euwel en moet strenger beheer word.

11-01
49:18

Motorrubriek 25 Oktober 2025

Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese kruisvoertuig.

10-25
04:45

Naweekaktueel 25 Oktober 2025

Die besluit om Suid-Afrika van die gryslys te verwyder word wyd verwelkom. Die oudminister van Polisie, Bheki Cele, kritiseer die strafregstelsel. Amerika stel strenger visumregulasies in vir Malawiërs en Zambiërs.

10-25
49:44

Naweekaktueel 18 Oktober 2025

Ons praat met kenners oor die geloofwaardigheid van ons SA Polisiediens en die polisieminister se plan om geweld op die Kaapse Vlakte hok te slaan. 'n Klein wynprodusent praat oor die groot ekonomiese impak van die Trump-administrasie se 30%-tariefverhoging. 'n Wereldbekende klassieke pianis praat oor haar reis om vrede te maak met 'n siektetoestand wat beperkings kan plaas op haar vermoë om die klavier meesterlik te kan bespeel.

10-18
49:25

Motorrubriek 11 Oktober 2025

Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.

10-11
04:30

Naweekaktueel 11 Oktober 2025

Suid-Afrika is nie 'n staat wat misluk nie, die gebreke in die stelsel is dalk bedoel om so te wees, sê 'n professor van Noordwes-Universiteit. Palestyne in Gasa begin met die proses om die brokstukke van hulle lewe aanmekaar te sit. Ons fokus op Fanie du Toit, die aanbieder van, Leefwêreld van die Gestremde.

10-11
51:42

Motorrubriek 4 Oktober 2025

Wessel Pretorius berig oor September se buitengewoon goeie verkope.

10-04
03:45

Naweekaktueel 4 Oktober 2025

Reaksie op die Konstitusionele Hof se uitspraak dat ouers nou kraamverlof tussen hulle kan deel. Solidariteit lê 'n handelsraamwerk aan die Withuis voor te midde van kritiek deur die Suid-Afrikaanse regering. Medici sê die fyn lyn tussen uitbranding en depressie is besig om te vervaag. 'n Ontdekkingsreis van meer as twee dekades oor die doen en late van 'n onkonvensionele Britse militêre eenheid tydens die Anglo Boere-oorlog word neergepen in 'n boek.

10-04
49:26

Motorrubriek 27 September 2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 7 Legacy.

09-27
03:58

Naweekaktueel 27 September 2025

Ons leer ken die prokureur wat haar toespits op geslagsgebaseerde geweld. September is doofheid-bewustheidsmaand. Die Bokke is slaggereed vir die Poemas in Durban.

09-27
46:37

Motorrubriek 20 September 2025

Wessel Pretorius toetsry ‘n Ford Ranger XLT.

09-20
03:13

Naweekaktueel 20 September 2025

Die DA bevestig dat Helen Zille die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg is in aanstaande jaar se verkiesing. Die Spesiale Ondersoekeenheid bestee glo meer as R15-duisend per maand om die veiligheid van 'n fluitjieblaser te verseker. Hoekom was die Noord-Kaapse dorp, Kharkams, en Wupperthal in die Wes-Kaap, in die kollig by die Venesië Internasionale Rolprentfees?

09-20
44:18

Recommend Channels