DiscoverSakegesprek Met Theo Vorster
Sakegesprek Met Theo Vorster
Claim Ownership

Sakegesprek Met Theo Vorster

Author: Theo Vorster

Subscribed: 2Played: 0
Share

Description

Sakegesprek, aangebied deur Theo Vorster, is ‘n Afrikaanse potgooi wat fokus op die beginsels van finansiële sukses. Luister elke week hoe Theo gesels oor onderwerpe wat jou kan help as dit kom by beleggings en finansiële besluite.
23 Episodes
Reverse
In hierdie episode van Sakegesprek gee Wessel Oosthuizen advies oor die impak van belasting en verskillende koste strukture op jou beleggings, asook die vrae wat jy jou finansiële adviseer moet vra om seker te maak jy bestuur jou geld so effektief as moontlik. 
Hierdie week gesels Theo met Wessel Oosthuizen oor die nut van ‘n aftrede plan. Hulle bespreek die kernelemente wat jy moet insluit in jou plan om dit jaar tot jaar suksesvol te bestuur, asook die moontlike slaggate wat ‘n finansiële plan kan ruïneer. 
In hierdie eerste episode van 2021 gesels Theo oor die vyf elemente van ‘n lewens lêer – die sogenoemde ‘langboomlys’ – en hoekom dit noodsaaklik is om al jou belangrikste besonderhede op datum te hou, sou jy tot sterwe kom.
Met die einde van die jaar wat nader stap, gee Izak Smit praktiese advies oor hoe jy jou vakansietyd kan gebruik om te beplan vir die pad vorentoe.
Vandag gesels Theo met Izak Smit oor hoe jy kwaliteit nuus kan identifiseer in ‘n wêreld waar ons almal gebombardeer word met verskillende nuusbronne en fopnuus.
In hierdie episode van Sakegesprek is Izak Smit terug in die ateljee, en gesels met Theo oor die boeke wat almal moet lees om beter finansiële besluite te maak. 
Vandag gesels Theo oor beleggings foefies, of beleggings slenters, en die drie elemente waarvoor jy moet uitkyk as jy wil belê. Hy gee ook ‘n praktiese voorbeeld van hoe ‘n beleggings geleentheid lyk wat jy moet vermy.
In hierdie episode gesels Wessel en Theo oor die geheime van ‘n suksesvolle aftrede, en spesifiek oor die belangrike punte van aftrede wat nie gereeld aandag kry nie. 
Vandag gesels Theo met Wessel Oosthuizen, die uitvoerende hoof van Verso Wealth, oor dit wat verkeerd kan gaan met boedel beplanning. Wessel gee ook praktiese voorbeelde om hierdie slaggate te vermy.
In hierdie episode van Sakegesprek is dit Theo se beurt om vrae te beantwoord. Yolande Botha en Theo gesels oor sy nuwe boek, Jou Geldsake, wat gemik is aan enige iemand wat wakker lê en bekommerd is oor hulle geldsake.
In hierdie week se episode van Sakegesprek gesels Theo en Yolande Botha oor die stappe wat jy kan neem om finansieel onafhanklik te wees.
In hierdie uitsending van Sakegesprek gesels Theo en Yolande Botha oor buitelandse beleggings vanuit ‘n welvaart beplannings oogpunt, asook die praktiese stappe wat jy kan vat om in die buiteland te belê.
Yolande Botha en Theo gesels verder oor belasting hierdie week, en spesifiek oor die belangrike besluite wat jy moet maak tydens die onttrekkingsperiode om die maksimum voordele vanuit jou belegging te kry.
Vandag gesels Theo met Yolande Botha, wie in beheer is van welvaart bestuur by Galileo Capital. Hulle praat oor die verskillende maniere hoe jy kan spaar vir jou aftrede, en hoe jy die maksimum belastingvoordele kan kry tydens hierdie spaar fase.
In hierdie episode gesels Theo met Izak Smit oor die tipe bates in jou persoonlike balansstaat, en waar jou woonhuis inpas in jou portefeulje.
Hoekom maak ons foute?

Hoekom maak ons foute?

2020-09-2508:14

Theo en Izak Smit gesels oor hoe foute inherent deel is van ons menswees, en hoe dit ons langtermyn beplannings vermoë beïnvloed.
Izak Smit gesels weer met Theo in hierdie week se episode van Sakegesprek. Hulle bespreek die breë landskap van mediese versekering, asook die impak van COVID-19 daarop.
Izak Smit – uitvoerende hoof van PPS, naweek sportman en bron van kennis – gesels met Theo oor die lewenslesse wat hy al geleer het gedurende sy loopbaan, asook sy advies vir jong professionele persone wat wil belê in hulle loopbaan.
In hierdie week se episode deel George Robertson nog wyshede met Theo. Die gesprek fokus op testamente – waarom dit belangrik is, die beginsels daarvan, en waarop jy moet fokus om dit prakties, uitvoerbaar en eenvoudig te hou.
In hierdie episode van Sakegesprek gesels Theo met George Robertson, ‘n prokureur en direkteur van Galileo Adviesdienste. Hulle gesels oor hoe trusts steeds van toepassing is vandag, asook die maniere hoe jy 'n trust kan gebruik om jou bates te beskerm.
loading
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store