DiscoverOp en Wakker
Op en Wakker
Claim Ownership

Op en Wakker

Author: RSG

Subscribed: 15Played: 5,631
Share

Description

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.

5000 Episodes
Reverse
RSG-omproepers vereer

RSG-omproepers vereer

2025-12-0811:30

Drie van RSG se omroepers, Mariëtta Kruger, Derrich Gardner en Henco Kruger is by die Telkom-radiotoekennings vereer. Mariëtta is vereer en in die Heldesaal vir omroepers opgeneem, Derrich het die Stasiebestuurder-toekenning ontvang vir personeel wat buitengewone moeite doen, en Henco het die toekenning vir 'n sakeinsetsel, Kuns met Kontant, gewen.
‘n Video van die Springbokke, wat Whitney Houston se I HAVE NOTHING sing, doen die rondte op sosiale media.
Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is die grootste pensioenfonds in Afrika, met 1,2 miljoen lede. Jody Hendriks het gister in Rand en sent met Marie van der Klashorst van die GEPF gepraat. Ons sit die gesprek voort, en sy reageer op jou vrae.
Albe Grobbelaar praat oor die Springbokke se toer na Brittanje in 1951-52, en een van die mees legendariese drieë in die geskiedenis van Springbokrugby.
Elke Brink van PSG Wealth R21 op Stellenbosch praat oor die hoogtepunte van 2025.
Springbokrugby het die afgelope jaar geskitter, ondanks die oogkrap-voorval in die laaste wedstryd van die jaar, toe Eben Etzebeth die Walliese flank, Alex Mann, se oog gekrap het in die doodsnikke van die toetswedstryd. Etzebeth is vir 12 wedstryde geskors. Die Springbokke het vanjaar, onder Rassie Erasmus, die vorige rekord vir meeste drieë in 'n jaar, onder Jakes White, verbeter, en 81 drieë in 14 toetse gedruk. Dis gemiddeld 5,79 drieë per toetswedstryd. Onder Jakes White was die rekord 81 drieë in 17 toetse. Ons praat hieroor met Hendrik Cronjé, seniorrugbyskrywer van Rapport.
Radio se gewildste name vereer by Radio Awards.
Brood is 'n stapelvoedsel vir miljoene Suid-Afrikaners, maar min verbruikers besef watter groot bedreiging koringboere in die gesig staar. Só skryf die bestuurshoof van Graan SA, dr. Tobias Doyer, in ’n onlangse artikel. Hy sê dringende ingryping is nodig om te keer dat plaaslike koringboere en plattelandse gemeenskappe inplof.
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Die Drakensberg Seunskoor se jaarlikse Christmas in the Berg-musiekfees beloof om groter as ooit te wees.
Leon van Nierop dryf met die Jukskeirivier af, met ’n psigopaat agter hom...
Suid-Afrika se mans-hokkiespan het vir ’n internasionale reeks saamgetrek. Pieter van den Berg praat met die nasionale afrigter oor wat voorlê.
Albe Grobbelaar praat oor die totale drankverbod van die 1920's in Amerika.
Dawie Roodt van die Efficient-groep kyk terug op die gebeure van 2025.
Alle oë is op die konflikte in die Oekraïne, Gasa en Taiwan, maar in Afrika woed ook ’n betekenisvolle, dog subtiele stryd. Rusland, China en Westerse moondhede ding stilweg mee om invloed, toegang tot hulpbronne en strategiese alliansies. In hierdie stille geopolitieke skuif word Afrika nie net ’n speelveld nie, maar ’n aktiewe akteur wat die balans van globale mag kan verskuif. Ons praat hieroor met dr. Joan Swart, ’n forensiese sielkundige met ’n MBA en MA in militêre studies.
Sam Worthington praat oor die nuwe Avatar-rolprent, Fire and Ash.
Met die Desember-vakansie om die draai, word kinders se skermtyd selfs meer van ’n uitdaging. Tussen lang ritte, warm dae en ouers wat soms net asem wil skep, word die slimfoon maklik die vinnigste oplossing. Maar die koste hiervan vir kinders se ontwikkelende breine is veel groter as wat baie besef. Ons praat met Hanlie Degenaar, senior spraakterapeut en bestuurder van Care2Kids by die Noordwes- Universiteit se Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie.
Die gesprek om die RSG-ontbyttafel begin elke oggend met ‘n oorsig van die dag se hoofopskrifte op plaaslike en internasionale nuuswebwerwe en koerantvoorblaaie.
Suid-Afrika se ferrochroombedryf is in die gevaarwaters. Ná afleggings by Samancor, het Glencore-Merafe nou ook met ’n artikel 189-proses begin, wat sowat 2 400 werknemers by Boshoek en Wonderkop raak. Solidariteit sê die regering het nie behoorlik ingegryp om werkverliese te probeer keer nie, en die bedryf staan voor ’n potensiële katastrofe. Ons praat met Willie Venter, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit vir die metaal- en ingenieurswese.
Die Netflix-reeks, Stranger Things, maak geskiedenis. Noah Schnapp gesels oor die nuwe seisoen.
loading
Comments