DiscoverBoots & Alles Podcast
Boots & Alles Podcast
Claim Ownership

Boots & Alles Podcast

Author: Boots & Alles

Subscribed: 10Played: 80
Share

Description

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦

Aandbieders:
- Nicolaas Barnard
- Andre Huisamen
- Daniel Swiegers
- Neil Els
21 Episodes
Reverse
Die Boots en Alles podcast is terug vir 'n Seisoen 2 mini series waar ons vir die volgende paar weke Chasing the Sun 2 van SuperSport sal review saam met 'n paar van die Springbokke. Ons het hierdie week die absolute groot voorreg gehad om die legende Steven Kitshoff op die show te hê waar ons bietjie terug gekyk het na die eerste episode van die documentary. Hy deel met ons baie interessante stories van hoe hulle die hele reeks geskiet het, wat Rassie Erasmus so kwaad gemaak het in die kleedkamer en hoe Malcolm Marx beseer geraak het vroeg in verlede jaar se Wêreldbeker.   #BootsenAlles #Skitterend 
Wêreldkampioene vir die 4de keer! Die Springbokke het verlede Saterdag al ons drome laat waar word en hul plek in Wêreld Rugby se geskiedenisboeke beklee. Met al die emosies en celebrations van die afgelope week kyk die Boots en Alles manne terug na 'n historiese aand in Paris. Nick deel bietjie sy persoonlike ervaring van hoe dit was om die finaal by te woon, terwyl Dan en Andy ook hul insette oor die game gee. Die manne bespreek dan ook 'n paar belangrike oomblikke van die game en wat die oorwinning vir Suid-Afrikaners beteken het. BokRugby mag wel nou klaar wees maar die celebrations sal nog lank voortduur. Geniet die naweek met 'n lekker episode waar ons debrief oor wat die Bokke sopas bereik het. #BootsenAlles #Skitterend #BackToBack
Bok Vrydae raak nie groter as hierdie nie en ons begin die naweek met die 18de episode van Boots & Alles. Ons staan op die vooraand van geskiedenis waar Suid-Afrika die eerste land ooit kan word om die Rugby Wêreldbeker vier keer te wen. Met alles op die spel het ons hierdie week die voorreg gehad om die Springbok Willem Alberts op die podcast te hê. Hy gesels lekker saam oor die Bokke se kanse vir Saterdag se final en vertel ’n paar baie snaakse stories vanuit sy plaaslike en Sprinbokloopbaan. Die manne deel ook elkeen hul opinies oor die span vir die game en wat ons kan verwag van die 7-1 split. Kry jou familie en vriende om die vuur, skink die glase en kom luister saam na ’n spesiale episode voor die Bokke weer Wêreldkampioene word. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack
Dis Vrydag en die Bokke speel die naweek in 'n Wêreldbeker semi-finaal! Na 'n riller van stryd teen Frankryk, waar party manne eers laat in die bed gekom het, ontleed ons hierdie week hoe die Bokke aan die wen kant van een van die beste quarter-finals nog beland het. Ons vriend Johnny Hubert Meyer kuier weer by ons op die show en praat saam oor al die emosies wat hy tydens die game ervaar het. Nick, Neila en Andy gee elkeen hul opinies oor hoe goed die Bokke in knockout rugby is en kyk ook vinnig na Saterdag se groot game teen Engeland waarvoor Rassie en Jacques presies dieselfde span gekies het. Die Bokkoors is besig om serious momentum te kry en 'n plek in World Cup final is die naweek op die spel. Trek jou Groen & Goud aan en kom luister saam. #BootsenAlles #Skitterend
Episode 16 is live en hierdie week het ons die voorreg gehad om die legende Schalk Brits by ons op die show te hê.  'n Groot gees in die rugbywêreld en een van die niceste mense daar buite, Schalk entertain ons met 'n klomp classic stories van sy tyd by die Springbokke en Saracens. Hy deel ook bietjie met ons hoe Rassie Erasmus se kop werk en wat hierdie Bokgroep so spesiaal maak. Neila gooi dan 'n paar sponsorless 'rapid fire' questions sy kant toe om onder andere uit te vind wat sy golf handicap is, wat sy braaibroodjie resep is en hoe hy en Owen Farrell kamermaats was na hul bietjie vuiste geswaai het. Andy en Dan gee dan ook vinnig hulle predictions vir die naweek se World Cup quarter-final games. As jy bietjie wil lag en 'n paar interessante stories wil hoor - kom luister saam. Hierdie episode was 'n spesiale een. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack  
Die 15de Episode van Boots en Alles is live en die boys reflect op die Pool stages van die Rugbywêreldbeker. Die manne deel elkeen baie snaakse stories van hul eie ervaringe by die afgelope paar games. Die Bokke het 'n ongelooflike following regoor die wêreld en daar was so ver baie Bokondersteuners in Frankryk gewees - ons het selfs 'n reaksie uit Rory McIlroy oor die Bokke by verlede naweek se Ryder Cup gekry. En moet ook nie 'n Bokondersteuner se commitment aan Brandy in die buiteland onderskat nie. Die manne kyk dan ook na die span se performance teen Tonga en wie moontlik die quarterfinals gaan haal met Ierland en Skotland was nog Saterdagaand teen mekaar speel. Daar is geen Bokrugby die naweek nie so kom luister saam na 'n paar baie interessante stories van die Wêreldbeker. #BootsenAlles #Skitterend 
Episode 14 is Live!  Stephan Lewies join die paneel saam met Neil en Nicolaas. Andy en Dan is bietjie op vakansie en hou die biere koud. Die manne gaan in diepte oor Saterdag se wedstryd teen Ierland en gee hulle opinies oor waar die coaches dit dalk takties verkeerd gekry het. Dit gesê, wat ‘n ongelooflike wedstryd was dit en Nicolaas praat bietjie oor die atmosfeer. Ons bespreek ook watter tipe Handre Pollard moontlik gaan opdaag Sondag teen Tonga en kyk na die span in meer detail. Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby. Bonus punt is belangrik.
Dis BokVrydag en Episode 13 is Live! Saterdag pak die Bokke die Iere in a massive World Cup game en die manne sit al hul fokus op ons kan verwag. Neila gee vinnig sy insette oor wat Handré Pollard se insluiting vir Manie Libbok beteken terwyl Andy bietjie praat oor die groot reaksie tot die Bokke se 7-1 split op die bench. Dan deel met ons hoe die vibe in Frankryk is op die oomblik; hy en Nick kyk Saterdagaand die game live in Paris. Kom luister saam terwyl ons reg maak vir 'n groot naweek van Bokrugby! #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack
Episode 12 is live en die manne unpack die Rugbywêreldbeker wat nou volstoom aan die gang is! Voormalige Sharks-stut en goeie vriend van die Boots & Alles Podcast, Johnny Meyer, kuier by ons op die show en chat bietjie saam oor alles wat die eerste naweek in Frankryk gebeur het. Hy deel ook bietjie van sy persoonlike ervaringe tydens sy tyd in Durban en Béziers. Met die Bokke wat Sondag teen Romania speel en die groot nuus dat Malcolm Marx beseer is, gee die boys hul opinies oor die span en verwag hulle klomp drieë in Bordeaux. Skink vir jou 'n koffie of 'n dop en kom luister saam na nog 'n lekker episode van Boots & Alles. #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack
2023 RUGBYWÊRELDBEKER! Vir Kitch, vir Kraaifontein, vir Schalla, vir AFFIES. For those who came before us. For Bethlehem and for the Bomb Squad. Vir die Kranse and for the call. Vir Loftus, vir Bloem. For Crowded House and College Road. Vir die laaities met die hot step. Vir Os, vir Beast en vir Bakkies. For KES boys. Vir die Strand honde. Vir James Small, Chester Williams en Joost. For Ian Mac. Vir Bredasdorp en vir die hele Karoo. For my country. Mzansi! Ons dedicate hierdie episode aan die Springbokspan in Frankryk.  Soos Bongi altyd sê: "Dis tyd om die honde los te maak" #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack 
Die 10de episode van Boots & Alles is uit en ons celebrate 'n bekende sege oor die All Blacks met Rob du Preez as gasspreker. Nick, Dan, Neila en Andy praat oor hoe beïndruk hulle was met die Bokke se vertoning op Twickenham en die manne deel ook hoe ongelooflik die experience was om die game live te kyk. Rob du Preez gee sy insette oor die Bokke se besluit om 'n 7-1 split op die bank te kies en die reaksie wat dit hierdie week in die rugbywêreld ontlok het. Verder vertel hy bietjie vir ons van sy lewe by Sale Sharks en deel 'n paar lekker stories uit Engeland. Kom luister saam terwyl ons gereed maak vir Wêreldbeker wat nou slegs een week weg is.  #BootsenAlles #Skitterend    
Ons 9de episode is live en die manne maak gereed vir die groot toets op Twickenham Vrydag teen die All Blacks. Die Stormers-stut Neethling Fouché kuier bietjie saam met ons op die show en dit raak duidelik hoekom hy so 'n goeie storieverteller is. Hy deel bietjie insights van hoe dit is om saam (of teen) ouens soos Steven Kitshoff en Frans Malherbe te speel en vertel die mooi storie van wat dit vir hom en sy familie beteken om vir die WP te speel. Nick, Neil, Dan & Andy kyk dan na die Springbokspan vir Vrydag met 'n paar van die Boots & Alles manne wat self op Twickenham gaan wees vir game. Kan die Bokke hul momentum behou na 'n groot sege oor Wallis? Bokkoors loop blykbaar hoog in London die week so kom luister saam in voorbereiding vir Vrydag. #BootsenAlles #Skitterend  
Episode 8 van Boots & Alles is live en ons het 'n full-house van aanbieders wat saamgesels!  Die manne maak dit duidelik wat hulle persoonlik van Owen Farrell dink na al hierdie week se kontroversie rondom die Engelandkaptein en bespreek die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Wallis op die Millennium Stadium. Ons kyk na 'n paar belangrike selections, onder andere Siya Kolisi, Jaden Hendrikse en Ox Nche wat terug is in die Bok setup, asook RG Snyman wat 'n well-deserved start kry. Dan, Andy, Neil en Nick gee dan hul predictions vir die game en praat bietjie oor wat ons moontlik kan verwag van Warren Gatland se span. Dis die Bokke se tweede laaste warm-up game voor die World Cup begin so kry vir jou 'n bier en kom luister saam. #BootsenAlles #Skitterend
Episode 7 is live 🇿🇦 Hierdie week se episode van Boots & Alles is live boys met Nick en Andy wat gejoin word deur Hennie Botha om die World Cup Squad announcement te ontleed. Die manne deel hul opinies oor die beserings van Handre Pollard, Lood de Jager en Lukhanyo Am en wat dit vir die Bokke beteken. Ons kyk ook na die groter groep van 33 spelers + die spelers op 'Standby' wat Saterdag UK toe vlieg en watse kombinasies ons moontlik kan verwag in die wedstryde teen Wallis en New Zealand. Maak maar die biere koud en kom luister saam - daar is baie om oor te praat in Springbokrugby.  #BootsenAlles #Skitterend
Ons 6de episode is live en die manne lewer sterk opinies! Ons kyk terug op die Rugby Championship en verlede naweek se performance teen Argentinië, en voer 'n redelike heated debate oor waar die Springbokke tans staan. Die manne analiseer die span vir Saterdag se game in Buenos Aires en wat ons moontlik kan verwag van die Argentyne. Andy, Nick, Dan en Neila stamp dan bietjie kop oor die Springbokke se reliance om utility spelers te kies en wat dit beteken voor die Rugby World Cup squad volgende week aangekondig word. Watse spelers los jy uit en wie verdien om Frankryk toe te gaan? Skink maar vir jou iets sterks en kom luister saam na die week se episode - Bokrugby is besig om ernstig te word.   
Episode 5 is live! Die Springbok en Harlequins-kaptein Stephan Lewies gesels bietjie hierdie week met ons op die podcast. Hy deel ‘n paar classic stories van sy tyd in Engeland en vertel hoe Joe Marler perongeluk in ‘n Covid Testing Centre op Twickenham Stoop geslaap het die aand wat Quins die Gallagher gewen het. Hy deel ook hoe incredible sy Springbok debut was in 2014. Nick, Andy en Dan kyk dan bietjie na Springbokspan vir Saterdag se toets teen Argentinië en gee elkeen hul predictions vir die game. Sit maar solank jou bier op ys vir die naweek en kom luister saam na ‘n baie snaakse episode.
Episode 4 is live en dis ’n massive een! Hierdie week kuier die Springbokslot Jean Kleyn by ons op die show. Hy vertel hoe 'n oproep van Rassie Erasmus hom weer by die Springbokke beland het en hoe ongelooflik die afgelope paar maande vir hom was met al die emosies wat hy ervaar het toe hy sy debut teen die Wallabies op Loftus gemaak het. Hy verduidelik ook wie vir hom daai blou oog in oefening gegee het. Andy, Dan en Nick reflect dan oor die Bokke se teleurstelling teen die All Blacks en Neil vertel vir ons hoe spesiaal dit was om die game live in Auckland te kyk. Deel die Podcast met jou vriende en familie - julle wil nie hierdie episode mis nie.  
Episode 3 Hierdie week kuier die Springboksenter André Estherhuizen saam op die show en vertel vir ons uit New Zealand uit wat alles in die Bokkamp aan die gang is voor Saterdag se groot toets teen die All Blacks. Hy beantwoord ook ’n paar interessante vrae wat deur van ons followers op Instagram gestuur is. Nick, Dan en Andy bespreek dan die Springbokspan vir die game en Neil vertel vir ons bietjie van hoe die vibe in Auckland lyk. Dis Bok Vrydag - trek jou Groen en Goud trui aan en kom luister saam na nog ’n episode van Boots & Alles #BootsenAlles #Skitterend #DraDieDing
Die manne is almal terug vir Episode 2 van Boots & Alles Hierdie week het ons vir Evan Roos op die show wat vir ons bietjie insights gee oor hoe ’n toetsweek lyk en wat hy dink van die nuwe Springbok-Nike trui. Nick, Andy, Dan en Neil bespreek die Springbokke se span vir Saterdag se Rugby Championship opener teen Australia op Loftus en gee hul voorspellings vir die game, asook wat ons moontlik kan verwag van Eddie Jones se span. Gryp jou bier uit die yskas en kom luister saam, want Bokrugby is amptelik terug 🇿🇦
Welkom by die heel eerste episode van die Boots & Alles podcast! Ons skop af met 'n vinnige bekendstelling van al ons aanbieders en verskaf bietjie konteks vir hoe hierdie podcast op die been gebring is. Die Cheetahspeler Reinhardt Fortuin is ons eerste gas op die show en vertel ons bietjie van al die feesvieringe in Bloemfontein na die naweek se Curriebekereindstryd. Ons sluit dan af met 'n analise van die Springbokke se Rugby Championship squad en wat ons moontlik kan verwag in die wedstryde teen Australia en New Zealand. Sit terug en geniet hierdie podcast saam met ons. Gesels ook saam op ons sosiale media platforms!
loading
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store