DiscoverAfriPod
AfriPod

AfriPod

Author: AfriForum Media

Subscribed: 3Played: 20
Share

Description

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na media@afriforum.co.za.
42 Episodes
Reverse
Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk. Die Val, ’n kortfilm met die doel om hoop te skep by jongmense, is gratis op AfriForumTV beskikbaar. Zel-Marí Gelderblom het met Leandie Bräsler gesels oor die storie agter die film en die belangrikheid van 'n film soos hierdie in die tyd waarin ons leef.  Aanbieder: Zel-Marí Gelderblom Vervaardiger: Chanté Kelder
AfriForum het onlangs ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk. Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging en wat die implimentering van NGV vir Suid-Afrika sal beteken.  Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Chanté Kelder
Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek Spioenmeesters. Spioenmeesters onthul die feite oor 18 verskillende intelligensie-gevallestudies wat Suid-Afrika direk en indirek beïnvloed het. Dit ondersoek ook legendariese intelligensie-agente soos Hendrik van den Bergh, Dieter Gerhardt, Arthur McGiven, Craig Williamson en Gerard Ludi se betrokkenheid by dié gebeure. Koop Spioenmeesters hier: https://www.kraaluitgewers.co.za/e-winkel/spioenmeesters/ Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
Weet jy wanneer mag jy foto’s van vermeende misdadigers of ’n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto’s of video’s van misdadigers of ’n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media. Aanbieder: Carina Bester Vervaardiger: Carina Bester
AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel. Chanté Kelder het met Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum, gesels oor die geskiedenisverslag. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Chanté Kelder
Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika.  Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Andrea van Wyk
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed.  Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Andrea van Wyk
Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie.  Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk
AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis ’n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat presies dié saak behels. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Chanté Kelder
Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap.  Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté Kelder in die AfriPod-ateljee om te gesels oor hierdie opwindende nuwe projek.
Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.
Chanté Kelder gesels met Ernst Roets oor AfriForum se versoek aan die Zondo-kommissie dat pres. Cyril Ramaphosa voor dié kommissie moet verskyn en ook oor die voorlegging wat Ernst vandeesweek oor die wysiging van artikel 25 gedoen het.
Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou. AfriForum het ’n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg (Polokwane) dringend genader het om die Modimolle-Mookgophong Plaaslike Munisipaliteit te dwing om water volhoubaar aan Naboomspruit (Mookgophong).
Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie. Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas word. Sanderien van der Walt gesels met Chanté Kelder oor die uitdagings wat oorkom moes word en ook wie die wenners van vanjaar se Tinteltong Toekennings is.
Dit is in die belang van elke boer om ’n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van ’n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig ’n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.
Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea Muller van die AfriForum Navorsingsinstituut gesels in die ateljee meer oor dié verslag.
Die gebruik van ivermektien om COVID-19 te behandel het behoorlik die land aan die gons.  AfriForum het onlangs ’n skikking met SAHPRA bereik dat dokters wel ivermektien vir menslike gebruik mag voorskryf. Barend Uys kuier in die ateljee om meer hieroor te gesels.
Daar is nog heelwat onsekerheid oor die finansieringsplan vir die entstof-program. Andrea van Wyk gesels met Jacques Broodryk oor die plan wat op die stadium lyk na die waarskynlikste opsie - verhoogde belasting.
AfriForum se privaatvervolgingseenheid het tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om klagtes teen Naas le Roux in te stel. Le Roux is op 7 Januarie in hegtenis geneem vir die verbreking van die aandklokreël omdat hy weens ’n noodgeval formulemelk vir sy pasgebore baba moes gaan koop.
Forum Sekuriteit staan reg om jou te help met enige opleiding en veiligheidsdienste binne die raamwerk van die sekuriteitsbedryf. Andrea gesels met Nic Arnold, uitvoerende voorsitter van Forum Sekuriteit.
loading
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store