Susanne Beyers laat my toe om tydens een van haar klasse ''vinnig'' met haar te gesels. Sommer oor mans, geloof en haar liefde vir honde. Hierdie een was onverwags en donners lekker! Geniet XxSupport the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Hulle sê 'n man wat lief is vir sy worshond is 'n man waarna jy behoort te luister. Jokes. Niemand sê dit nie - maar ek het jou aandag gesoek. Werk dit? Wian Taljaard is alles wat jy in 'n mens soek. Meeste van die tyd. 'n Gesprek oor vrese, Beyonce en die middelklas. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Vindingryk, suksesvol en een van die grootste teatermakers in die land. Hy't meer toekennings as wat ek name op my familie stamboom het. 'n Onderhoud wat almal tenminste eenkeer behoort te luister … TRIGGER WARNING: ALLE KOEIE WORD GESLAG. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Stian Bam gesels oor die liefde van sy lewe, die vrees dat sy loopbaan as akteur dalk verby is en oor die hoop dat dinge tog okay gaan wees ...BONUS: Susanne Beyers vertel hoe sy cope met corona. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Dankie Stellenbosch Books dat jul vir ons en die gehoor sitplek gegee het!Ryan Pedro se digbundel is reeds 'n paar keer uitverkoop in verskeie boekwinkels. Hoor bietjie waaroor gaan die bohaai. Net 'n vriendelik waarskuwing: sensitiewe luisteraars moet liefs Sarie gaan lees. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
''Mercy Kannemeyer het in 2017 haar honneursgraad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, en begin in 2018 met haar meestersgraad. Sy spesialiseer in toegepaste teater en haar droom is om vir so lank as wat sy kan te skep, skryf en speel''- LitnetPersoonlik. Eerlik en donners skerp. Leer ken haar verby enige ander onderhoud beskikbaar op die internet. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
Cantona James gesels oor 'n lewe vol gate en hoe hy telkemale moes vervel het! Hy maak oop oor sy oop verhouding (skuus, ek moes net) en gesels sonder terughou oor moerse groot drome.BONUS:Cintaine Schutte. Dis al. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)
'n Absurde onderhoud! Carla Smith (bekroonde aktrise) gesels oor die kat wat haar lewe verander het, haar liefde vir detail ... en oja, kannibale. DANKIE NATi dat julle hierdie moontlik maak! Musiek gebruik in die episode:Paolo Nutini - Scream.Parov Stelar - Booty Swing. Support the show (https://www.paypal.com/cgi-bin/webscr?cmd=_s-xclick&hosted_button_id=XRXY5JKSQJNQE&source=url)