Prins Harry, Meghan en mnr. Mountbatten-Windsor
Update: 2025-11-07
Description
Die broer van Koning Charles, die voormalige prins en Hertog van York, Andrew, sal voortaan bekend staan as mnr. Andrew Mountbatten-Windsor, nadat die koning hom van al sy titels gestroop het, in wat beskryf word as 'n bloedlose rewolusie. Dit volg op ernstige aantygings van seksuele misbruik teen Andrew en sy vriend, die veroordeelde misdadiger, Jeffery Epstein. Andrew moet ook sy herehuis, Royal Lodge, ontruim en elders op die koninklike landgoed, Sandringham, gaan woon. Ons praat hieroor met Arlene Prinsloo, vryskutjoernalis wat spesialiseer in koninklikes.
Comments
In Channel
















