DiscoverKosreis
Kosreis
Claim Ownership

Kosreis

Author: Francette Bekker

Subscribed: 1Played: 1
Share

Description

Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank, sielskos en goeie gesondheid.


In praktyk geniet Francette dit om op ‘n “gesondheidsreis” te gaan saam met haar pasiënte. Sy werk by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in sentraal Pretoria as deel van die “Obesity Health Centre” span van Dr Thinus Smit. Hierdie mediese span fokus op die behandeling van matige tot erenstige vetsug. Matige vetsug word behandel deur gebruik te maak van leefstylveranderinge en medikasie terwyl metaboliese (bariatriese) chirurgie gebruik word om erenstige vetsug te behandeling sodat gesondheidsprobleme voorkom en behandel kan word. Die fokus van die span is om pasiënte se lewensduur en gesondheidsduur te bevorder.


Francette het ook ‘n groot passie vir vrugbaarheidsvoeding en voeding gedurende swangerskap. Sy het ’n internationale sertifikaat behaal as gesertifiseerde vrugbaarheids- en swangerskapdieetkundige. In haar praktyk stap sy dan ook die gesondheidsreis saam paartjies wat beplan om ‘n gesin te begin en ondersteun vroue gedurende hul swangerskap met die regte voeding vir elke trimester van swangerskap. Die regte voeding in swangerskap help ’n mamma om haar kans tot ‘n gesonde en veilige swangerskap te verbeter en dit speel ‘n ongelooflike groot rol in die toekoms en gesondheid van haar toekomstige babatjie.


Volg Francette se praktyk op Instagram of Facebook by @francettedietitian. Die Kosreis potgooi kan jy volg op Instagram by @Kosreis.



8 Episodes
Reverse
In hierdie lente-episode van Kosreis staan Francette stil by die prag van die Jakaranda-seisoen en die groter boodskap wat dit bring - om met sorg en respek teenoor Moeder Aarde te leef. Sy gesels oor besoedeling, plastiek en eenvoudige maniere waarop ons elkeen ‘n verskil kan maak in ons kombuise en huise. Van die 5 stappe wat ons kan gebruik as 'n padkaart na herwinning (weier, verminder, hergebruik, doelvernuweing en herwin) tot praktiese waterbesparingswenke en komposmaak met kosoorblyfse...
Bloedlemoene is ’n pragtige sitrusvrug wat jy net vir ’n kort tyd op die rakke kry. In hierdie episode van Kosreis deel Francette Bekker waarom hierdie vrugte meer is as net mooi rooierige lemoene: Wat bloedlemoene uniek maak — van hul bessie-agtige sitrussmaak tot hul opvallende kleur.Hoe koue nagte die rooi pigment, anthosianiene, laat ontwikkel.Die gesondheidsvoordele van bloedlemoene se antioksidante en flavonoïede — van hartgesondheid en velgesondheid tot ’n rol in vrugbaarheid, swangers...
Kosreis 2.0 is hier!

Kosreis 2.0 is hier!

2025-09-2505:14

Welkom terug by Kosreis! Ek is Francette Bekker, dieetkundige in Pretoria. Kosreis was lank stil, maar dis nou tyd vir Kosreis 2.0 – verfris, verbreed en vol nuwe energie. In hierdie episode stel ek die nuwe Kosreis bekend en vertel kortliks van my onverwagse afdraaipaaie en hoekom Kosreis vir 'n ruk moes stilhou langs die pad. So wat is op ons nuwe padkaart vir Kosreis? Voorheen het ek kossoorte bespreek, maar nou verbreed ons die grense: ons praat oor gesondheid, kultuur, Suid-Afrika se ko...
Het jy dalk al gehoor van mikrogroente of dalk het jy al hierdie klein blaartjies op jou bord gevind as ‘n restaurant vir jou kos bedien wat besprinkel is met hierdie groente konfetti? Luister saam om meer te leer oor: Die verskil tussen mikrogroente, spruite en jong groentesMikrogroente se oorsprongDie voedingswaarde van mikrogroente teenoor volwasse groentesVoordele en nadele van mikrogroenteIdees om mikrogroente deel van jou dieet te maak. Volg hierdie skakel vir jou twee gratis fee...
Het jy al gehoor van Kefirmelk en kefirwater? In hierdie episode reis ons bietjie buite die grense van Suid-Afrika om meer te leer van die oorsprong van die sprankelende borreldrankie - kefir. Ek gesels ook oor die gesondheidsvoordele van kefir en vertel hoe dit gebruik kan word as deel van jou dieet. Studies en navorsing waarna verwys word in die episode: Die storie van kefir se oorsprong - The Fascinating Origins of Milk Kefir GrainsMilk kefir: nutritional, microbiological and health benef...
Is jy onseker of eiers nou wel gesond is of nie? In hierdie episode maak ek Pandora se eierboksie oop en ek deel ‘n paar lekker eierstories en ‘n paar interessante eierfeite. Studies en inligting waarna verwys word in podsending: Nutritional Viewpoints on Eggs and Cholesterol - PMCAssociation between Egg Consumption and Cholesterol Concentration: A Systematic Review and Meta-Analysis of Randomized Controlled Trials - PMCThe Golden Egg: Nutritional Value, Bioactivities, and Emerging Bene...
My Ouma Toy het 90 jaar oud geword en haar gunsteling warmdrankie was rooibostee of soos sy sou sê “bossiestee”. Luister saam in hierdie episode hoe ek en my gesin met ons padreis per ongeluk in Clanwilliam beland het en toe eers uitgevind het dat dit die Rooibostee hoofstad van die wêreld is! In hierdie episode vertel ek meer oor die area waar rooibostee groei, die oes en produksie proses van rooibos, groen rooibostee, wat is flavonoïede en watter voordele hou dit vir ons liggame in, die ges...
Loodsepisode

Loodsepisode

2022-07-2406:12

In hierdie loodsepisode gee die aanbieder Francette Bekker (Jou Digitale Dieetkundige) bietjie agtergrond inligting oor wie sy is, wat sy as Dieetkundige doen en sy vertel meer oor die padreis wat hierdie podsending met die naam Kosreis se inspirasie was. Aanbieder: Francette Bekker Instagram @kosreis Instagram & Facebook @francettedietitian Webtuiste www.francettedietitian.com E-pos chatwith@francettedietitian.com Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op ...
Comments