Sluipmoorde in SA ruk handuit
Update: 2025-12-09
Description
Die moord op 'n getuie voor die Madlanga-kommissie van ondersoek na korrupsie en misdadigheid in die Suid-Afrikaanse strafregstelsel, het hewige reaksie ontlok. Marius "Vlam" van der Merwe is die sóveelste slagoffer van 'n sluipmoord in Suid-Afrika die afgelope jaar. Kenners en kommentators meen die sluipmoord moet 'n keerpunt wees vir die regering se hantering van getuies en ondersoekers, maar het min vertroue dat dit sal gebeur, aangesien daar na bewering politieke hoës betrokke is by mafia-agtige misdaadgroepe en individue. Ons praat hieroor met Kyle Cowan, ‘n ondersoekende joernalis by News24 en skrywer van Mafia Land, wat onlangs verskyn het.
Comments
In Channel















