Ons wil almal graag meer weet oor SA Rugby se beoogde transaksie met die Ackerley Sport Group! Ons het gesels met Hendrik Cronjé van Rapport en hy vertel ons wat die huidige stand van sake met die transaksie is! Ons gesels ook oor die Springbokgroep vir die November toetse en oor 'n paar spelerskuiwe wat in die nabye toekoms in die URC kan gebeur!
ns doen dinge ‘n bietjie anders van nou af! In plaas van verskillende videos vir elke span, het ons al die gesprekke in een video gekombineer, en jy kan nou na die Bulls, die Lions en die Stormers se besprekings kyk in een video, en dan gesels ons ook sommer oor die SA Cup ook! Jy kan ook vooruit spring en na jou gunsteling span se bespreking gaan kyk – jy hoef nie na alles te kyk nie! Binnekort gaan ons die Sharks ook intrek, so lekker baie om na uit te sien!
Rassie het verras met die dapper keuse van Sacha Feinberg-Mngomezulu op losskakel, en dit in 'n belangrike wedstryd teen 'n moeilike Australiese span. Alhoewel Handré Pollard op die bank ingesluit is, kan mens nie help om te wonder hoe die pad vorentoe vir die ouer Springbokke lyk nie, MW en Simon gesels ook oor die nuwe reëls en of die Springbokke hierdie Kampioenska ten alle koste moet wen.
MW en Simon gesels oor net mooi alles - van skolerugby tot Curriebeker tot sewes tot die Springbokke!
'n Paar Bokke het hulle hande hoog opgesteek in die toets teen Portugal en 'n paar het nou nie juis die wêreld aan die brand gespeel nie. André se duikslag is ook weer 'n ander storie en Manie het alweer misgeskop! Dan het Rassie vir 'n paar verrassings gesorg met die Springbokgroep vir die Australiese toetse. MW en Simon gesels oor die toets teen Portugal en kyk ook na die groep wat Australië toe aan!