Die katte is terug op die planke in SA
Update: 2025-11-21
Description
Die tydlose musiekblyspel, CATS, bring binnekort weer die Jellicle-katte na Suid-Afrikaanse verhoë. Duane Alexander neem die regie en choreografie oor wanneer die internasionale span die produksie verlaat. Hy beloof ’n glinsterende kombinasie van musiek, dans en poësie. Van die liedjie, Memory, tot die betowerende, Jellicle Ball, is dit ’n produksie wat musiek- en teaterliefhebbers nie wil misloop nie. Ons praat met Duane oor wat jy kan verwag van die produksie wat in Kaapstad en Johannesburg op die planke sal wees.
Comments
In Channel



















