DiscoverAlles Deel Van Grootword
Alles Deel Van Grootword
Claim Ownership

Alles Deel Van Grootword

Author: DaNiel Smit

Subscribed: 0Played: 3
Share

Description

Afrikaanse podsending oor alles wat deel uitmaak van ouerskap en kinders grootmaak.
Want op die ou end van die dag is alles deel van grootword!
20 Episodes
Reverse
S3E6: Moderne lapdoeke

S3E6: Moderne lapdoeke

2022-09-2737:43

Ons gesels bietjie oor ons ervarings met moderne lapdoeke.
S3E5: Reiswenke

S3E5: Reiswenke

2022-08-3119:15

Hier is 'n paar wenke vir wanneer jy dalk met klein kindertjies 'n lang vlug moet aandurf
Bababenodighede
S3E3: Bababenodighede

S3E3: Bababenodighede

2022-07-2534:42

Deel 1 van ons minireeks oor wat jy nodig as jy 'n pasgebore baba het.
S3E2: Allergieë

S3E2: Allergieë

2022-06-1545:21

Jackie en Da'Niel deel hulle ervarings met allergieë tydens Wêreld Allergieweek.
S3E1: Taalontwikkeling

S3E1: Taalontwikkeling

2022-05-1320:26

Dis amper onmoontlik om tyd te kry om saam op te neem! Jackie het inisiatief geneem en hierdie lekker episode vanuit haar siekbed opgeneem oor Isak se taalontwikkeling. Sy vertel hoe sy en Francois Isak se woordeskat uitgebrei het, en verduidelik hulle strategie met behulp van drie hoofbeginsels. Alhoewel hierdie 'n baie insiggewende en behulpsame episode is, is dit belangrik om te onthou dat elke kind op sy of haar eie tyd ontwikkel. As jy enige bekommernis het oor jou kind se spraak, is dit belangrik om professionele hulp te kry. Geniet dit, en lekker kuier saam met ons!
Ons gesels weer vir die eerste keer in meet as 'n maand! Ons gesels oor ons Kerstyd, ons nuwejaarsvoorneme (en of ons daaraan glo), miskrame en ons planne vir 2022.
Koffiekuier! Ons gesels oor ons planne vir Kersfees, geskenkidees en natuurlik ons kinders! Kom kuier saam!
S2E6: Koffiekuier

S2E6: Koffiekuier

2021-11-1945:01

Van stout kinders tot pakgee en TV kyk... In ons nuutste episode gee ons vir mekaar 'n aanhaling oor verskeie onderwerpe en ons bespreek dit - onvoorbereid! Dit was 'n uiters insiggewende gesprek! Luister saam en deel jou eie sieninge, ons wil van jou ook hoor!
S2E5: Borsvoeding

S2E5: Borsvoeding

2021-11-1101:14:56

In hierdie episode van Alles deel van Grootword gesels Jackie en Da'Niel met Sr. Janette Mostert van die Infinity Family Clinic oor borsvoeding. Ons beantwoord ook 'n paar luisteraarsvrae.
S2E4: Koffiekuier

S2E4: Koffiekuier

2021-11-0556:56

Niks kan jou op ouerskap voorberei nie! Jackie en Da'Niel deel in hierdie episode die dinge waarop niemand hulle kon voorberei nie.
S2E3: Koffiekuier

S2E3: Koffiekuier

2021-10-1540:52

Vandag gesels ons sommer net lekker saam, check in bymekaar en praat saam oor die moeilike tye waardeur ons gaan. Luister ook uit vir 'n verrassing aan die einde!
S2E2: Matresensie

S2E2: Matresensie

2021-10-1443:49

In hierdie episode gesels ons oor die ontwikkelingsfase wat ons matresensie noem. 'Matrescence' is 'n konsep wat nuut op die toneel is, dit is die fase waarin 'n vrou 'n ma word. Kom luister saam hoe ons hierdie fase beskryf en leer ken.
In hierdie episode gesels Jackie en Da'Niel met Marezelda Combrink van Pvpdigi oor sy en die Pienkvoet Pret-span hierdie ongelooflike aanlyn klassies en gemeenskap begin en ontwikkel het. Sy beantwoord vrae oor vroeë kinderontwikkeling en stel elke mamma gerus wat dalk skuldgevoelens het oor haar baba se ontwikkeling.
BONUS! André

BONUS! André

2021-10-0133:06

In hierdie Vrydag-bonus gesels Da'Niel met André oor wat dit vir hom beteken om 'n pa te wees
S1E4: Babaname

S1E4: Babaname

2021-09-3058:49

Hoe het ons ons babas se name gekies.
BONUS! Francois

BONUS! Francois

2021-09-2457:31

Ons Vrydag-bonus! Hierdie week gesels Jackie met Francois en hy vertel vir ons wat dit vir hom beteken om 'n pa te wees.
S1E3: Geboorte

S1E3: Geboorte

2021-09-2353:31

In hierdie episode gesels ons oor ons eie kinders se geboortes. 'n Paar van ons vriendinne vertel ook hulle stories om te wys dat elke geboorte uniek is en elkeen van ons ons eie spesiale ervaring het.
S1E2: Swangerskap

S1E2: Swangerskap

2021-09-1552:20

In ons nuutste episode gesels ons oor ons swangerskappe! Dis 'n wonderlike, geseënde tyd van 'n mens se lewe. En soms kan jy ook nie beweeg of eet of wees nie... Kom luister saam na ons ervarings en gaan deel joune met ons op Instagram.
S1E1: Welkom!

S1E1: Welkom!

2021-09-0737:59

Afrikaanse podsending oor alles wat deel uitmaak van ouerskap en kinders grootmaak. Want op die ou end van die dag is alles deel van grootword. Ons eerste episode! Kom luister saam hoe ons hierdie ouerskap-ding probeer uitpluis. Ons gesels in hierdie episode oor hoe ons die podsending se naam geskies het, ons vertel bietjie meer van onsself en hoekom ons die podsending begin het. Ag, sommer net 'n lekker saamgesels episode. Saam met tegniese probleme, babas wat onderbreek en tegnologiese uitdagings, hoop ons dat julle hierdie reis saam met ons geniet.
Comments