Discover
Rand en sent

724 Episodes
Reverse
Jody Hendricks praat met prof. Jurie van Vuuren oor wat ander lande doen om werkloosheid aan te pak.
Het jy geweet jy het net drie maande om jou testament te verander nadat jy geskei het? Jody Hendricks praat met Volker Kruger oor verskeie aspekte van testamente.
Meer as 70% van klein tot mediumgroot maatskapye sluit binne die eerste vyf jaar hulle deure. Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Wes-Kaap, bespreek die redes vir hierdie tendens.
Die Minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het die konsepwysigings aan die Nasionale Kredietwet teruggetrek ná openbare teenkanting. Die wysigings, wat vrese laat ontstaan het dat studente met skuld moontlik op ’n swartlys geplaas kon word, het meer as 20 000 voorleggings gelok – die meeste teen die voorstelle. Minister Tau sê die wysigings was bedoel om verbruikersbeskerming te versterk en toegang tot finansiering vir klein ondernemings te verbeter, nie om graduandi met skuld te benadeel nie.
Ekonoom Johan Els bespreek die ekonomiese impak wat die G20-beraad op Suid-Afrika se ekonomie kan hê.
Ekonoom Hassan Essop praat oor nuwe inflasieteiken, en hoe dit verbruikers se spandering kan beïnvloed.
Baie Suid-Afrikaners voel die ekonomiese druk. Kliniese sielkundige dr. Johan Coetzee praat oor die belangrikheid daarvan om ballans tussen jou finansiële en sielkundige welstand te hê.
Finansiële adviseur Duane Nienaber praat oor die belangrikheid van finansiële beplanning. Hy sê die eerste stap in gesonde finansiële beplanning is om ʼn begroting op te stel. Dit help jou om ‘n oorsig van jou inkomste en uitgawes te kry, en stel jou in staat om te sien waar jy geld kan bespaar.
Finansiële adviseur Yolanda Botha praat oor onlangse ’n studie, wat gekyk het na wat jy in Suid-Afrika moet verdien om ‘n volhoubare lewenstandaard te handhaaf.
Arbeidstrateeg Anja van Beek praat oor die ekonomiese bydra wat moeders maak,en die uitdagings wat hulle in die werksplek in die gesig staar.
Hassan Essop, ‘n ekonoom verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor die impak van Suid-Afrika se swak verhouding met die VSA op die ekonomie, en die nuwe handelstariewe wat op 1 Augustus in werking getree het.
Suid-Afrika is 'n land met 'n hele aantal arbeidswette wat werksbeserings reguleer. Jody Hendricks praat met arbeidskenner Stephen Pietersen oor die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.
Julie is nasionale spaarmaand. Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Jody Hendricks praat met Yolande Botha, 'n finansiële beplanner by Galileo Capital, oor hoe om te spaar in moeilke ekonomiese tye.
Belastingkenner Anette Visser beantwoord luisteraarsvrae oor die nuwe belastingseisoen. Jody Hendricks praat met ‘n spesialis oor die ekonomiese impak van die private sekuriteitsbedryf op die land se ekonomie.
Die belastingseisoen het aangebreek, en jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan belastingkenner Anette Visser.
Professor Cecile Nieuwenhuizen praat oor mentorskap vir jong profesionele persone, en hoekom dit nodig is in ‘n Suid-Afrikaanse konteks.
Jody Hendricks praat met Francois Rossouw, die wenner van vanjaar se Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar-kompetisie. Francois boer met tafeldruiwe in die Hexrivier, en het vir Jody vetrel van die uitdaagings en geleenthede in die lanbousektor.
Jody Hendricks praat met onderwyskonsultant dr. Rudi Buys oor ‘n studie wat wys dat 45% van jong gegradueerdes sukkel om werk te kry ná hulle studies.
Jody Hendricks praat met bestuurshoof Letitia de Wet oor die Enactusprogram wat toegewy is aan die skep van ‘n beter, meer volhoubare wêreld terwyl die volgende generasie entrepreneursleiers ontwikkel word.
Jody Hendricks praat met twee kenners oor die impak wat tegnologie en kunsmatige inteligensie op die werksplek het, en wat werkgewers kan doen om werknemers by te staan.