RSG
Claim Ownership

RSG

Author: RSG

Subscribed: 170Played: 23,852
Share

Description

RSG inspireer jou deur inligting, vermaak en opvoedkundige aspekte in Afrikaans! RSG bied ‘n wye verskeidenheid programme en inhou wat relevant, opbouend, interessant en aktueel is. Of jy nou op soek is na geselsprogramme, nuus & aktuele gesprekke, leefstyl, dokumentêre en radioteater, of hou van ‘n op-en-wakker huistoery en ontbytprogram – RSG bied dit alles! Daar is ‘n wye verskeidenheid musiekgenres wat jy op RSG kan hoor – van opera en klassieke musiek tot country, gospel, Afrikaans, jazz en kontemporêre musiek van regoor die wereld. RSG – dis die een!
4991 Episodes
Reverse
Kompas 25 Oktober 2021

Kompas 25 Oktober 2021

2021-10-2516:06

Hoekom is 1 November 2021 is ‘n nasionale vakansiedag? Want die plaaslike regeringsverkiesing vind dan plaas, en jy kry die  kans om jou kruisie te gaan trek. Athina Jansen praat met Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie oor wat setels is en die struktuur van munisipaliteite ná die verkiesing. Sy hoor ook by  jongmense wat hulle van verkiesing dink.
Opskud 25 Oktober 2021

Opskud 25 Oktober 2021

2021-10-2509:59

Die gestewelde kat.
Ds. Liesel Krause-Wiid van die NG Familiekerk Kameeldrif.
Ben en Stefaan is op hulle derde date die nag voor die waardering. Stefaan is opgewonde omdat hy dalk egte Van Gogh-skilderye sal sien, maar terselfdertyd bang omdat Max en sy trawante daar sal wees.
In Februarie vanjaar het 'n handjievol Tsitsikamma-inwoners stukkies grond begin skoffel om groente te plant, en gehoop om eendag ‘n inkomste daaruit te kan verdien. Weens die streng Covid-inperkings het Mariska Spoormaker toe telefoniese onderhoude met hulle gevoer. Nou, nege maande later, het sy uitgery na die Tsitsikamma om uit hoor hoe sake vorder, en het daar vir Marnell van Schoor, stuurvrou van die inisiatief, aangetref.
Igna Klynsmith bespreek die uitspraak van die Konstitusionele Hof oor Unisa se taalbeleid. Hy verduidelik wie aanspreeklik is vir skade aan ‘n huureiendom in geval van ‘n inbraak, en bespreek ‘n saak oor ‘n mens se eerlikheidsplig teenoor jou versekeraar.
Abel gaan sien Gustav met ‘n voorstel wat nie baie goed afgaan nie, veral nie wanneer Shoki opdaag nie.
ANC-president Cyril Ramaphosa glo sy party sal weer beheer oor die Nelson Mandelabaai Metro terugneem ná die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November. Hy beloof dat die ANC se rekord van dienslewering sal verbeter indien hulle die verkiesing in die metro wen. Ander nasionale leiers soos Julius Malema en Helen Zille het ook gemeenskappe besoek en beloftes gemaak om kiesers te oortuig om vir hulle te stem. Watter imak het nasionale leiers op ‘n plaaslike verkiesing?
Verkiesingsdebat: Ons fokus op die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap. Die ANC, DA, Patriotic Alliance en die ACDP neem deel.
Die goudvelde by Welkom is al 'n week lank waterloos. Die moordverhoor van die Bafana Bafana-kaptein, Senzo Meyiwa, begin vandag in Johannesburg. Fase 2-beurtkrag sal vanaand en môreaand weer tussen negeuur die aand en vyfuur die oggend ingestel word.
Ds. Liesel Krause-Wiid van die NG Familiekerk Kameeldrif.
Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie het ‘n hele paar rekords opgelewer. Daar is soos altyd op ‘n Maandag veilingsnuus. Koos du Pisanie het by Dewald van den Berg van Petrusburg meer gaan uitvind oor turksvye as deel van ‘n veevoedingsprogram.
RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs, joernaliste en ontleders oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
Hoe gemaak as ‘n meteoriet deur jou dak val, en langs jou op jou kopkussing beland? Dit is een van die intessanthede waaroor daar gepraat word nadat die ‘n vrou in Kanada ‘n noue ontkoming gehad het. Nick Erasmus van die SAAO praat oor die waarskynlikheid van so ‘n voorval. Wat is ‘n foton? Prof. Matie Hoffman het die antwoord.
Ons staan op die vooraand van nog ‘n verkiesing in Suid-Afrika. Baie mense wonder: Vir wie moet hulle stem? Baie vra: Kan die Kerk my nie hierin help en leiding gee nie? Behoort die predikers oor politiek te preek en Christene te help in hulle keuse vir wie om te stem?
Ds. Fay van Eeden van die NG Kerk Stellastraat, Pretoria.
Fanie du Toit vind meer uit van die uitdagings van die neurologiese gestremdheid, demensie. Jacqui January gesels met Bonita Blankenberg, wat blind gebore is. Sy vertel hoe sy 'n paar jaar gelede as Sportvrou van die Jaar aangewys is n.a.v. haar rol as navigator in tydrenne.
Graig-Lee Smith hoor hoe jy jou klein onderneming se deure kan oophou, en hoe om jou besigheid te bemark.
Johan van Lill praat met prof. Elsa Mentz en dr. Dorothy Laubscher oor die vierde Internasionale Selfgerigte Leer-konferensie, wat deur die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit aangebied word.
Die kenners vertel hoekom die meeste voëls nie ‘n penis het nie – so hoe gebeur voortplanting? Ons kyk na die ewolusie van seksualiteit, en watter effek moderne slaappille op breinfunksionering het.
loading