DiscoverStorm Perspektiewe
Storm Perspektiewe
Claim Ownership

Storm Perspektiewe

Author: Storm Perspektiewe

Subscribed: 0Played: 1
Share

Description

Jy kry eers jou antwoorde as die challenge verby is, maar ‘n gesonde perspektief in die storm help baie. Kom soek saam.
8 Episodes
Reverse
Episode 8 - Resultate

Episode 8 - Resultate

2018-09-0117:39

Verlede keer het ons oor situasies gepraat wat binne ons beheer is, of deur ons beïnvloed kan word. Die keer chat ons oor die lewe se onvoorspelbaarheid. Om storms te oorleef wat kom van gebeure waaraan ons niks kan doen nie, verg ‘n ander tipe perspektief. Die vraag om te vra in so geval is eerder hoekom gaan ek oorleef, in plaas van hoe gaan ek oorleef. Enjoy!
Episode 7 - Fokus

Episode 7 - Fokus

2018-08-2923:27

Magicians misbruik hoe die brein fokus om ons te verneuk. Hulle noem dit misdirection. Ons aandag is op een plek, dan doen hulle goed op ‘n ander plek wat ons nie verwag nie, dan verras hulle ons met iets onverwags wat ons nie sien kom het nie. Die lewe gooi mos sulke curve balls? Iemand naby aan ons gaan dood. Of ons verloor ons werk. En selfs kleiner goed soos ‘n kar wat breek of ‘n geyser wat bars kan erge ongerief veroorsaak. Soms is ons reaksie positief en staan ons in verwondering, ander kere is ons heeltemal van koers af gewetter. ‘n Situasie wat opduik en ons van balans af gooi, ervaar ons as ‘n storm wat ons kan vernietig. Nou probeer ons sulke situasies vermy. Ons sit measures in plek om te probeer keer dat slegte goed gebeur. Die antwoord is nie om sulke situasie te vermy nie. Die antwoord lê by ons fokus.... ons explore die konsep "fokus" om ‘n meer praktiese, bruikbare idee te kry waarmee ons kan werk, spesifiek met die doel om storms in ons lewe op te los. Enjoy!
Episode 6 - Scotomas

Episode 6 - Scotomas

2018-08-1823:22

Scotomas verwys na jou blindspots. Dis ‘n mediese term vir ‘n kol in jou visie waar jy nie kan sien nie. Elkeen van ons het mental scotomas. Daar’s areas van jouself en jou bewussyn wat jy nie kan sien nie. Jy het blindspots in jou perspektiewe. Situasies in ons lewens is mos net daar, ons weet nie hoe dit gebeur het of hoe dit tot op daai punt gegroei het nie. Dalk is jy in ‘n verhouding waar jy gereeld wonder "hoe het ek hier beland". Of in ‘n situasie by die werk wat jou geweldig laat stress, en dan is dit soms moeilik om te bepaal of die huidige omstandighede voorkombaar was. Kan ons, deur bewus te wees van ons blindspots, slegte goed in die lewe vermy en so ‘n hoër gehalte lewe hê? Indien dit moontlik is, hoe kan ons bewus raak van ons blinde kolle en hoe bestuur ons hulle? Enjoy!
Die wêreld is 'n deurmekaar plek. En die wêreld se storms veroorsaak baie storms in ons eie lewens. Watter perspektief kan ons voorberei om in vandag se wêreld te thrive? Ons chat oor die nodige skills vir die toekoms en ons ingesteldheid oor ons land. Enjoy!
In die begin fases van ons journey gaan ons kyk na die verskeie beginsels wat ons kan help om sin van die lewe te maak. In hierdie episode fokus ons op dissiplines. Wat het jy nodig om gereeld te doen om sukses te behaal? Is daar at all goed wat jy gesissiplineerd kan doen om sukses te behaal. As ons eers oor "dissipline" as 'n beginsel praat raak dinge interessant. Enjoy!
loading
Comments