Discover
Ons diere & hul giere

Ons diere & hul giere
Author: rrRADIO
Subscribed: 4Played: 56Subscribe
Share
© rrRADIO
Description
Troeteldiere speel 'n belangrike rol in ons lewens, maar soms laat hul probleme en giere ons kopkrap. Ilse Salzwedel gesels met veeartse en kenners oor ons viervoet (en geveerde) kinders. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos rrradio@caxton.co.za
7 Episodes
Reverse
rrRADIO — In hierdie gesprek gesels Ilse Salzwedel met Dr. Didi Claassen, spesialis veearts en veterinêre patoloog, oor dinge wat veeartse frustreer (soos “vet hopping”, Dokter Google en mense wat nie veeartse se behandeling met hul diere voltooi nie) en gee ook inligting oor waar mense kan kla oor veeartse se diens.
rrRADIO — Elke troeteldiereienaar vrees diarree, want dit kan die eerste teken wees van 'n ernstige ongesteldheid en veroorsaak soms selfs 'n dier se dood. In hierdie gesprek bespreek dr. Didi Claassen, veterinêre patoloog en spesialis-veearts, 'n paar oorsake van die toestand. Sy bespreek ook moontlike behandelings, en gee raad oor wanneer jy jou troeteldier so gou moontlik by 'n veearts moet kry.
rrRADIO — In hierdie episode gesels Dr. Didi Claassen, spesialis veterinêre patoloog en veearts van Pretoria, met Ilse Salzwedel oor troeteldier-noodgevalle. Wanneer moet jy sorg dat jou troeteldier by die dokter uitkom? En is daar enige mens-medisyne wat jy met veiligheid vir jou troeteldier kan gee? Hoe gemaak met slangbyte, gif en bysteke? En wat kan jy by die huis of op pad doen om jou troeteldier se kans op oorlewing te vergroot? Didi verduidelik ook die lewensbelangrike verskil tussen melkkoors en mastititis by teefhonde wat kort tevore ‘n werpsel kleintjies gehad het.
rrRADIO — Nie alle hond- of katrasse gaan by enige persoon of gesin pas nie. Luister hoekom dit so belangrik is dat jy die regte soort troeteldier vir jou huishouding en leefstyl kies, en hoekom dinge soos sosialisering en “puppy classes”so belangrik is. En watter ras is die beste vir asmalyers of kinders en mense wat allergies is vir diere se hare? En onthou ook om jou kinders te leer om reg op te tree teenoor die gesin se troeteldiere. En het jy geweet dit is beter om eerder ‘n paar weke te wag tussen twee honde wanneer jy meer as een dier gelyk wil aanskaf? (Sommige diere ontwikkel litter mate sindroom wat kan lei tot probleemgedrag.) Dr. Didi Claassen gee praktiese raad wat jou beslis sal help om die regte keuse te maak.
rrRADIO — Al gehoor dat ‘n hond nie siek is as hy ‘n nat neus het nie? Verkeerd! En wat is die verskil tussen bosluiskoors en bosluitsbytkoors? En wat van boererate vir dinge soos bosluiskoors?
Ilse Salzwedel gesels met Dr. Didi Claassen, ‘n veearts en spesialis veterinêre patoloog, oor ernstige siektes by honde. Kom leer meer oor ‘n gastro-intestinale toestand wat (onder andere) dikwels by Yorkshire Terriers voorkom, ‘n maag wat gedraai is, en diabetes en hartversaking by jou troeteldier.
Kenner: Dr. Didi Claassen, ‘n veearts en spesialis veterinêre patoloog Besoek rooi rose se webblad vir meer inligting
rrRADIO — ‘n Troeteldier bring baie plesier, maar beteken ook groot verantwoordelikheid. In hierdie episode gee ons ‘n oorsig van dinge wat elke troeteldiereienaar behoort te weet. Dr. Didi Claassen, ‘n veearts van Pretoria, gesels oor inentings, sterilisasie, die regte kos, jaarlikse ondersoeke en behandeling teen vlooie en bosluise. En as jy wou geweet het wat is ‘n veearts se opinie oor “menskos” en bene vir jou troeteldiere, luister dan hier!
rrRADIO — Ons troeteldiere is 'n integrale deel van ons gesinne en lewens. In rrRADIO se splinternuwe troeteldier-reeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldier-kenners oor belangrike onderwerpe wat troeteldier-eienaars dikwels oor wonder. Nuwe episodes word vanaf 2 Maart, elke tweede Maandagoggend vrygestel. rooi rose