Lid van Nasionale Wag sterf na aanval in Washington
Update: 2025-11-28
Description
Sarah Beckstrom, een van die twee lede van Amerika se Nasionale Wag wat Woensdag naby die Withuis in Washington geskiet is, is dood. Die twee was aan diens toe ʼn verdagte hulle nader en op hulle losbrand. Beckstrom is in die hospitaal dood terwyl die ander lid, Andrew Wolfe, steeds om sy lewe veg. Die verdagte is geïdentifiseer as ʼn Afgaanse burger, Rahmanullah Lakanwal. Amerika se advokaat vir Distrik Columbia, Jeanine Pirro, sê die Departement van Justisie sal aandring op die doodstraf:
Comments
In Channel




