Beskerm jouself teen die son, waarsku CAN
Update: 2025-11-28
Description
Die Kankervereniging van Namibië doen 'n beroep op die publiek om voorsorgmaatreëls te tref soos Desember aanbreek en die strandseisoen begin. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, verduidelik dat Namibië se woestynklimaat 'n belangrike faktor is agter die land se hoë koers van velkanker, met ongeveer 1 000 gevalle wat elke jaar aangemeld word. Hy het bygevoeg dat hoewel die vakansiedae 'n tyd van opwinding is, dit net so belangrik is om jouself teen die son te beskerm.
Comments
In Channel




