DiscoverEensgesind Klanklêers
Eensgesind Klanklêers

Eensgesind Klanklêers

Author: Eensgesind Klankleêrs

Subscribed: 42Played: 545
Share

Description

Die Eensgesind Klankleêrs bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.
29 Episodes
Reverse
Geskiedenis 101
Geskiedenis 101: Proloog'n Mens hoor mos gedurig vanuit staats- en burgerlike geledere dat die gewone Suid-Afrikaner bitter min, indien enigiets, van ons land se geskiedenis weet. Geskiedenis word binnekort weer 'n verpligte skoolvak. Eensgesind wil help.Eensgesind het dit goed gedink om ʼn nuwe reeks te skep waarin die land se geskiedenis tematies en kronologies vir die gewone man op straat vertel word. Selfs skoolkinders en studente sal hierby baat vind. In die gemak van elkeen se motor, kantoor of tydens vryetydbedrywe word die verlede gedeeltelik herontdek. Die vertroue is dat elke luisteraar so bemagtig sal word dat elkeen self die storie sal kan vertel, die feite kan nagaan, die relevante erfenisgebiede besoek en uiteindelik hul eie feitgebaseerde opinie kan vorm.In hierdie proloog van Geskiedenis 101 word die aankoms van Europese maritieme magte in Suid-Afrika bietjie onder die vergrootglas geplaas.Dit is natuurlik nie wys om te argumenteer dat “Geskiedenis” eers begin het toe die Portugese of die Nederlanders hier voet aan wal gesit het nie. Eensgesind erken natuurlik dat daar reeds politieke en militêre magte in Suid-Afrika teenwoordig was duisende jare voordat die Europeërs die suidelike punt van Afrika bereik het. Gesprekke oor hierdie magte sal in die nabye toekoms deel vir deel die inhoud vorm van ander Geskiedenis 101-episodes.Weens die feit dat die teenswoordige regime, en veral hul voormalige president, die stelling gemaak het dat alle probleme wat Suid-Afrika tans ervaar, met die aankoms van Europeërs begin het, is dit dalk nodig dat die geskiedenis van die Europese samelewing in Suid-Afrika, en natuurlik die historiese rol van hul afstammelinge, weer bestudeer moet word. Dit is natuurlik ʼn swak argument om te glo dat daar geen konflik voor 1488 of 1652 was nie, maar glo dit of nie, dit is presies wat die teenswoordige regime probeer propageer. Hierdie punt word selfs in die Addo-Olifant Nasionale Park se geskiedenisuitstalling in die hoofkamp se uitstalruimte genoem. As dit dan tyd is vir Eensgesindheid oor die verlede, dan moet elkeen mos toegang hê tot dieselfde feite.Maar wat sal die resultaat wees as die feitgebaseerde geskiedenis in gedeeltes aangebied word in ʼn reeks klanklêer- episodes wat die verloop van die geskiedenis eenvoudig vertel? Hoe ryker sal die vertelling wees wanneer dit met die relevante erfenishulpbronne verbind word, sodat 'n mens weet dat die geskiedenis nie ʼn abstrakte idee is nie?Geskiedenis 101 beoog om so 'n reeks te wees wat drasties ʼn groot leemte moet vul.Hiermee die proloog vir die Geskiedenis 101-reeks en hier kyk ons na die geskiedenis van die aankoms van die Portugese en Nederlandse seevaarders wat aan ons kuslyn voet aan wal gesit het. Wie was die eerste Europeërs wat hier aangekom het en wat was die rede vir hul maandelange reis oor die Atlantiese Oseaan om die suidpunt van Afrika te bereik? Was dit regtig vir die doel om te koloniseer? Was daar enige konflik tussen hulle en Suid-Afrikaanse gemeenskappe? Hierdie vrae word kortliks in hierdie proloog behandel.

Geskiedenis 101

2018-07-0601:10:40

Handelstasie in die binneland
ʼn Padlangs Limpopo-episodeAndries-Ohrigstad was eers die dorp se volle naam. Dis vernoem na Andries Potgieter en natuurlik Georgius Ohrig, twee historiese figure (uit die Voortrekkerdae) wie se verhouding tot dusver maar min aandag gekry het.Sekerlik herken jy, veral van jou skoolgeskiedenishandboek (al was dit die vervelige UGO- kurrikulum) of na 'n besoek by die Voortrekkermonument, wie Andries Potgieter was. Voortrekkerleier wat hare op sy tande moes hê met sy trekgemeenskap, hulle deur rivier, drif en veldslag gelei het om later verewig te word met die POT van Potchefstroom. Wie was Ohrig dan?Suid-Afrika is strategies vir enige besigheid in die wêreld. Die VOC het dit verstaan, dalk selfs die Guptas, maar in die vroeë 1800’s het ʼn Nederlandse handelaar, Georgius Gerardus Ohrig, ook besef dat dit wys sou wees om met die Voortrekkers in die binneland van Suid-Afrika handel te dryf. Hulle praat sy taal, is gewillig om met hom te handel en kry dit reg om primêre hulpbronne te verskaf. Dis enige handelaar wat wil uitvoer, se droom.Die einste Ohrig en 'n kêrel met die van Smellekamp het eens probeer om die Republiek Natalia aan die Nederlandse koning te bied as 'n kolonie van Nederland natuurlik.Potgieter was ook nie blind vir die feit dat hy nie sommerso op sy eie met Ohrig kon handel nie. Die Voortrekkers onder sy leiding, wat teen daardie tyd Potchefstroom verlaat het om nader aan die Portugese by Delagoabaai (dis nou Maputo vandag) te trek, het hul eie “gemeenskaps”- besigheid geskep sodat elkeen kon deel in die te voorsiene welvaart. Met Ohrig se besigheid Klijn en Kie. het hulle geglo dat hulle sukses sou bereik.In hierdie episode van Padlangs Limpopo, vertel Eensgesind in ʼn neutedop die storie van die dorp Ohrigstad gedurende die tyd van Voortrekkerbesetting. Dan reis ons oor die streek van die Mpumalanga-provinsie om by Ohrigstad te kom, wat so te sê op die grens van die Mpumalanga- en Limpopo-provinsie lê, om te vertel wat 'n mens Padlangs kan vind op die pad tussen Ohrigstad en Burgersfort; want in Ohrigstad kan 'n mens die einste Voortrekkers besoek wat eens daar gelewe en gesterf het .'n Mens kan nog ʼn oorspronglike muur sien wat die Voortrekkers gebou het om hulle teen enige aanval te beskerm.Wat Eensgesind ook geprikkel het om die dorpie te besoek, was die Voortrekkerbegraafplaas, die laaste rusplek van die vorige “aandeelhouers” van die maatskappy wat eens daar welvaart moes skep. Nie net is hierdie begraafplaas van belang vir Suid-Afrikaanse sosiale-politieke geskiedenis nie, maar ook vir Suid-Afrikaanse ekonomiese (lees ook besigheids-) geskiedenis. Ja-nee, Eensgesind het gou agtergekom 'n mens kan nie te “orig” in Ohrigstad wees nie, want die geskiedenis verbaas jou om elke draai.
Waar oud stryders rus
'n Padlangs Erfenisstigting-episodeDit is die middel 1930's. Soos die res van die wêreld, gaan Suid-Afrika gebuk onder ʼn genadelose depressie. Suid-Afrika het dit natuurlik moeiliker gehad as gevolg van generaal Hertzog se hardkoppigheid met die Goudstandaard. ʼn Nuwe generasie jong Afrikaners wie se ouers of grootouers deel van die Anglo-Boereoorlog was, het begin wonder waarom hulle steeds moes verskoning vra vir hul taal en kultuur en waarom hulle die uitgediende idee van die “Empire” moes navolg. Gefrustreerd, maar met toekomsideale, word die Ossewa-Brandwag (OB) in 1939 gestig. Dit was veronderstel om ʼn kultuurorganisasie vir die Afrikaner te wees, maar het met die politieke kwessies van die dag verstrengel geraak.Een van die hoof politieke kwessies in 1939 was die versterking van Herr Hitler se nasionaal-sosialistiese regime in Duitsland.Na ʼn besoek aan Duitsland en ʼn kort handdruk van Hitler het die leier van die Ossewa-Brandwag, dr. J.F. (Hans) Janse van Rensburg, besluit dat nasionaal-sosialisme ook die weg tot die heropkoms van 'n Suid-Afrikaanse Republiek moes wees. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in 1939 is die OB toe as ʼn gevaarlike organisasie bestempel, omdat dit ʼn simpatiseerder, indien nie ʼn ondersteuner nie, van die Nazi-regering was. Terwyl Suid-Afrikaners in Oos- en Noord-Afrika geveg het, was die OB besig, soms met ander nasionaal-sosialistiese bewegings, om die Smutsregering slapelose nagte te besorg. Manne soos advokaat B.J. Vorster en Lang Hendrik van den Bergh is geïnterneer as gevolg van hul lidmaatskap van die OB (en natuurlik wat die OB alles gedoen het sedert die begin van die oorlog).En in Centurion lê 'n paar van die oud-OB-stryders begrawe. Die voormalige leier van die OB lê begrawe in ʼn besonderse en unieke “ronde” graf in die OB-begraafplaas. Tussen al sy oudstryders, met H.S. van Blerk, die laaste een wat hier te ruste gelê is, kan 'n mens dr Van Rensburg aan die hoof sien staan in die “helde-akker” van ʼn organisasies wat sy einde gevind het in die 1950's.Sonder die bedagsame en bekwame hulp van die Erfenisstigting sou hierdie unieke historiese terrein al lankal tot niet gegaan het as dit vergelyk word met ander begraafplase onder die Tshwane-munisipaliteit se beheer.In hierdie episode van Padlangs gesels ons met Johan Wolfaardt oor die OB, waarna Eensgesind vertel hoe die OB-begraafplaas in Centurion daar uitsien.Beelmateriaal van die persoonlike versameling van aanbieder, behalwe no. 2, verkry van www.af.wikipedia.org

Waar oud stryders rus

2018-06-1500:34:55

Samesweringsteorieë in Suid-Afrikaanse Geskiedenis
'n Rede uit die Verlede-episodeDit is nie nodig om die woordeboek te gaan haal om te verduidelik wat ʼn samesweringsteorie is nie. Almal weet wat dit is. Die Engelsman noem dit ʼn “Conspiracy Theory” en die verspreiding van hierdie gerugte kan geslagte lank aanhou. Hoe lank glo Suid-Afrikaners nie al dat die sogenaamde “Krugermiljoene" iewers in die Laeveld begrawe lê nie? Is dit dan nie ʼn samesweringsteorie wat uit die Anglo-Boereoorlog dateer nie?Samesweringsteorieë oor sogenaamde geheime organisasies wat ons lewe en inkomstes beïnvloed, is die tema van menigte webtuistes en publikasies. Veral in die oorgangstydperk (1989-1994) was die teorie dat die “Geldmag” of die “Illumanati” Suid-Afrika in hul visier het, 'n bron van paniek. Tel maar net die aantal publikasies wat in daardie vier jaar oor die onderwerp geskryf is en 'n mens sal verstom staan.Samesweringsteorieë wat wel die koppe laat krap, isdié wat met sluipmoorde verband houHet mense soos John Wilkes Booth en Lee Harvey Oswald alleen gewerk toe hulle Lincoln en Kennedy respektiewelik doodgeskiet het? Wat is die feite oor dr HF Verwoerd se sluipmoord op 6 September 1966?'n Mens moet maar versigtig wees vir samesweringsteorieë - of so redeneer ons gesprekgenoot Johan Wolfaardt in hierdie episode van Rede uit die Verlede.Beeldmateriaal van:1.van www.goldbuyerspta.co.zaTeikenikoon van: www.tatic1.bigstockphoto.com3 en Gewilde Foto: www.otdblog.files.wordpress.com
Die uilbewaarders
Naby die Hartbeespoortdam is die Owl Rescue Centre. Dit is hier waar twee doelgerigte bewaarders, Brendan en Danelle Murray, alles in hul vermoë doen om beseerde uile te help.Die Owl Rescue Centre is ʼn Nie-winsgewende Organisasie (NWO) wat met behulp van kundige en toegewyde veeartse na beseerde uile omsien terwyl hulle aansterk. Eiesoortig is hierdie sentrum, geleë op 'n kleinhoewe langs die Magaliesberge, waar beseerde uile hulle tweede kans kan kry.Om ʼn NWO in ons huidige ekonomiese situasie te bedryf, is nie maklik nie. Dit is een ding om jou eie besigheid te wil begin, maar dit is heeltemal iets anders as ʼn mens dieselfde metodes van so ʼn besigheid moet volg sonder die bedoeling om wins te genereer. Dit is die lot van 'n NWO.Dit is juis wat die Owl Rescue Centre doen om te verhoed dat Suid-Afrika se 12 uilspesies heeltemal tot niet gaan.Hoe maak 'n mens dan met so 'n NWO? Wat inspireer 'n mens en hoe kry die Owl Rescue Centre dit reg om wel te kan voortbestaan in hierdie tyd? Eensgesind het met Danelle Murray van die Owl Rescue Centre gesels om meer uit te vind oor die uitdagings van haar NWO. Die gesprek is in Engels opgeneem vir die gerief van die ondervraagde. Eensgesind is oortuig daarvan dat u na hierdie episode anders sal kyk na die stryd wat NWO's moet voer om kop bo water te kan hou en ook hoe kosbaar ons uilspesies vir 'n gesonde ekosisteem is.Beeldmateriaal uit Danelle Murray se persoonlike versameling.

Die uilbewaarders

2018-05-1800:59:55

‘n Kerk vir die ou Transvaal?
ʼn Rede uit die Verlede-episodeMet die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ook bekend as Transvaal) in 1852, het nuwe staatkundige instellings die lig gesien wat die eenheidstrewe van die Transvaalse burgery moes sentraliseer. Ten opsigte van die burgery se geestelike bearbeiding, moes daar ʼn “Staatkerk” wees wat na hulle geestelike ontwikkeling kon omsien; ʼn kerk wat nie deur die Murray-predikante uit Kaapland beïnvloed was nie. Die antwoord vir die Transvalers was die Nederduitsch Hervormde Kerk.In sommige kringe het dit bekend gestaan as die “Voortrekkerkerk”Die geskiedenis van hierdie kerk, oor die laaste 160 jaar, is besonder interessant, omdat baie invloede en moontlikhede die geskiedkundige roete van hierdie kerk se ontwikkeling bepaal het. Struwelinge tussen spesifieke predikante en gemeentes, die diens van die kerk gedurende Volksraadsvergaderings en die ligging van gemeentes is maar net ʼn paar kwessies wat kerkrade en predikante moes hanteer. Dalk die belangrikste gebeurtenis wat die geskiedenis van hierdie kerk bepaal het, was die begeerte om saam te werk met ander Calvinistiese kerke en dan weer later in individuele strome voort te beweeg.Met die einde van ʼn hartverskeurende oorlog in 1902 moes hierdie einste kerk begin help bou aan die lewens van hul gemeentelede. Hoe het hulle dit reggekry? Wat het hulle alles bemagtig na die Vrede van Vereeniging? 'n Mens kort ʼn kerkhistorikus om die antwoorde netjies en verstaanbaar uit te lê. Ds. Carel-Johann du Bruin is net die regte persoon vir hierdie taak. Hy het met Eensgesind gesels en ons is seker u sal saamstem dat hy sy veld goed ken. Noudat Hemelvaartdag in Mei gevier word, het ons dit goed gedink om hierdie opname nou vry te stel. Gelowig of nie, die geskiedenis van die Hervormde kerk is interessant en laat 'n mens baie dink oor die ou dae in Transvaal. Luister graag saam.
loading
Comments (3)

Leon Lourens

Dit is wonderlike dat eensgesind die verlore, vergete of minder belangrike geskiedenis van die afrikaner aan ons bloot stel. Dankie vir wonderlike werk aan die hele span!!!

Feb 9th
Reply

Franco-Albert Kinnear

ure se kennisvolle gesprekke,dankie julle lekker om te leer oor dit wat saak maak

Feb 2nd
Reply

Chrisjan Heystek

Baie dankie Emile vir die reeks sover. Dit is baie interesant en geniet die podcasts so terwyl in die kar ry.

Feb 1st
Reply
loading
Download from Google Play
Download from App Store