DiscoverDirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak
Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak
Claim Ownership

Dirk Scheepers Program - Sake wat Afrikaners raak

Author: Podmedia

Subscribed: 39Played: 299
Share

Description

Sake wat Afrikaners raak. WhatsApp jou stemboodskap en word ingesluit in die volgende episode. Kom gesels saam oor Afrikaners, ons uniekheid, ons voorkeure, ons swakhede, ons geite en geskiedenis. Die Dirk Scheepers program is beskikbaar op alle goeie podcast toepassings asook Spreaker & YouTube.
51 Episodes
Reverse
Dirk gesels met Danie oor die Voortrekkermonument (VTM), sy visie vir die toekoms en hoe dit gaan met die omdraai-strategie. Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Die Voortrekkermonument bied ’n geleentheid vir die publiek om meer te leer oor die Afrikaner se storie, van die Groot Trek tot by die Anglo-Boereoorlog en meer. Die monument vertel ’n storie van heldemoed, deursettingsvermoë en ’n toekomsvisie sodat ons vandag kan wees waar ons is.Behalwe vir die geskiedenis, is die Voortrekkermonument ook ’n plek van ontspanning. Dit is die ideale plek om – in Afrikaans – te kom piekniek hou, stap, koffie drink en aan avontuuraktiwiteite deel te neem. Die Voortrekkermonument verwelkom gesinne, vriende en groepe om ’n uitstappie op die monument se terrein te geniet.Die Voortrekkermonument is jou plek, jou mense, jou erfenis, jou toekoms, jou tuiste.
Dirk kon gesels met Jaco and Werner op hul besoek aan Amerika en gesels oor die Solidariteit Beweging, hul persoonlike aansporing en die omarming van Afrikaners in die diaspora.
Dawie Roodt

Dawie Roodt

2020-11-1115:06

Dirk se geselsie met Dawie begin heel lig en word stelselmatig 'n rou gesprek oor die lewe, konstante selfverbetering en 'n boodskap van hoop in 'n donker tyd. Geniet dit en onthou om in te teken deur "Subscribe" te druk op Apple Podcasts of te "Follow" op Spotify.
In hierdie episode gesels Dirk met Sihle Ngobese, oftewel Big Daddy Liberty, oor ras, kultuur, vryheid en geloof. Teken in deur subscribe te druk langs die DS Program op jou foon.
Flip Buys

Flip Buys

2020-05-2626:071

Dirk kon net voor die staatsinperking met Flip gesels. Hulle raak aan verskeie onderwerpe, soos die artikel wat Flip geskryf het, eie arbeid, en die belangrikheid van met mekaar praat.
Dirk is terug met sy eerste episode van die nuwe jaar. Hy bespreek die idee van eie arbeid, hoekom sommige Afrikaners hulself as "te goed" ag vir sekere werk en ons afhanklikheid van goedkoop arbeid wat ons vyandig is.
Geseënde Geloftedag en Kersfees aan my luisteraars! Mag jou voorspoed jou verveel in 2020.
In hierdie episode kom Dirk met 'n kort boodskap van hoop vanuit Amerika: Probeer nie te veel die probleme van 'n sekere land waarin jy jouself bevind te internaliseer nie. Veral as die land nie goedgesind is aan jou as minderheid nie. Luister, deel en praat saam op Twitter!
Charl & Liza-Marie is die eienaars van De Afrikander Handelshuis asook die REPUBLK handelsmerk. Hulle het met Dirk gaan praat oor geskiedenis, podsendings, identiteit en waarom Afrikaners so lief is om "New York" hemde te dra.
Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet

2019-10-2813:33

Dankie aan ons borg, SAPMOK vellies! (Sapmok.com). Sue-Ann de Wet van Wêreldwyd gesels met Dirk oor Afrikaners in die diaspora. Teken in, deel en praat saam op Twitter.
Baie dankie aan ons nuwe borg: SAPMOK vellies! In hierdie episode gesels Dirk met Ernst oor sy werk by Afriforum, anonimiteit op die internet, sy opinie oor die toekoms van podcasts/alternatiewe media en identiteitspolitiek. https://sapmok.com/@ConCaracal
Jacques Basson

Jacques Basson

2019-10-1656:59

Die kragtige Jacques Basson van die Klipkouers potgooi is vandag Dirk se gas. Hulle raak aan verskeie onderwerpe soos besigheid, entrepeneurskap, Afrikanerskap en nog vele meer.
Emile Coetzee

Emile Coetzee

2019-10-1201:10:55

In hierdie episode gesels Dirk met Emile Coetzee van Eensgesind. Hulle praat oor die toekoms van podsendings, die geskiedenis en nog vele meer.
Johan Wolfaardt

Johan Wolfaardt

2019-09-3038:27

Johan Wolfaardt is die kurator van die President Marthinus Wessel (MW) Pretorius huismuseum in Potchefstroom. Dirk het met hom gaan gesels met sy besoek tydens Aardklop en die gesprek het gegaan oor Afrikaner-identiteit, die Voortrekkers en nog baie meer.https://eensgesind.com/category/johanwolfaardt/
Helen & Max se gesprek

Helen & Max se gesprek

2019-09-1804:53

Dirk gesels in hierdie episode oor die gesprek tussen Helen Zille & Max du Preez op haar nuwe Podcast, Tea with Helen.Dankie aan ons borg Kuif & Baard, hier is hulle video op Afrivriendelik: https://www.facebook.com/afrivriendelik/videos/513490512784721/Hier is die gesprek op Apple Podcasts: https://podcasts.apple.com/us/podcast/max-du-preez/id1477490702?i=1000449081831En op Youtube:
Dirk het uiteindelik gaan draai in Orania en vir homself gaan kyk hoe lyk dit in hierdie Afrikaner-dorp. Gesels gerus saam op Twitter. Orania Karnaval: http://oraniakarnaval.co.za/Ons borg vir hierdie episode: https://www.afriforumnetwerk.co.za/ondernemings/castlewalk-sentrum-hv-nossob-lois-erasmuskloof-pretoria-kuif-baard/*Die uitsprake op hierdie program verteenwoordig nie ons borge nie
In hierdie episode kyk Dirk na die idee van die bekwame staat as oplossing vir Afrikaners, teenoor 'n gemeenskap wat vir haarself sorg. Hy gebruik uittreksels vanuit gesprekke met Helen Zille en Flip Buys. Praat gerus saam op Twitter, deel en teken in!
In hierdie episode gesels Dirk oor Martijn van Helvert, "Kragdag" en Christaan Bezuidenhout wen in Spanje. Kragdag webblad: https://www.kragdag.co.za/KragKidz, ‘n junior entrepreneurskompetisie: https://www.kragdag.co.za/dokumente/Inligtingstuk%20KRAGkidz%20Junior%20Entrepreneurs%20(2019).pdfBezuidenhout onderhoud: https://www.youtube.com/watch?time_continue=691&v=FEkWXCcWI-c
In hierdie episode gesels Dirk oor die Solidariteit-Netwerk en Gerda Steyn wat die Comrades wen. Teken in en deel gerus die episode.
In hierdie onderhoud-episode gesels Dirk met Schalk van Heerden van die Betereinders. Webblad: http://www.betereinders.co.za/Youtube Video om die braai: https://www.youtube.com/watch?v=qiRjd-II7Z8&feature=youtu.beZebra Crossing: www.zebrax.co.za
loading
Comments (1)

Emile Coetzee

Geniet elke episode!

Jan 8th
Reply
Download from Google Play
Download from App Store