Discover
Nuus
5000 Episodes
Reverse
Die Kommunikasie Regulerendeowerheid, Cran, en die Verkiesingskommissie het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om demokratiese prosesse te versterk deur verbeterde kommunikasie en tegnologie. Volgens Cran sal die vennootskap deursigtigheid, inklusiwiteit en openbare bewustheid in verkiesingsprosesse bevorder, en verseker dat verkiesingsinligting toeganklik, akkuraat en veilig is vir alle Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus het met Mufaro Nesongano, Cran se woordvoerder gepraat.
Die Demokratiese Republiek die Kongo se president, Felix Tshisekedi, en sy Rwandese ampsgenoot, Paul Kagame, het ʼn vredesooreenkoms onderteken wat die langdurige konflik in die streek moet beëindig. President Donald Trump van Amerika het die ondertekeningseremonie by die Amerikaanse Instituut vir Vrede in Washington aangebied. Sowat 7 000 mense is in gevegte in die ooste van die DRK dood sedert Rwandees-ondersteunde M23-rebelle in Januarie met hernude aanvalle begin het. Trump sê die vredesooreenkoms is ʼn geskiedkundige stap om voorspoed in Afrika te bring:
Die Suid-Afrikaanse rand verhandel net onder 17 teen die Amerikaanse dollar en was laas in Januarie 2023 op die vlak. Die Amerikaanse geldeenheid het in die afgelope ses maande net minder as 5 persent van sy waarde verloor en toestande is gunstig in Suid-Afrika. Ekonoom Dawie Klopper sê die rand was lank onderwaardeer.
Kry die nuus soos dit breek.
Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde afgesluit op vier onder. Reitan sê hy is tot dusver tevrede met sy spel:
Kry die nuus soos dit breek.
Met toenemende reise, sosiale byeenkomste en kommersiële aktiwiteite wat gedurende die feestyd verwag word, doen die Namibiese Polisie 'n beroep op padgebruikers om versigtig te wees op openbare paaie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, vra motoriste om verhoogde waaksaamheid en verantwoordelikheid te toon.
Die Katalonië-streek in Spanje het die land se eerste uitbreking van Afrika-varkpes sedert 1994 aangekondig. Volgens die landbouministerie het Namibië egter niks om oor bekommerd te wees nie. Maar Theo de Jager van Saai is van mening dat die probleem verder strek as net Spanje. De Jager het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie kom in oor die toerismesektor se merkwaardige herstel en veerkragtigheid na die pandemie. Besoekersgetalle het in 2024 met 45 persent gestyg vanaf 2023, wat neerkom op 1,25 meer besoekers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging.
Handelminister Parks Tau het herbevestig dat Suid-Afrika se ekonomiese hervorming 'n grondwetlike en morele noodsaaklikheid is. Hy sê die voorgestelde Transformasiefonds is 'n sleutelinstrument wat gemik is op die verskuiwing van die ekonomie na groter inklusiwiteit. Tau waarsku dat stadige vordering, nie-nakoming en die vorming van frontmaatskappye pogings ondermyn om apartheid se ekonomiese nalatenskap reg te stel:
Die Amerikaanse Demokratiese kongreslid Jim Himes het 'n ongeredigeerde video van 'n opspraakwekkende tweede militêre aanval op 'n vermeende dwelmboot wat twee oorlewendes doodgemaak het, beskryf as een van die mees kommerwekkende tonele wat hy in sy staatsdiens-loopbaan gesien het. Dit kom na admiraal Frank Bradley van die Amerikaanse vloot geklassifiseerde inligtingsessies aan top kongreswetgewers gelewer het. Intussen eis menseregte-voorstanders en beleidskenners die video se openbare vrystelling. Luister na Himes.
Kry die nuus soos dit breek.
Kry die nuus soos dit breek.
Reaksie word steeds ontvang oor die taakspanne wat aangewys is oor gesondheid, grond en behuising, en ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Alex Meroro van die Ovaherero Tradisionele Owerheid oor die grond- en behuising taakspan.
Die geskorste adjunkhoof van Ekurhuleni se Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het aan die Madlanga-kommissie erken dat hy geld van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang het en beskryf hul verhouding as baie na aan mekaar, soos broers. 'n Getuienisleier, Mahlape Sello, het gevra of Mkhwanazi persoonlik of deur Matlala se ondernemings fondse ontvang het. Mkhwanazi het beweer die geld was vir informele behoeftes en het bygevoeg hulle het gereeld sosiaal onmoet totdat onlangse bewerings hul kommunikasie belemmer het:
Die Stad Windhoek doen 'n beroep op inwoners om nou voor te berei om 'n herhaling van die skade wat deur kitsvloede aan die begin van hierdie jaar veroorsaak is, te vermy. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het gesê, ten spyte van enkele buie tot dusver, moet die hoofstad voorberei vir die moontlikheid van historiese oorstromings vroeg volgende jaar. Dit is te midde van berigte van 'n seisoen met 'n hoë risiko van swaar, wydverspreide reën landwyd en selfs die Australiese Buro vir Meteorologie sê 'n sterk negatiewe Indiese Oseaan-dipool kan reënval oor Suider-Afrika versterk. Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
Die Namibiese Onder-21 Mans-hokkiespan speel tans vir die 17de tot 24ste plek by die Junior Wêreldbeker in Indië. Die wedstryd teen Oostenryk het gelykop op 2 elk geëindig in gewone tyd, maar Oostenryk het toe twee doele aangeteken in die doelskietstryd om die wenner te bepaal. Die Namibiese kaptein John-Paul Britz, wat albei doele in gewone tyd aangeteken het, is aan die woord.
Politieke partye is nie tevrede met kommentators wat sê dat die opposisie swak gevaar het in die afgelope verkiesings, omdat hulle nie hul mandaat uitgevoer het nie. Dit volg op Swapo wat aansienlik meer stemme getrek het as in die 2020 plaaslike owerheid en streeksraad-verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat.
Angola het planne aangekondig om die Angolese kinders wat tans op straat in verskeie dele van Namibië woon, voor die einde van 2025 te repatrieer. Angola se ambassadeur in Namibië, Pedro Mutindi het na bewering kommer uitgespreek oor die lang afstande wat jong kinders alleen reis, veral langs die 760 kilometer lange Oshikango-Windhoek-pad. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Kadhila Amoomo gepraat wat sê dit moet met 'n knippie sout gevat word.
Reën word vir die res van hierdie week, vanaf vandag, tot deur die naweek verwag. Neerslae is gekonsentreer in die sentrale, oostelike en noordelike dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof meteoroloog by die Namibiese weerdiens, Odillo Kgobetsi, gepraat:




