DiscoverEensgesind Klanklêers
Eensgesind Klanklêers
Claim Ownership

Eensgesind Klanklêers

Author: Eensgesind Klanklêers

Subscribed: 214Played: 6,154
Share

Description

Die Eensgesind Klanklêers bied verskeie programme wat fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis, erfenis en aktuele sake. Eensgesind is ‘n sosiale herlewingsinisiatief wat daarop gerig is om aan individue ’n platform te bied waarbinne hulle nie net intellektueel verryk kan word nie maar ook blootgestel kan word aan inspirerende skrywers, kommentators en bronne wat hul nie sou teëkom in hul alledaagse lewe nie. Ons bied aan verbruikers eietydse en pasgemaakte media wat hul in sogenaamde vrye tyd kan inneem.

Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

127 Episodes
Reverse
Hensoppers en Joiners

Hensoppers en Joiners

2021-03-1234:45

REDE UIT DIE VERLEDENet om die woorde “Hensoppers” en “Joiners” met betrekking tot die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) te hoor, maak baie mense warm onder die kraag. Net die gedagte dat ʼn medeburger die wapen opgeneem het om sy eie mense te dreig en in ʼn oorlog dood te skiet, is bykans ondenkbaar. Maar selfs die verraaiers in ons midde het hul eie unieke geskiedenis wat vertel moet word.In hierdie episode van Rede uit die verlede praat Emile en Johan oor die motiewe van sekere Transvaalse en Oranje-Vrystaatse burgers wat oorgegee het (Hensoppers) en die wat by die Britse magte aangesluit het (Joiners). Ook wat met hulle na die oorlog gebeur het, is deel van die gesprek. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Rede uit die verledeRobey Sidney Leibbrandt is 55 jaar na sy dood steeds ʼn historiese figuur wat akademici en geskiedenisentoesiaste se aandag trek. Leibbrandt was ʼn komplekse persoon wat eenvoudig nie deur een bepaalde perspektief beskou kan word nie.  Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Washington en sy opvolgers

Washington en sy opvolgers

2020-10-1601:26:58

VSA/RSAOp 30 April 1789 word George Washington die eerste president van die Verenigde State van Amerika. Sedert sy presidensie het 44 verkose Amerikaanse burgers hom opgevolg. Elkeen was uniek en party kontroversieel. Binnekort moet die Amerikaners weer stem ten gunste van 'n tweede termyn vir die 45ste Amerikaanse president, of om nommer 46 kans te gee om te regeer.In hierdie episode van Rede uit die Verlede word die ampstermyne van sekere Amerikaanse presidente kortliks bespreek, naamlik John Adams (pa en seun), James Monroe, Abraham Lincoln, Andrew Jackson, Ulysses S. Grant, Teddy Roosevelt, Woodrow Wilson, Franklin Roosevelt, John F. Kennedy, Richard Nixon en Ronald Reagan. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
DOSSIEROp 2 Junie 1989 word Sandra Smith na die galg gelei. Met die voltrekking van haar vonnis word sy die laaste vrou wat in Suid-Afrika die doodstraf gekry het. Op dieselfde dag is Yassiem Harris ook gehang omdat hy in 1986 ʼn wrede moord  saam met Smith gepleeg het.Sandra Smith was ʼn getroude vrou en ʼn ma van twee toe sy en Yassiem Harris mekaar ontmoet het. Omdat haar man gereeld uitstedig was, was dit maklik om ʼn buite-egtelike verhouding met Harris aan te knoop. Terselfdertyd het Yassiem ook ʼn verhouding met Jermaine Abrahams gehad, wat dalk die jaloesie in Smith laat ontketen het? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
DOSSIERVan 1983 tot 1987 het Zola Mahobe, bekend as Mr Cool, ʼn koninklike lewe gelei. Eens die eienaar van die bekende Suid-Afrikaanse sokkerspan, Mamelodi Sundowns, was dit hierdie seun van Soweto se droom om meer as net die NSL-trofee te wen.Met sy maatskappy, Power Promotions, was hy in die posisie om in die 1980's met die elite van Suid-Afrika om te gaan. Sy besigheidsportefeulje het stelselmatig uitgebrei, maar teen 1987 was die spreekwoordelike koeël deur die kerk vir Mr Cool.Waarom? Luister gerus na hierdie episode van Dossier. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Jonker Afrikaner

Jonker Afrikaner

2020-05-2251:35

HELDEOnderkaptein, militêre aanvoerder, bendeleier, diplomaat, bloedvergieter - dis hoe Jan Jonker Afrikaner (1798-1861) beskryf word. In Windhoek en later Okahandja, was Afrikaner beslis die sterkste militêre en politieke magsfiguur in Namibië tussen die 1840's en1850's, net voordat die Duitse Ryk die streek gekoloniseer het.Daar is nogtans sprake dat Jonker Afrikaner verantwoordelik was vir grootskaalse moord op die Herero’s. Maar daar is ook gevalle waar hy barmhartigheid teenoor die Booi-gemeenskap betoon het. Hoe kan 'n mens Jonker Afrikaner probeer verstaan? Hoe besonders is sy historiese nalatenskap vir die land Namibië? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
VSA/RSA: Deel 6

VSA/RSA: Deel 6

2020-08-2126:33

VSA/RSA: Deel 6Dit is September 1899 en die Amerikaners in Transvaal moet planne maak om uit die land te kom. Oorlog blyk onafwendbaar te wees en die Amerikaanse konsuls in Pretoria en Kaapstad moet hul burgers help om uit Transvaal te kom.Hierdie episode handel juis oor die redes waarom sekere Amerikaners in Transvaal besluit het om liewers pad te gee, as om aan die oorlog tussen die Boererepublieke en die Britse Ryk deel te neem. En natuurlik ook hoe hulle Transvaal verlaat het.Washington D.C. het natuurlik ʼn spesifieke beleid gehad met betrekking tot Transvaal en die Oranje-Vrystaat, terwyl beide state in ʼn oorlog teen die Britse Ryk gewikkel was. Dit word verduidelik om sodoende presies te bepaal wat die administrasie van president McKinley se beleid ten opsigte van die oorlog in Suid-Afrika was. Luister gerus verder: Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
VSA/RSA: Deel 5

VSA/RSA: Deel 5

2020-07-2433:19

VSA/RSA'n Paar maande voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 was die verhouding tussen die ZAR en VSA nie op 'n baie goeie voet nie. Alhoewel die OVS vir ʼn geruime tyd diplomatieke verteenwoordiging in die VSA gehad het, het die ZAR die fout begaan om nie ʼn konsul in die VSA aan te stel nie.Dit lyk asof die Transvaalse leeu en die Amerikaanse witkoparend van 1898 tot 1899 vir mekaar gegluur het. Dr. W.J. Leyds het alles in sy mag gedoen om die ZAR se beeld in die buiteland te versterk, maar mense soos John Hay en John Hays Hammond met hulle anti-Boersentimente het die taak bemoeilik.Daar het ook onsmaaklikhede in die ZAR voorgekom waarby Amerikaners betrokke was, wat glad nie die goedkeuring van die Amerikaanse konsul in Pretoria, Charles Macrum, of sy regering weggedra het nie.Luister gerus verder: Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die Sirkusboer

Die Sirkusboer

2020-05-0838:45

DIE SIRKUSBOERGeneraal Piet Cronjé word nie so hoog geag soos ander Anglo-Boereoorloggeneraals (1899-1902) nie. Sy oorgawe by Paardeberg op 27 Februarie 1900 kan waarskynlik die rede wees. Sekerlik is daar veel meer wat ʼn mens oor generaal Cronjé kan sê?In hierdie episode word die lewe van Piet Cronjé onder die vergrootglas geplaas. Sy aandeel aan die beleg van Potchefstroom se fort en hoe hy dr. Jameson uit Johannesburg gehou en die inval gestuit het, is deel van die narratief. Natuurlik is sy loopbaan in die Verenigde State van Amerika as ʼn toneelspeler in ʼn rondgaande sirkus ook baie interessant. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Generaal Piet Joubert

Generaal Piet Joubert

2020-04-2430:24

HELDENet anderkant Wakkerstroom is generaal Piet Joubert (1831-1900) se mausoleum. Dit is geleë op die plaas Rustfontein wat eens aan Joubert behoort het. In die tweede helfte van die 19de eeu was generaal Joubert ‘n bekende politieke figuur en ook ‘n beroemde veldheer. Maar soos Romulus en Remus wat in stryd met mekaar was, was Joubert en staatspresident Kruger ook teenstanders - daar moes beslis word watter een van hulle Transvaal sou regeer.Dit was juis na die Slag van Majuba dat Joubert opgang as ‘n gesagsfiguur gemaak het en sy plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis bevestig het. Hy is ook vereer deurdat die dorp Pietersburg na hom vernoem is en selfs die klomp Randlords het Joubert hoog geag.Wie was hierdie Transvaalse veldheer van weleer? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
HELDEBethulie, Jamestown en die dorpie Wepener het iets gemeen. Elkeen het ʼn monument ter ere van Louw Wepener. Wepener het op 15 Augustus 1865 by Thaba Bosiu (geleë in vandag se Lesotho) gesterf toe die Oranje-Vrystaat en die Basotho-koninkryk van koning Moshweshwe I in 'n oorlog gewikkel was.In Afrikanergeledere word Wepener as ʼn held beskou en sy dade tydens die slag van Thaba Bosiu is legendaries. Twee militêre medaljes en ʼn Suid-Afrikaanse Weermagregiment is selfs na hom vernoem.Die vraag is dus: waarom is Louw Wepener se lewensverhaal so merkwaardig dat hy nog vandag steeds so hoog geag word? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Die Rooi baron

Die Rooi baron

2020-02-1434:56

HELDEGedurende die 1930's besoek sir Alan Cobham se Flying Circus Suid-Afrika. ʼn Jong tienerseun, Bob Rogers, kry die geleentheid om in een van Cobham se vliegtuie sy eerste vlug te beleef. Die jong seun wou eintlik ʼn mediese dokter word, maar die Tweede Wêreldoorlog het daardie droom van hom verander.Die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) en die Koreaanse Oorlog (1950-1953) het van Bob Rogers ʼn legende gemaak. Daar is na Rogers verwys as Suid-Afrika se eie “Rooi Baron”, soos Manfred van Richthofen, ʼn legendariese Duitse vegvlieënier gedurende die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918).Rogers het die bynaam gekry omdat hy ʼn ware Suid-Afrikaanse “Ace” in die Tweede Wêreldoorlog en in die Koreaanse oorlog was. Hy het tot in 1979 in die Suid-Afrikaanse Lugmag gedien en gehelp om die Suid-Afrikaanse Lugmag voor te berei vir diens tydens die Grensoorlog (1966-1989). Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Evered Poole

Evered Poole

2020-02-0751:21

HELDEGeneraal-majoor Evered Poole het die Slag van El Alamein beleef. Hy was ook teenwoordig by Monte Cassino. Hy was soos Suid-Afrika se eie Montgomery. Dit is vreemd dat sy storie nie alombekend is nie.Gebore net na die Anglo-Boereoorlog in 1902 in die distrik Overberg, was Poole deel van ʼn militêre familie. Hy het in sy vader se voetspore gevolg en ʼn loopbaan in die Unie Verdedigingsmag uitgekerf. As gevolg van sy jeugdigheid kon hy nie diens in die Eerste Wêreldoorlog doen nie, maar hy het amper 20 jaar gehad om homself voor te berei vir die uitmergelende Tweede Wêreldoorlog.In daardie oorlog het hy sy pligte as soldaat en bevelvoerder met uitnemendheid uitgevoer. Sy glorieryke sukses en beroemdheid sou tot in 1948 duur. In daardie jaar het sy lewe onherroeplik verander. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
EGGENOTESDie Pretoria News skryf op 13 Augustus 1982 die volgende oor Suid-Afrika se premiersvrou, Elize Botha:“The day [13 Augustus 1982] PW’s wife had the Golden Circle slickers bedazzled. It is not often that the elegant rich of Annabel’s 100 Club leap to their Gucci clad feet for a speaker, but an hour long speech heavily laced with early humour, patriotism and motherliness from the Prime Minister’s wife clearly bowled them over.”Elize Botha (1922-1997) het nie net die elite van Johannesburg betower nie, maar sy en PW was 'n kragtige politieke egpaar wat mense van verskillende agtergronde beïndruk het. Sonder Elize sou PW waarskynlik nie daarin kon slaag om so ʼn roemryke loopbaan in die politiek te bou nie. Elize het nie net in PW se skadu gestaan nie. Sy het langs hom gestaan en was deel van al die hoogtepunte en laagtepunte in sy lewe.Luister gerus saam: Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
EGGENOTESSusan Strijdom, née De Klerk, was reeds deel van ‘n “politieke familie” voordat sy met advokaat JG (Hans) Strijdom getroud is. Susan was Hans se tweede vrou, en hulle was gelukkig getroud.Susan was die suster van oudsenator Jan de Klerk en dus die tante van oudpresident F.W. de Klerk. Terwyl De Klerk nog ‘n student by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys was, het Susan Strijdom die jonge F.W. en sy nooi, Marike, na Libertas genooi. Daar het twee Suid-Afrikaanse staatshoofde se eggenotes mekaar vir die eerste keer ontmoet - ‘n vriendskap wat 40 jaar lank sou duur. Ook het Susan Strijdom haar man met 40 jaar oorleef.Maar wat behels Susan Strijdom se lewensverhaal? Wat weet ons reeds en waar kan verdere navorsing gedoen word? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
EGGENOTESMargo Diederichs (née Potgieter) was die derde staatspresidentsvrou van die Republiek van Suid-Afrika. As dr. Nico Diederichs se eggenote was sy bekend vir haar elegansie, maar ook vir haar fier en trotse houding.Barbara Barnard het die belese mevrou Diederichs soos volg beskryf:“She was a very elegant looking woman, rather shy that made her appear aloof. She was an elegant lady and I enjoyed working with her and appreciate the opportunity she gave me to do so.”Dit blyk dat sy nie so gewild soos haar twee voorgangers was nie. Spruit die rede daarvoor dalk uit haar lewensverhaal? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
Lettie Fouché

Lettie Fouché

2020-01-1030:59

EGGENOTESLetta Rhoda “Lettie” Fouché (née McDonald) het Nellie Swart as staatspresidentsvrou opgevolg. Sy was die eggenoot van staatspresident Jim Fouché, wat na dr. Dönges se dood staatspresident geword het. Sy is in 1993 soos volg beskryf:‘n Boervrou wat bekend was vir haar sang, die LV- vrou wat kniediep in die politiek en samelewing gestaan het, die administrateursvrou wat self gesorg het vir die gebak en blommerangskikking by onthale, en die sjarmante ministersvrou met die smaakvolle hoede wat sy self ontwerp het.Lettie Fouché was ‘n veelsydige staatspresidentsvrou. En dit is juis waarom sy Jim Fouché kon bystaan. Maar wat behels haar lewensverhaal? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
EGGENOTESCornelia Wilhelmina "Nellie" Swart (née De Klerk) was die vrou van staatspresident C.R. Swart. Net soos hy was sy 'n Vrystater en saam met hom het sy die politieke gebeurtenisse van die vroeë 20ste eeu beleef. As staatspresidentsvrou was daar sekere verantwoordelikhede wat sy moes nakom.Volgens die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (UOVS) het sy haar verantwoordelikhede nagekom en het UOVS vir haar in 1969 'n eredoktorsgraad gegee. Kobie Coetsee, voormalige minister van Justisie, het gesê: "Sy het die status en beeld van CR Swart altyd ondersteun en help vergestalt".Luister gerus saam na die lewensverhaal van Nellie Swart en waarom daar nog heelwat navorsing gedoen moet word oor die eerste presidentsvrou van die 20ste eeu. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
VSA/RSA- Deel 4

VSA/RSA- Deel 4

2020-07-1732:52

DEEL 4Dit is 1898 en die spanning in Transvaal word elke dag erger. Sommige Amerikaanse burgers in Transvaal, waarvan die meeste in die mynbedryf werksaam is, het anti-Paul Krugeroortuigings en is lus vir ʼn bakleiery saam met die ander “Uitlanders”. Ander is pro-Boer en werk saam met die Amerikaanse konsulaat in Pretoria om vir president Kruger ʼn mooi geskenk vir sy verjaarsdag te koop.Die Amerikaanse burgery hou gebeure in Transvaal met ʼn valkoog dop. Verskillende sprekers lewer lesings oor die Boere en die Boererepublieke regoor die VSA, maar anti-Boeraktiviste skryf vir enige belangstellende tydskrif of koerant waarom die Britse Ryk die hele Suid-Afrika moet regeer.Die Amerikaanse regering van president McKinley hoor gereeld negatiewe stories oor Transvaal deur mense soos John Seymour, ʼn prokureur van Wallstraat in New York, en John Hay die VSA se Staatsekretaris. Maar Mckinley se ware bekommernis is of die Krugerregering Amerikaanse burgers vir diens te velde sal opkommandeer. Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
VSA/RSA Deel 3

VSA/RSA Deel 3

2020-07-1035:49

Indien die Verenigde State van Amerika so magtig en pro-Boer was, waarom het die VSA nie die twee Boererepublieke in 1899 kom help nie? Dit is ʼn billike vraag en een wat kortliks in hierdie episode bespreek word.Dit is waar dat Anglofobie in Amerikanergeledere gedurende die eerste 50 jaar van die 19de eeu geheers het. Hoe anders as 'n mens die Amerikaanse Rewolusie en die oorlog van 1812 in berekening bring? Hierdie gevoel het weer vlamgevat toe Britse skeepsmaatskappye gewillig was om skepe vir president Davies se regering te bou.Maar na die Washington Verdrag van 1871 het die VSA en die Britse Ryk mekaar gou weer vergewe en mekaar in die 1890’s ondersteun: eers met die grensgeskil met Venezuela en toe die oorlog in Kuba, om twee voorbeelde te gee.Gou het die VSA agtergekom dat Washington nie op Londen se tone moes trap nie. Het dit dalk ʼn rol gespeel in die VSA se “neutraliteit” ten opsigte van die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902? Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
loading
Comments (6)

Burnmeister

Johan se stem is baie baie dof, kan julle miskien werk aan sy klankkwaliteit? Baie interessante program, baie dankie!

Jan 4th
Reply

Burnmeister

baie interessant, dankie!

Dec 28th
Reply

Francois Viljoen

Kan julle padlangs n tweetalige woordeboek optel? 😂😂

Dec 6th
Reply

Leon Lourens

Dit is wonderlike dat eensgesind die verlore, vergete of minder belangrike geskiedenis van die afrikaner aan ons bloot stel. Dankie vir wonderlike werk aan die hele span!!!

Feb 9th
Reply

Franco-Albert Kinnear

ure se kennisvolle gesprekke,dankie julle lekker om te leer oor dit wat saak maak

Feb 2nd
Reply

Chrisjan Heystek

Baie dankie Emile vir die reeks sover. Dit is baie interesant en geniet die podcasts so terwyl in die kar ry.

Feb 1st
Reply
Download from Google Play
Download from App Store