Gasa en Oekraïne: Is Trump die groot vredemaker?
Update: 2025-10-20
Description
Terwyl daar tekens is dat die brose skietstilstand-ooreenkoms in Gasa, en daarmee saam die Amerikaanse president, Donald Trump, se vredesooreenkoms kan faal, word 'n vergadering tussen Trump en die Russiese president, Wladimir Poetin, in Boedapest, beplan. Sekere ontleders is skepties oor die vooruitsigte van vrede in Gasa. Oor die sukses van die vergadering in Hongarye tussen Trump en Poetin heers daar ook onsekerheid. Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse, verbonde aan die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Comments
In Channel