Gerda Steyn maak haar buiging in die Soweto-marathon
Update: 2025-11-20
Description
Gerda Steyn, een van Suid-Afrika se voorste langafstandatlete, maak volgende Saterdag haar debuut in die Soweto-marathon. Sy gaan te staan kom teen haar klubmaat en vriendin, Ivette van Zyl, wat die wedloop al vier keer gewen het en steeds die roeterekord hou.
Dit was nie ’n maklike jaar vir Gerda nie… Die Kaapstad-marathon is op die nippertjie gekanselleer, wat haar die kans ontneem het om al drie van Suid-Afrika se voorste wedlope in een jaar te wen. Maar sy het vinnig nuwe planne gemaak, en sluit vanoggend by ons aan.
Comments
In Channel

















