Kom ons gee mekaar ’n bietjie rus en vrede
Description
Selfsorg sluit die gesonde gewoonte van rus en ontspanning in. Het jy al daaraan gedink dat as jy jou naaste lief het, jy hulle ook hierdie vorm van selfsorg moet toelaat en hulle moet help om te rus? Ja, naasteliefde sluit in dat gelowiges mekaar hierin repekteer en dit vir mekaar fasiliteer.
Lynette Beer verduidelik hoe dit deesdae vir mense harde werk is om tot rus te kom. Dis egter nie God se plan nie! Ware rus is nodig vóórdat ’n mens gaan werk en impak gaan maak in die wêreld. Die verskil wat jy maak, sluit in dat jy Jesus se voorbeeld oor voldoende rus navolg en vir ander mense aangee.
Daar is vier beginsels waarvolgens jy jou eie rus moet beoefen. Hierdie beginsels is die fondasie van jou respek vir ander mense se rustye en hoe jy hulle hierin ondersteun. Omdat mense verskillende temperamente het, gee Lynette ten slotte ’n paar praktiese planne hoe ons mekaar se laste binne haar Vierkleurtemperamentmodel kan ligter maak.
Chapters:
00:00-03:32 Rus is goed vir ons, maar skep stres en probleme
03:33-10:42 God se ritme van eers rus en dan werk
10:43-16:02 Beskerm en koester jou kosbare rustye volgens vier beginsels
16:03-19:51 1. Vier die Sabbat as die begin van jou werksweek
19:52-24:08 2. Respekteer die waarde van slaap en pas ’n slaaproetine toe
24:09-29:29 3. Onthou dat rus vir blydskap sorg
29:30-35:16 4. Sorg vir oop kommunikasiekanale met die Here
35:17-41:11 Praktiese maniere hoe die verskillende temperamente mekaar se laste kan ligter maak





