Kaapse sepie, Suidooster, vier 10 jaar
Update: 2025-11-14
Description
'n Dekade van deernis, drama en dapperheid. Só word die Kaapse sepie, Suidooster, se tiende bestaansjaar beskryf. Dit is die eerste volwaardige sepie van sy soort, wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai word, met geliefde karakters, soos Mymoena, Bridgette Jacobs en Rhafiek Samsodien, wat van dag een af nes in kykers se harte geskrop het. Suidooster is die eerste keer op 16 November 2014 uitgesaai, en gaan sedertdien van krag tot krag. Ons gesels met die hoofskrywer, Retief Scholtz, en Dean John Smith, wat die karakter, Wade Daniels, vertolk.
Comments
In Channel

















