BBC-hoës bedank; hoe vaar SA-media?
Update: 2025-11-13
Description
Twee van die BBC se mees senior personeel, die direkteurgeneraal en die bestuurshoof van nuus, het bedank ná 'n debakel oor die onpartydigheid van die uitsaaier. Dit volg nadat 'n verslag bekend geword het oor die redigering van 'n toespraak deur die Amerikaanse president, Donald Trump, waarin daar oënskynlik van sy sinne buite konteks gebruik is. Hier in Suid-Afrika vlam die debat oor die onpartydigheid, gebalanseerdheid en agendadrywing deur die media, ook gereeld op - van alle kante van die politieke spektrum. Ons praat hieroor met Tim du Plessis, veteraanjoernalis en -redakteur, wat in sowel die gedrukte as die uitsaaimedia gewerk het.
Comments
In Channel



















