OFM Agri Hour

The Agri Hour with Gerben van Niekerk is OFM's flagship agriculture programme. Tune in, weekdays 5 - 6am.

Veediefstalsyfers bly 'n sensitiewe onderwerp, Isabel Kruger verduidelik hoe dit werk

Isabel van Tonder gesels met Isabel Kruger, Veiligheidsverteenwoordiger en spesialis op die gebied van Veediefstal by Vrystaat Landbou oor die sensitiewe onderwerp van veediefstalsyfers en die waarde van die vee regoor Suid-Afrika.

10-21
11:11

Willie Coetzee van Total Energies gesels oor hoe ekosisteme, water en die natuur hulle erns is

Die bewaring van ekosisteme, water en die natuur is 'n groot fokus vir Total Energies. Isabel van Tonder gesels met Willie Coetzee, Sleutelbestuur Spesialis by Total Energies oor hulle benadering hieroor.

10-20
03:46

Jamie Berger, Algemene bestuurder van die Simmentalers gesels oor die besondere ras

Isabel van Tonder gesels met Jamie Berger, Algemene bestuurder van die Simmentalers oor die besondere beesras.

10-20
02:30

Hans Terblanche van De Blanc Brahmane gesels oor sy wen inskrywing in die Interras kampioenskappe van NAMPO Alfa.

Isabel van Tonder gesels met Hans Terblanche van De Blanc Brahmane oor sy wen-inskrywing en kroning van sy wen brahman, "Queen of Expo".

10-18
01:51

Poerie van Rooyen van La Cat Simmentalers gesels oor sy wen inskrywing in die Interras kampioenskappe tydens NAMPO Alfa.

Isabel van Tonder gesels met Poerie van Rooyen van La Cat Simmentalers oor sy wen-inskrywing vir die Interras kompetisie, manlike diere wat gekroon is as "King of Expo".

10-18
01:19

Coert Hobbs van Boerebederf produkte gesels oor sy produkte wat organiese oorsprong het

Isabel van Tonder gesels met Coert Hobbs van Boerebederf produkte oor sy reeks produkte wat van organiese oorsprong is.

10-17
03:21

Charl Saunderson gesels oor hoe boere bo inflasie kan groei

Charl Saunderson gesels hierdie week in sy weeklikse praatjie “Kom ons praat weer bietjie boer” oor wat boere moet doen om bo inflasie te groei.

10-17
05:45

Digital editor of Farmer's Weekly gives an overview of the next issue 24-31 Oct

What's new in Farmer's Weekly –24-31 Oct issue Digital editor Sindira Chetty gives an overview of what's in the latest edition of Farmer's Weekly now in store. You can read more online at farmersweekly.co.za and follow them on social media.

10-17
02:56

John Melville van OVK gesels oor die sny van sterte en kastrasie van lammers

Johan Gunter gesels met John Melville van OVK oor die sny van sterte en kastrasie van lammers. Dawie Killian van OVK gesels oor die wolmark.

10-17
05:39

NAMPO Alfa 2025: Wat sê die weer?

Dié geleentheid vind van 16 tot 18 Oktober op NAMPO Park buite Bothaville plaas, en onafhanklike landbouweerkundige, Johan van der Berg, vertel aan OFM Agri se Isabel van Tonder, besoekers kan na oorwegend gunstige toestande uitsien – met slegs ’n kans op reën teen die naweek.

10-16
01:11

Met die reenseisoen wat aanbreek word bloutong voorspel

Met die reenseisoen wat nou weer aanbreek en met voorspellings dat dit inderdaad 'n goeie seisoen gaan wees is die uitbreek van bloutong onder vee ook ongelukkig 'n realiteit. Isabel van Tonder gesels met Dr Hanri Bester-Cloete, staatsveearts van Bloemfontein Veterinere Laboratorium, oor die siekte en die behandeling daarvan.

10-16
06:47

Chris Derksen lewer 'n veeverslag vir die Noord-Vrystaat

Chris Derksen lewer 'n veeverslag vir die Noord-Vrystaat.

10-16
02:04

Dr Johnny van der Merwe gee die jongste graanpryse en bewegings in die graanmarkte

Dr Johnny van der Merwe gee die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte.

10-15
06:09

Dr Johnny van der Merwe gee die nuutste vleispryse en tendense in die bedryf

Dr Johnny van der Merwe gee die nuutste vleispryse en tendense in die bedryf.

10-15
06:02

Landbou en doelgerigte landboutoerusting loop hand aan hand

Besoekers aan NAMPO Alfa kan 'n ekspo verwag waar landbou en doelgerigte landboutoerusting hand aan hand loop. Isabel van Tonder gesels met Thys Ingwerson van Taltec oor die noodsaaklikheid van goeie landboutoerusting. Die vierde aflewering van Sentraal SA se grootste lewendehawe, jag-en-buitelug ekspo - NAMPO Alfa - vind 16 tot 18 Oktober op NAMPO Park buite Bothaville plaas en dis ook waar die vier Lamb Champs Vrydag teen mekaar te staan kom.

10-15
07:18

10x: Fokus op aftredebeplanning

Die fokus is op aftredebeplanning en Isabel van Tonder gesels met Andre Tuck van 10X Investments oor versteekte belasting wat spaarfondse laat wegsyfer.

10-15
05:25

NAMPO Alfa: Lizette Vermaak vertel oor die skou en hoogtepunte in 2025

Dis eersdaags NAMPO Alfa wat gehou word by NAMPO Park in Bothaville vanaf 16-18 Okt. Isabel van Tonder gesels met Lizette Vermaak, organiseerder lewende hawe by NAMPO Alfa oor die skou en wat alles hoogtepunte is vanjaar.

10-14
04:10

NAMPO Alfa: Lizette Vermaak gesels oor die spesiale jeugprogram

Isabel van Tonder gesels met Lizette Vermaak, organiseerder lewende hawe, van NAMPO Alfa, oor die spesiale jeugprogram vanjaar.

10-14
04:17

Die groot Trailblazer geleentheid van SA Stamboek vind binnekort plaas

Isabel van Tonder gesels met Dr Bobbie van der Westhuizen, hoofbestuurder van SA Stamboek, oor hulle groot Trailblazer geleentheid vir perde, kleinvee en vleisbeeste wat eersdaags plaasvind.

10-14
03:56

NAMPO Park bestuurder, Bennie Zaayman gesels oor die komende NAMPO Alfa

Besoekers aan vanjaar se NAMPO Alfa vanaf 16-18 Okt by NAMPO Park kan 'n ekspo verwag waar landbou, avontuur en gesinsvermaak hand aan hand loop. Met die kombinasie van jag, buitelewe, topdiere en gesinsvriendelike aktiwiteite, posisioneer Alfa hom as 'n ekspo waar almal iets kan vind. OFM at Lunch se Pulane Nel-Sekepe het met NAMPO Park bestuurder Bennie Zaayman gesels.

10-13
05:13

Recommend Channels