DiscoverNB Publishers
NB Publishers

NB Publishers

Author: NB Publishers

Subscribed: 2Played: 172
Share

Description

NB Publishers is the largest local publishing company in South Africa with seven main imprints, including Human & Rousseau, Tafelberg, Queillerie, Kwela, Best Books, Lux Verbi and Pharos.
88 Episodes
Reverse
Luister hier na Die rondekop gedierte, 'n storie uit Jakkals en Wolf, soos voorgelees deur Johann Nel. Meer oor die boek: Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid! Deel die geliefde Jakkals en Wolf-stories deur Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster met 'n nuwe generasie lesers. Eksklusief beskikbaar by CNA tot 1 Mei 2021. Die luisterboek van Jakkals en Wolf is ook hier beskikbaar op Audible: https://www.audible.com/pd/Jakkals-en-Wolf-Jackal-and-the-Wolf-Audiobook/B00BW6RFXG
Luister na hierdie spesiale podsending waarin skrywer Henriëtte Linde-Loubser en illustreerder Elizabeth Pulles met ons gesels oor hul boek, Ster en die skugter vyf. Buiten die interessante agter-die-skerms-inligting is daar ook ‘n pragtige voorlesing deur die skrywer waarna luisteraars kan uitsien. Nou beskikbaar op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Meer oor Ster en die skugter vyf: Vandat sy kan onthou, woon Ster by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een aand word sy wakker van 'n gevroetel in haar kamer en ontdek 'n erdvarkmannetjie, sy snoet op haar beddegoed. "Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so begin Ster se naglopery op soek na al die skaam diere: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog en wit leeu. Bestel Ster en die skugter vyf deur Henriëtte Linde-Loubser (met illustrasies deur Elizabeth Pulles) by boekwinkels of aanlyn. Musiek: “Family Tree” deur Jahzzar - https://freemusicarchive.org/music/Jahzzar/Sele/family_tree_f
In hierdie episode vertel Anton Roodt ons meer oor sy debuutroman, Weerlose Meganika. Luisteraars kan ook uitsien na 'n voorlesing deur Albe Grobbelaar. Luister nou op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Loer op ons webtuiste vir meer inligting oor hierdie merkwaardige roman: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624091356 Weerlose Meganika kan by goeie boekwinkels of aanlyn bestel word. Dit is ook as e-boek beskikbaar. Musiek: "Signs" deur Divide by Nine - iMovie Royalty Free Music
In this episode, publisher Melinda Ferguson, co-author Nan Roux and of course, GiGi, tell us more about the hottest story of the decade. GiGi: Nipple Caps & G-strings is the sensational bare-all memoir of a woman who strategically took on an industry dominated by men and not only survived, but thrived. Order your copy of GiGi from leading bookstores nationwide or online. Also available as an e-book. More about it on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9781990973185 Music: "Lose The Box" by Ménage Quad - https://freemusicarchive.org/music/Mnage_Quad/Swing_Soiree/08_Menage_Quad_Lose_The_Box_Swing_Soiree_FROSTWIRE_FROSTCLICK_CREATIVE_COMMONS
Sidney Gilroy vertel ons meer oor sy tweede spanningsroman, Middernag, en lees ook vir ons 'n gedeelte voor. Luister saam op die NB Publishers-podsending op die platform van jou keuse. Bestel Middernag deur Sidney Gilroy by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798180542 Musiek: "Miracle Tour" deur Lobo Loco ─ https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/around/miracle-tour-id-1289mp3
Luister hier na ‘n onderhoud met Anzil Kulsen op MedFM waar sy met Annerle Barnard oor haar nuutste boek Reënboogmelodie gesels. Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme? Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan. Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Reënboogmelodie is landwyd by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.
New light has been cast on the release of Nelson Mandela after 27 years in jail. The information comes from a secret archive of documents accumulated for over a decade while Mandela was in jail by a senior National Party minister, Kobie Coetzee. Coetzee was the Justice and Prisons minister and had easy access to Mandela. He was intimately involved in discussions about Mandela’s release, and over the last 10 years of the ANC leader’s incarceration, Coetzee accumulated a wealth of information. Coetzee died before he could hand over the archive as he had promised to academic Jan-Ad Stemmet. More than 10 years after Coetzee’s death, the archive ended up at the University of the Free State where Stemmet finally got to see what it contained. He teamed up with veteran journalist Riaan de Villiers and, after accessing the vast number of documents in the Coetzee archive, they wrote an intriguing book about the release of the man referred to as Prisoner 913 – Nelson Mandela’s official prison number, different to his Robben Island number of 46664. David O’Sullivan spoke to Riaan de Villiers about the book Prisoner 913.
Luister hier na Annerle Barnard se onderhoud met Francois Smith op Vars GeInk, 'n program op MedFM. Francois gesels oor sy jongste roman, Die kleinste ramp denkbaar. Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Die leser sien deur Van Aardt se oë. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Bestel Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith by boekwinkels of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780624089988
Luister hier na twee voorlesings deur Jaco Fouché uit sy jongste roman, Aanspreeklikheid. Aanspreeklikheid is die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd vir 2018. Dit is Fouché se eerse roman in sewe jaar, 'n fassinerende ondersoek na die betekenis van aandadigheid, maar ook die rol van die skrywer. Dit word beskou as 'n hoogtepunt in sy oeuvre sedert Ryk van die rawe. Jaco Diehl woon op Hermanus. Hy word getuie van 'n poging tot moord op sy buurvrou, en geleidelik word hy betrek by ander dade van geweld: eers op Hermanus, maar later ook op Somerset-Wes en eindelik in Kaapstad. Sy lewe is aan die disintegreer, en dit lyk nie of hy regtig omgee nie. Die hoofkarakter sleur ons al dieper mee in 'n doolhof. Wie is aanspreeklik vir die moorde, en wat is die waarheid? Of word ook die waarheid 'n storie, 'n verdoeseling wat nes Jaco nie vertrou kan word nie? Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798178334 Musiek: “artless grief” deur Dee Yan-Key (https://freemusicarchive.org/music/Dee_Yan-Key/artless_grief)
Luister hier na ‘n onderhoud met veteraanskrywer Marzanne Leroux van der Boon op MedFM waar sy oor haar nuutste boek Israel-reeks 11: Hooglied gesels. Die Jode het nog altyd ’n lied gehad om te sing: Soms ’n lied van vreugde; soms ’n lied van pyn en lyding. Ook vir die Kriges is daar vreugde liedere en pynliedere. Yhoshi word dertien en dis tyd vir sy bar mitzvah. Die kleine Chaya is twee en ’n blye lied vir almal om haar. Mara is in Jerusalem waar haar Joodsheid ’n nuwe lied vir haar word. Daar is ook ’n pragtige loflied wat gesing word deur Re’uven en Shlomit. Maar waar sal Marc sy vreugdelied vandaan kry waar hy weereens in die Haddasah-hospitaal pleit vir ’n geliefde se lewe? Hooglied is die elfde titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper- Israel-reeks. Marzanne besoek Israel gereeld en met haar diepgaande kennis van Israel skryf sy die Joodse leefwêreld vir haar lesers oop. Israel-reeks 11: Hooglied is landwys by boekwinkels en aanlyn beskikbaar.
Neels van Jaarsveld lees voor uit Die seerowers 1: Die seerowers en die spookskip. Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar ’n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig? Bestel Die seerowers en die spookskip by boekwinkels of aanlyn.
Make yourself comfortable and listen to How Water Snakes Came To Be from the book How Lion Became King of the Animals. This reading is done by Mary-Anne Musekiwa, CFO at Coronation Fund Managers, as part of their Reading Adventure Room initiative. Order How Lion Became King of the Animals from leading bookstores nationwide or online.
Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke. Skrywer Zirk van den Berg vertel ons hier meer oor hierdie fassinerende verhaal en lees ook ‘n stukkie voor. In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Bestel Tweegevreet by boekwinkels regoor die land of aanlyn. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709692 Musiek: Evening Campfire deur Lobo Loco - https://freemusicarchive.org/music/Lobo_Loco/Adventure/Evening_Campfire_ID_1178
Rika Cloete is die skrywer van Skadukant wat Augustus 2020 verskyn. Sy vertel ons meer oor dié nuwe spanningsroman. Die verminkte lyk van ’n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O’Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in ’n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie. Skadukant kan eersdaags by goeie boekwinkels regoor die land en aanlyn bestel word. Meer oor Skadukant op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795709876
Vers & vrou

Vers & vrou

2020-07-1501:01:12

Vers & vrou is 'n versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef. Bestel Vers & vrou, saamgestel deur Karen de Wet, by boekwinkels of aanlyn. Verskeie vrouedigters het virtueel saamgewerk om hierdie spesiale podsending te skep. Luister hier na voorlesings, meestal deur die digters self, van gedigte wat in die bloemlesing Vers & vrou verskyn. Musiek: Holy Dust (Acoustic) deur Wildlight: https://freemusicarchive.org/music/Wildlight/The_Tide_Acoustic/Wildlight_-_The_Tide_Acoustic_-_06_Holy_Dust_Acoustic
Luister hier na 'n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit Rudie van Rensburg se jongste spanningsroman, Merk. Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief – hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi: Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk. Is die skuldige die man wat beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers laat? Bestel Rudie van Rensburg Boeke se jongste spanningsroman, Merk, by boekwinkels of aanlyn. Meer oor die boek op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802140
We hope you enjoy this book trailer for Jen Thorpe's brand new novel, The Fall. Hector, #FeesMustFall protest leader, believes it's time for students to think a bit bigger than toyi-toying. This creates problems for Noné, South Africa's president, who wants no trouble from pesky students in the week she's launching an extraordinary zoo. So, when Thuli reveals that she can see seven days in into the future and Hector's life is at risk, the idea seems only semi-crazy to Helen, the journalist she tells. But as Helen starts to investigate the sinister forces that lurk on campus, she realises that Thuli knows only part of the danger. The people in power might be more menacing than anyone could have foreseen. One thing is certain: If Thuli is right, there are only seven days to change the future. Set in an alternate Cape Town and told by a diverse cast of characters, The Fall is an enthralling, edge-of-your-seat read. Music: Intranet by Yung Kartz: https://freemusicarchive.org/music/Yung_Kartz/August_2019/Intranet_1980
Jaco Fouché vertel ons meer oor sy nuwe roman, Aanspreeklikheid. Bestel Aanspreeklikheid by boekwinkels regoor Suid-Afrika of aanlyn. Meer oor dié puik roman op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798178334 Musiek: ‘lock down’ deur Blue Dressed Man - https://freemusicarchive.org/music/Blue_Dressed_Man/Voidland_EP/lock_down
In this special podcast several authors who contributed to The Lockdown Collection pulled together with voicenotes to tell you more about their essays. In March 2020, South Africa went into Lockdown. In just four weeks, 40 authors raced against time and a virus to produce two hit e-books. This is the historic collection penned by SA's best writers and thinkers. Order The Lockdown Collection from your nearest bookstore or online.   Music: 'Focus' by A.A. Aalto - https://freemusicarchive.org/music/A_A_Aalto/Connections/Focus
The effervescent couple Mo and Phindi Grootboom joined Algoa FM’s Roland Gaspar and Rochlé Bloem on The Drive to chat about their all-new book, Stuff we Wish We Knew Before We Got Married. Order from your nearest bookstore or online. More information on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796322425
loading
Comments 
Download from Google Play
Download from App Store