Episode 1: Wat is die AWS? (Gerhard van Huyssteen). In die eerste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word twee vrae beantwoord: (1) Wat is die AWS?; en (2) Hoekom moet jy die AWS koop? In die episode word ook 'n oorsig oor die hele reeks gegee en wat luisteraars van en in die reeks kan verwag. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 2: Hoe verskil die 2017-AWS van die 2009-AWS? (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die tweede episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die 2017-AWS met vorige AWS'e vergelyk. Ons gee 'n oorsig oor die belangrikste vernuwings in die 2017-AWS. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 3: Voorwerk: Voorwoord, toeligting en gebruikersgids (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die derde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die voorwoord, toeligting en gebruikersgids bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 4: Voorwerk: Grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans (Gerhard van Huyssteen). In die vierde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die grondbeginsels van die spelling en skryfwyse van Afrikaans bespreek. Drie vrae word beantwoord: (1) Vir wie is die grondbeginsels belangrik?; (2) Waar kom die grondbeginsels vandaan?; en (3) Hoe werk die grondbeginsels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 5: Hoofstuk 1: Afbreek van woorde (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die vyfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afbreek van woorde in Afrikaans bespreek. Is dit regtig nog nodig vir 'n hoofstuk oor hierdie onderwerp as woordverwerkers outomaties woorde aan die einde van die reëls afbreek? Ons bespreek ook die belangrikste beginsels met betrekking tot woordafbreking ("hyphenation"). Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 6: Hoofstuk 2: Afkappingsteken (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In die sesde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die afkappingsteken (oftewel apostroof) bespreek. Wat is die verskil tussen die afkappingsteken en die afbreekteken? En hoe verskil die gebruik van die afkappingsteken in Afrikaans en Engels? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 7: Hoofstuk 3: Afkortings (Jana Luther en Phillip Louw). In die sewende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die reëls en riglyne vir die algemeen erkende afkortings van Afrikaans bespreek. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 8: Hoofstuk 4: Akuutteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die akuutteken onder die loep geneem. Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? Wat is die verskil tussen "na" en "ná"? En skryf ek "héílig" of "héilig" as ek die woord in 'n sin wil beklemtoon? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 9: Hoofstuk 5: Deelteken (Gerhard van Huyssteen en Jana Luther). In die negende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die deelteken bespreek. As jy vergeet om die deelteken te skryf by woorde waar dit verpligtend is, kan dit jou in die verleentheid bring. Wanneer is die deelteken verpligtend en wanneer juis nie? En in watter gevalle dra die deelteken by tot betekenisonderskeiding? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 10: Hoofstuk 6: Diftonge (Jana Luther en Gerhard van Huyssteen). In die tiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word diftonge (oftewel tweeklanke) bespreek. Hoofstuk 6 is die kortste hoofstuk in die AWS. Wat is die noodsaak vir dié hoofstuk? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 11: Hoofstuk 7: Getalle, syfers en simbole (Jana Luther en Frikkie Lombard). In die elfde episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word leiding gegee oor die skryfwyse van woorde en woordgroepe waarin syfers, getalle en simbole as komponente van soortname optree. (Onthou om ook te luister na episode 26g, wat handel oor Bylae G: die SI-stelsel.) Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 12: Hoofstuk 8: Gravisteken (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). In die agtste episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die gravisteken bespreek. Hoe spreek 'n mens die woord "gravis" uit? Wat is die verskil tussen die akuutteken en die gravisteken? In watter gevalle gebruik ons die gravisteken? Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 13: Hoofstuk 9: Hoof- en kleinletters (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Die keuse tussen hoof- en kleinletters lyk dalk soms bedrieglik maklik, maar dit is eintlik 'n skryfkwessie met baie nuanses. In hierdie episode probeer ons om die reëls so eenvoudig as moontlik saam te groepeer en saam te vat. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 14: Hoofstuk 10: Kappie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Die hoofstuk oor die kappie is die tweede kortste hoofstuk in die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017). As jy al gewonder het waarom "skêr" mét 'n kappie geskryf word, maar "perd" nié, luister dan in hierdie episode na die onderliggende beginsels met betrekking tot die gebruik van die kappie in Afrikaans. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 15: Hoofstuk 11: Konsonante (Jana Luther en Frikkie Lombard). Hierdie episode van die reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) bied ’n oorsig oor die verdubbeling al dan nie van konsonantletters, voltooide deelwoorde wat eindig op -te en -de, en die beginsel van gelykvormigheid in Afrikaans. VivA se webwerf · Afrikaanse woordelys en spelreëls · Taalkommissie · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 16: Hoofstuk 12: Koppelteken (Suléne Pilon en Gerhard van Huyssteen). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word die koppelteken onder die loep geneem. Ons onderskei tussen vyf verskillende soorte koppeltekens en lig elkeen ruim toe met voorbeelde. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 17: Hoofstuk 13: Leestekens (Gerhard van Huyssteen en Sophia Kapp). In hierdie episode van VivA se reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die twee nuwe hoofstukke in die AWS bespreek, naamlik die hoofstuk oor leestekens. Ons gesels eers oor die agtergrond van hierdie hoofstuk en hoe die Taalkommissie hom saamgestel het. Daarna word elk van die leestekens bespreek en met talle voorbeelde toegelig. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 18: Hoofstuk 14: Meervoude (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Van die belangrikste inligting wat in woordeboeke opgeneem word, is hoe meervoude in Afrikaans gevorm word. Daar word daarom ook 'n hele hoofstuk met reëls vir die vorming van meervoude in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) aangebied. In hierdie episode gesels ons oor die meervoudskonstruksie en wys op allerhande interessante uitsonderings. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 19: Hoofstuk 15: Skryfwyse - los en vas (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). In die negentiende episode van hierdie reeks oor die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word een van die moeilikste kwessies in die Afrikaanse ortografie bespreek, naamlik wanneer jy woorde los of vas aan mekaar moet skryf. Ons gesels oor die algemene beginsels en praat in groter detail oor samestellings in Afrikaans. Hierdie episode behoort jou te help om die reëls in die AWS maklik te kan toepas. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Episode 20: Hoofstuk 16: Trappe van vergelyking (Gerhard van Huyssteen en Suléne Pilon). Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) is daar in die 2017-uitgawe 'n hoofstuk oor trappe van vergelyking ingesluit. Ons gesels oor 'n paar wanopvattings oor trappe van vergelyking en bespreek dan die agt reëls wat in hierdie AWS opgeneem is. Koop die boek · Kry die boek aanlyn · Kry die woordelys en sommige bylaes gratis (webwerf of toepassing) · Meer oor die AWS · Meer oor die Taalkommissie · Nog podsendings? · Pharos Woordeboeke · Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns