Regering kry kritiek oor houding oor kolonialisme
Update: 2025-12-02
Description
Die regering word gekritiseer nadat die minister van internasionale betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, 'n kragtige internasionale oproep tot geregtigheid oor koloniale misdade gelewer het, terwyl die regering se houding tuis 'n heel ander storie vertel. By 'n wêreldkonferensie in Algiers het Ashipala-Musavyi geëis dat die wêreld uiteindelik die gruweldade van die koloniale era erken en wetlik aanspreek. Voormalige ambassadeur Pius Dunaiski het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat haar boodskap skerp bots met die regering se benadering in onderhandelinge met Duitsland oor die Ovaherero-Nama-volksmoord van 1904–1908.
Comments
In Channel




