Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Spektrum 19 November 2025

Verbruikersprysinflasie versnel in Oktober. Die stryd duur voort om die uitbreking van 'n dodelike dier-siekte in die Noord-Kaap te beheer, en mense leef nou baie langer as waarvoor hulle finansieel voorsiening maak. 

11-19
51:30

Spektrum 18 November 2025

Die omstrede sakeman, Brown Mogotsi, getuig voor die Madlanga kommissie van ondersoek. Leefstyloudits sal op voornemende ANC-burgemeesterskandidate vir die munisipale verkiesing gedoen word. Vise-admiraal Monde Lobese sê die SA Vloot is 'n sinkende skip, wat die land se soewereiniteit bedreig. Die G20-Maatskaplike Beraad begin in Boksburg.

11-18
48:01

Spektrum 17 November 2025

'n Nuwe getuie is voor die Madlanga-kommissie oor die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind. Boere verwelkom tariefverligting op sekere uitvoerprodukte na Amerika. Vyf sluise word by die Vaaldam oopgemaak.

11-17
51:14

Spektrum 14 November 2025

'n Mosie van wantroue teen die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, word in die provinsiale wetgewer gedebatteer. Google gaan miljoene rand betaal om Suid-Afrikaanse nuusmedia te ondersteun. Die Chinese leier, Xi Jingping, sal nie die G20-beraad bywoon nie.

11-14
49:41

Spektrum 13 November 2025

Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die uitlek van brigadier Julius Mkhwanazi se klagstaat aan die media, Ons praat met die DA se twee nuwe ministers. In Amerika is dit terug-werk-toe nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, 'n wetsontwerp onderteken wat die 43-dag lange federale regeringsluiting beeïndig.

11-13
46:08

Spektrum 12 November 2025

Die raaisel van 17 Suid-Afrikaners in Donbas in Oekraïne verdiep. Die G20-groep van lande word vir kritiek uitgesonder, met nóg 'n land wat aan die beraad onttrek. Johannesburg Water skuld meer as 'n miljard rand.

11-12
52:35

Spektrum 11 November 2025

Solidariteit se advertensiebord-veldtog teen die ANC ontaard in 'n kat-en-muis-speletjie met die Johannesburg-metro. Die COP30-klimaatsvergadering open sonder die teenwoordigheid van die VSA. Wat kan die besluite by die G20-beraad beteken vir die prys van basiese goedere, die koste van vervoer, asook die skep van werksgeleenthede?

11-11
49:10

Spektrum 10 November 2025

'n Pynlike hoofstuk in Suid-Afrika geskiedenis word heroorweeg met die begin van die ondersoek na die Waarheids- en Versoeningskommissie. Die waarnemende Minister van Polisie, Firoz Cachalia, besoek die bendegeteisterde woonbuurte Westbury en Reigerpark. President Donald Trump verwelkom die bedanking van die BBC se direkteur-generaal en hoof van nuus ná bewerings dat kykers mislei is deur die redigering van 'n toespraak deur Trump.

11-10
47:58

Spektrum 7 November 2025

'n Voormalige minister, Malusi Gigaba, is glo in die sop oor die onreëlmatige aankoop van lokomotiewe by Transnet. 'n Regeringsverslag skets 'n donker prentjie oor die stand van munisipaliteite. Ouers sal meer vir skoolfonds moet opdok.

11-07
47:00

Spektrum 6 November 2025

'n Ekonoom bespreek die vraag of Suid-Afrika in die G20 hoort, en die voordele wat dit vir ons inhou. Verbruikers kla oor wisselvallige elektrisiteitspryse - ons praat met OUTA. Die MK Party het sy adjunk-president John Hlope geskors.

11-06
47:50

Spektrum 5 November 2025

Die politieke landskap in die Wes-Kaap verander. 'n Regsgeleerde sê die hofbeslissing dat Operasie Dudula se veldtogte onwettig is, skep 'n presedent vir soortgelyke gevalle. Zuzie, 'n kunsmatige intelligensie tannie, staan jou by in jou uur van nood.

11-05
47:17

Spektrum 4 November 2025

Die sakeman, Brown Mogotsi, oorleef 'n beweerde aanslag op sy lewe. Motoriste kla dat hulle lisensies deur die Madibeng munisipale polisie afgevat word. Die EMF Stigting sê Suid-Afrika se provinsiale parke is in 'n staat van verval. Die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sê die verkiesing in Tanzanië was nie vry en regverdig nie.

11-04
50:27

Spektrum 3 November 2025

Die polisie is op soek na twee verdagtes, wat verbind word met die verbyry-skietvoorval in Reigerpark. Die Madlanga-kommissie hoor verdere getuienis aan oor die inhegtenisneming van Katiso “KT” Molefe. Die Regering van Nasionale Eenheid hou sy langverwagte vergadering. Die hofuitspraak oor die vasstelling en goedkeuring van munisipale kragtariewe word verwelkom.

11-03
49:16

Spektrum 31 Oktober 2025

Die Europse Unie hou die Nederlandse verkiesingsuitslag fyn dop te midde van die opkoms van verregse partye. President Donald Trump gee opdrag dat die VSA kernwapentoetse hervat. Lui dit 'n nuwe, gevaarlike tydvak in? Vrystaat Landbou is bekommerd oor die stand van infrastruktuur in die provinsie.

10-31
48:03

Spektrum 30 Oktober 2025

OUTA sê daar is steeds 'n gebrek aan voldoende parlementêre toesig onder die sewende administrasie. Getuie C sit sy getuienis by die Madlanga-kommissie voort. Die KwaZulu-Natalse regering gaan volstoom voort met sy pogings om konstruksiemafias in dié provinsie te stuit. Suid-Afrikaners kort hulp om uit kloue van 'n mensehandel-sindikaat in Mianmar te kom.

10-30
44:00

Spektrum 29 Oktober 2025

Nog getuienis word voor die Madlanga-kommissie gelewer oor die dag toe die sakeman en moordbeskuldigde, Katiso 'KT' Molefe, gearresteer is. Israel verwerp die VN se spesiale rapporteur, Francesca Albanese, se jongste verslag oor die menseregtesituasie in die besette Palestynse gebied. ActionSA se konsepwetsontwerp om politieke meningspeilings te reguleer, ontlok reeds kritiek.

10-29
50:37

Spektrum 28 Oktober 2025

Baie skole is swak voorbereid om die euwel van boeliegedrag, wat jaarliks 3,2 miljoen leerlinge raak, te hanteer. Die Verenigde Nasies se Spesiale Rapporteur oor die Besette Palestynse Gebiede, Francesca Albanese, sit haar besoek aan Suid-Afrika voort met 'n boodskap vir universiteite. ’n Reuse orkaan, wat na 'n kategorie vyf storm opgegradeer is, is op pad na die Karibbiese eilandnasie, Jamaika.

10-28
51:55

Spektrum 27 Oktober 2025

'n Ballistiese kenner van die polisiediens getuig op Dag 18 van die Madlanga-kommissie in Pretoria. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid is bekommerd oor die feit dat geslagsgebasseerde misdaadsake toenemend teruggetrek word. In die Oos-Kaap is uitspraak voorbehou in die Nasionale Vervolgingsgesag se saak teen die kwytskelding van die Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso.

10-27
51:08

Spektrum 24 Oktober 2025

Die oudminister van polisie, Bheki Cele, glo Riah Phiyega was nie die regte keuse vir nasionale polisiekommissaris nie. Getuie C begin getuig voor die Madlanga-kommissie van ondersoek. OUTA is omgekrap oor die heraanstelling van Inseta se bestuurshoof. Ierland stem vir 'n nuwe president.

10-24
45:18

Spektrum 23 Oktober 2025

Oud-polisieminister Bheki Cele begin sy getuienis voor die Parlement se ad hoc-komitee, met plofbare getuienis én 'n stekie na Korrektiewe Dienste. Dit gons oor die ontbinding van die Gautengse Misdaadvoorkoming-bewaardersprogram, ook bekend as die AmaPanyaza. Oudpresident Jacob Zuma het 60 dae om meer as R28-miljoen rand aan die staat terug te betaal, of hy is sy pensioen kwyt.

10-23
49:20

Recommend Channels