Discover
OFM Agri Hour

4724 Episodes
Reverse
Isabel van Tonder gesels met Hans Terblanche van De Blanc Brahmane oor sy wen-inskrywing en kroning van sy wen brahman, "Queen of Expo".
Isabel van Tonder gesels met Poerie van Rooyen van La Cat Simmentalers oor sy wen-inskrywing vir die Interras kompetisie, manlike diere wat gekroon is as "King of Expo".
Die bewaring van ekosisteme, water en die natuur is 'n groot fokus vir Total Energies. Isabel van Tonder gesels met Willie Coetzee, Sleutelbestuur Spesialis by Total Energies oor hulle benadering hieroor.
Isabel van Tonder gesels met Jamie Berger, Algemene bestuurder van die Simmentalers oor die besondere beesras.
Isabel van Tonder gesels met Coert Hobbs van Boerebederf produkte oor sy reeks produkte wat van organiese oorsprong is.
Charl Saunderson gesels hierdie week in sy weeklikse praatjie “Kom ons praat weer bietjie boer” oor wat boere moet doen om bo inflasie te groei.
What's new in Farmer's Weekly –24-31 Oct issue
Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.
Johan Gunter gesels met John Melville van OVK oor die sny van sterte en kastrasie van lammers. Dawie Killian van OVK gesels oor die wolmark.
Dié geleentheid vind van 16 tot 18 Oktober op NAMPO Park buite Bothaville plaas, en onafhanklike landbouweerkundige, Johan van der Berg, vertel aan OFM Agri se Isabel van Tonder, besoekers kan na oorwegend gunstige toestande uitsien – met slegs ’n kans op reën teen die naweek.
Met die reenseisoen wat nou weer aanbreek en met voorspellings dat dit inderdaad 'n goeie seisoen gaan wees is die uitbreek van bloutong onder vee ook ongelukkig 'n realiteit. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein Veterinere Laboratorium, oor die siekte en die behandeling daarvan.
Chris Derksen lewer 'n veeverslag vir die Noord-Vrystaat.
Dr Johnny van der Merwe gee die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte.
Dr Johnny van der Merwe gee die nuutste vleispryse en tendense in die bedryf.
Besoekers aan NAMPO Alfa kan 'n ekspo verwag waar landbou en doelgerigte landboutoerusting hand aan hand loop. Isabel van Tonder gesels met Thys Ingwerson van Taltec oor die noodsaaklikheid van goeie landboutoerusting.
Die vierde aflewering van Sentraal SA se grootste lewendehawe, jag-en-buitelug ekspo - NAMPO Alfa - vind 16 tot 18 Oktober op NAMPO Park buite Bothaville plaas en dis ook waar die vier Lamb Champs Vrydag teen mekaar te staan kom.
Die fokus is op aftredebeplanning en Isabel van Tonder gesels met Andre Tuck van 10X Investments oor versteekte belasting wat spaarfondse laat wegsyfer.
Dis eersdaags NAMPO Alfa wat gehou word by NAMPO Park in Bothaville vanaf 16-18 Okt. Isabel van Tonder gesels met Lizette Vermaak, organiseerder lewende hawe by NAMPO Alfa oor die skou en wat alles hoogtepunte is vanjaar.
Isabel van Tonder gesels met Lizette Vermaak, organiseerder lewende hawe, van NAMPO Alfa, oor die spesiale jeugprogram vanjaar.
Isabel van Tonder gesels met Dr Bobbie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, oor hulle groot Trailblazer geleentheid vir perde, kleinvee en vleisbeeste wat eersdaags plaasvind.
Besoekers aan vanjaar se NAMPO Alfa vanaf 16-18 Okt by NAMPO Park kan 'n ekspo verwag waar landbou, avontuur en gesinsvermaak hand aan hand loop. Met die kombinasie van jag, buitelewe, topdiere en gesinsvriendelike aktiwiteite, posisioneer Alfa hom as 'n ekspo waar almal iets kan vind. OFM at Lunch se Pulane Nel-Sekepe het met NAMPO Park bestuurder Bennie Zaayman gesels.
Isabel van Tonder gesels met Riaan van Zyl van Rotswand Simbras net buite Wnburg, oor sy deelname en ondervinding verlede jaar aan Nampo Alfa en wat dit vir hom beteken het.