DiscoverNB PublishersOns skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer
Ons skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer

Ons skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer

Update: 2023-08-15
Share

Description

Skink 'n koppie tee en kry 'n knus kombers - die nuutste episode van #NBBoekhoek is nou beskikbaar.

In hierdie episode van ons podsending gesels Michele Meyer met P.P. Fourie oor sy aangrypende roman, Ons skulde.

Michele het met Fourie by Die Bôrdienguis gesels en die yskoue aand was perfek gepas vir hulle gesprek oor Ons skulde, 'n boek wat lesers net nie kan neersit nie.

Michele en Fourie se gesprek is ewe boeiend. So, maak jouself tuis in jou gunsteling boekhoek en luister gerus.

Ons skulde deur P.P. Fourie is by goeie boek- en aanlynwinkels beskikbaar.

Waaroor gaan Ons skulde?
Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word. Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?
Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

Musiek:
Kai Engel - Moonlight Reprise
Fields Ohio - Anti-Saloon League Midnight Mystery
Comments 
00:00
00:00
x

0.5x

0.8x

1.0x

1.25x

1.5x

2.0x

3.0x

Sleep Timer

Off

End of Episode

5 Minutes

10 Minutes

15 Minutes

30 Minutes

45 Minutes

60 Minutes

120 Minutes

Ons skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer

Ons skulde: P.P. Fourie & Michele Meyer

NB Publishers