DiscoverEWE ANDERS 🎙️
EWE ANDERS 🎙️
Claim Ownership

EWE ANDERS 🎙️

Author: Ricia Bester en Mia Knoesen

Subscribed: 1Played: 3
Share

Description

Welkom by Ewe Anders, ‘n Afrikaanse podcast waar twee twintig-ietsie-jarige vriendinne, Ricia en Mia, hulle lewens en al die chaos wat daarmee gepaard gaan deel. Van vriendskappe en stories tot geestesgesondheid en eksistensiële krisisse—geen onderwerp is van die tafel af nie! Luister in vir ‘relateable’ gesprekke, eerlike refleksies, snaakse ervarings en baie lag terwyl hulle saam die wilde rit van volwassenheid aanpak.
16 Episodes
Reverse
In hierdie episode kyk ons terug na sommige van die reëls waarmee ons as kinders moes saamleef — van ouderdomsbeperkings en slaaptyd tot strawwe en reëls rondom oorslaap. Ons deel ons persoonlike ervarings, lag saam oor hoe streng (of los) dinge soms was, en gesels oor hoe ons dit moontlik anders sou hanteer as ouers eendag. Dis ’n eerlike, nostalgiese en soms humoristiese gesprek oor ouerskap, dissipline en die dinge wat ons gevorm het.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode duik Ricia en Mia in die fassinerende konsep van Micro Retirement — ’n vars manier om na werk en rus te kyk. Ricia deel haar persoonlike ervaring met micro retirement en gee praktiese raad oor hoe om dit realisties te benader en vooruit daarvoor te beplan.Ons gesels oor wat hierdie term werklik beteken, hoe dit verskil van tradisionele aftrede, en of dit ’n haalbare opsie is vir mense in verskillende lewensfases. Is dit net ’n modeverskynsel, of iets wat jy in jou eie lewe kan integreer?As jy al ooit gevoel het jy kort ’n breek van die roetine, of wonder hoe jy werk en rus meer gebalanseerd kan benader – is hierdie episode vir jou.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie insiggewende episode delf Ricia en Mia in die fassinerende herkoms van alledaagse sê-goed, tradisies en moderne gebruike wat ons dalk as vanselfsprekend aanvaar.Hoekom dra bruidjies wit? Wat maak diamante só waardevol? En kan ’n appel rêrig die dokter weghou? Hulle ondersoek dié en ander interessante vrae met ’n mengsel van humor, nuuskierigheid en verrassende feite.As jy al ooit gewonder het waar ons gewoontes en uitdrukkings regtig vandaan kom – dan is hierdie episode net vir jou!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor ChatGPT en hoe dié slim AI deel van hul alledaagse lewe geword het. Van voorberei vir werksonderhoude en beplan van reisroetes tot noodsituasies by die huis, self-terapie, kleurkodeskep en selfs toesprake skryf—ChatGPT is altyd daar om te help. Luister saam vir ’n lekker, gemaklike gesprek vol humor, praktiese idees en dalk ’n paar wenke wat jy self wil uittoets!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
Episode 9 - Instaskool

Episode 9 - Instaskool

2025-08-1256:03

In dié episode scroll Ricia en Mia ‘n bietjie op Instagram – en kyk insiggewende videos en gesels oor “life hacks” en hoe moeilik dit soms is om te weet wat regtig waar is. Is alles net vir die likes, of is daar tog iets om van te leer? Hulle deel ook wat hulle wens hulle op skool geleer het – soos hoe om belasting te doen en n band om te ruil. Hulle debateer ook oor watter tipe skoolopvoeding hulle vir hulle kinders sal wil hê. Sit terug en ontdek saam met hulle watter lesse jy nie op die skoolbanke kry nie, maar dalk op jou feed!P.S. Mia het bietjie die kat aan die stert beet as dit kom by SSRI en Histamine. Hiermee meer akkurate inligting: SSRIs interfere met die afbreek van histamine (omdat SSRI ‘n sekere ensiem inhibeer)- wat beteken daar is meer histamine in die sisteem. Dit lei dan tot erger allergiese reaksies. Wel dit is wat ChatGPT sê.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode gesels ons met Tineke, ’n dieetkundige met ’n passie vir gesondheid en voeding. Ons leer haar eers bietjie beter ken en hoor van haar persoonlike reis tot in die wêreld van dieetkunde.Sy deel insiggewende feite oor wat haar beroep behels en gee ons ‘n kykie in die werklikhede van voeding – met spesiale fokus op dieet tydens swangerskap, die rol van voeding in borsmelk, en algemene gesondheidsmittesTineke gee praktiese raad oor hoe om ‘n gebalanseerde dieet te handhaaf en deel haar mening oor gewilde dieet-“hacks” en “crash diets”.Ons sluit af met ‘n vinnige “true or false”-rondte waarin Tineke klassieke wanpersepsies in die gesondheidswêreld uitklaar.Krediet aan Tineke Wilson, Dieetkundige.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor die groot buzzword in dating - “ick” – daardie klein (of groot!) dingetjies wat skielik iemand minder aantreklik maak. Hulle deel hul eie “ick” lyste (moenie oordeel nie), en wonder of dit regverdig is om só kieskeurig te wees en hulle wonder hoe mense in “arranged marriages” verby “icks” kyk.Is dit oppervlakkig om “icks” te hê? Of is dit bloot ’n manier om grense te stel? Hulle delf ook in die vraag: Watse “icks” sou mense dalk van húlle hê? En wat verklap hierdie lysies regtig – meer oor die persoon wat dit ervaar, of die een wat dit ontlok?Kom join ons om te hoor hoe ons cringe, introspeksie doen en hopelik laat dit jou ‘n bietjie lag.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In episode 6 delf ons in die generasie-gaping tussen Gen Z en Millennials — en waar ons onsself daarbinne plaas. Ons gesels oor hoe Gen Z dikwels misverstaan word, en hoe daardie misverstande ook op ons persoonlike identiteite afspeel. Ons deel hoe ons albei op maniere konserwatief is… en ook glad nie. Ons vra vrae oor waar konserwatiwiteit vandaan kom, hoe dit gemeet word, en of dit ooit so eenvoudig is soos mense dit probeer maak. Dis ’n episode vol selfrefleksie, nuance, en ’n paar filosofiese afdraai-lyne.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode van Ewe Anders, gee ons julle insights oor wat gebeur by ‘n sleepover. Ons verduidelik die betekenis agter die podcast se naam — “Ewe Anders”Mia deel van haar avonture oorsee en Ricia vertel van haar honeymoon se boujee business class ervaring — was dit die moeite werd? Dan droom hulle saam oor die tipe vakansies waarop hulle wil gaan: luxury met ‘n uitsig of culture met karakter? En hoe balanseer mens die twee?Maar dis nie net sunsets en suitcases nie — ons vat bietjie ‘n detour en gesels oor implantate, figure skating ongelukke en bome wat uit mense se neuse groei (ja, regtig).Dis grappig, weird, eerlik en net so bietjie skrikwekkend — dis Ewe Anders.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode gesels ons met Mia oor haar sieninge oor “dating” en hoe haar perspektief oor verhoudings die afgelope paar jaar verander het. Sy deel haar gedagtes oor die invloed van aanlyn dating op verhoudings in die moderne era.Ons kyk ook na die impak van die Covid-19-pandemie en die lockdowns op die manier waarop mense romantiese verhoudings bou en onderhou. Laastens deel Mia haar gedagtes oor die idee van trou en wat die toekoms vir haar in die liefdesafdeling inhou. Is sy optimisties oor die idee van huwelik, of sien sy dit dalk op ‘n ander manier?Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie spesiale episode deel Ricia haar eerlike reaksie op die oorweldigende terugvoer wat sy ontvang het ná sy haar video gedeel het waarin sy aankondig dat sy gaan uittree as prokureur. Sy lees ‘n paar van julle kommentaar en boodskappe hardop en gesels oor hoe dit haar laat voel het – van ondersteuning en inspirasie tot vrae en kritiek. Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode gesels ons lekker tydens ‘n girls chat on the go – daai tipe geselsie wat net in die kar gebeur, waar die stories spontaan vloei.Ricia vertel ook wat haar oorspronklik geïnspireer het om prokureur te word, en hoekom sy uiteindelik besluit het om uit te tree uit die regsberoep. Ons praat eerlik oor hoe sy nou familie en balans bo ambisie en werkdoelwitte kies – en hoekom dit vir haar sin maak.Ons raak ook aan iets waarmee baie van ons kan identifiseer: hoe ons generasie dikwels ons beroepskeuses bevraagteken, en wat dit beteken om sukses op ons eie terme te definieer.Kom klim in die kar saam met ons!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie kort bonus-episode gee ons terugvoer oor ons persoonlike uitdagings van die afgelope twee weke.Ricia het haar grense getoets deur meer spontaan te wees – hoe het dit vir haar gewerk en dink sy dis iets wat sy weer sal aanpak? Mia het aan die ander kant probeer om meer gestruktureerd te leef en ‘n roetine te volg. Het sy dit reggekry of het chaos gewen?Ons sluit af met ‘n paar gedagtes oor hoe jou persoonlikheid dalk die grootste faktor is in wat vir jou werk. Is jy ‘n roetine-mens of floreer jy in vryheid? Luister saam en laat weet wat vir jou!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
In hierdie episode deel Ricia en Mia die stories van hoe hulle paaie gekruis het en die onverwagte vriendskap wat ontstaan het. Mia deel dat sy Ricia en Morné se roetine interessant vind. Hulle bespreek Ricia se liefde vir roetine, en hoekom dit haar sekuriteit en balans gee in haar daaglikse lewe. Mia, aan die ander kant, is ‘n bietjie meer spontaan en buigsaam, maar sy deel haar besluit om ‘n bietjie meer roetine te probeer in haar eie lewe. Kom luister na ‘n lekker gesprek oor vriendskap, roetine en die balans tussen die twee!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
Welkom by die eerste bonus-episode van Ewe Anders! In hierdie episode gesels Ricia en Mia oor wat om te verwag deur die loop van die Ewe Anders podcast.By Ewe Anders gesels ons oor al die dinge wat ons lewens interessant en soms uitdagend maak – van roetine versus spontaniteit, die verskille tussen enkellewe en getroude lewe tot eerlike gesprekke oor ADHD en angs. Ons delf ook in hoe die samelewing ons identiteit en waardes vorm, deel ons reis-ervarings, gesels oor beroepsveranderinge, en die onsekerheid wat grootmenswees soms bring.Ons release elke tweede Dinsdag ’n nuwe episode, en in elke episode fokus ons op een tema. Ons brei uit op onderwerpe waarvan julle in ons eerste episode al ’n voorsmakie gekry het.Subscribe gerus, en sluit by ons aan elke tweede Dinsdag vir Ewe Anders!Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
Welkom by die heel eerste episode van Ewe Anders!In hierdie episode vertel ons, Ricia en Mia, hoekom ons besluit het om ons ervarings en gedagtes met julle te deel. Ons gesels oor wie ons is, hoe ons elkeen angs en/of ADHD in ons daaglikse lewens ervaar, en hoe dit ons denkwyses vorm.Ons sieninge verskil gereeld (en nogal sterk), en in hierdie episode debateer ons onder andere oor die vrees vir die dood – en of dit werklik sin maak om daarvoor bang te wees.Kry jou gunsteling drankie, kom sit saam met ons op die bank en gesels en lag saam met ons.Follow ons op Instagram:Ewe Anders podcast: https://www.instagram.com/ewe_anders_podcast?igsh=MThwMnYwNmk2b3Vjcg== Ricia Bester:https://www.instagram.com/ricia_welding?igsh=bnAycGhicTB6NTd6&utm_source=qrMia Knoesen:https://www.instagram.com/miaknoesen?igsh=MTY5bG5maTI2eW5wNA==Jou Afrikaans Podcast :)
Comments 
loading