Gholf: Tiger Woods sê hy herstel baie stadig na operasie
Update: 2025-12-03
Description
Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy herstel van 'n rugoperasie is nie so vinnig as wat hy graag sou wou hê nie. Die 49-jarige Amerikaner het in Oktober 'n rugoperasie ondergaan, sy tweede in 'n bietjie meer as 'n jaar en sewende sedert 2014. Hy het ook vroeër vanjaar 'n operasie ondergaan om 'n geskeurde linkerhak-sening te heg. Woods, wat laas gespeel het in verlede jaar se Britse Ope, sê hy het nog nie 'n terugkeerdatum nie:
Comments
In Channel




