16 dae: GBV is nie net meer in huise en op straat nie
Update: 2025-11-25
Description
Die 16 Dae van Aktivisme Teen Geslagsgebaseerde Geweld-veldtog begin vandag en daarmee saam 'n groeiende oproep om GBV tot 'n nasionale noodtoestand te verklaar. Die stigter van die Ombetja Yehinga-organisasie, of Oyo, Philippe Talavera, waarsku dat geweld nie meer tot huise en strate beperk is nie. Hy sê aanlyn mishandeling eskaleer, van "catfishing" wat lei tot gevaarlike werklike ontmoetings, tot die deel van intieme beelde sonder toestemming. Talavera het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië moet die oorsake van geweld konfronteer.
Comments
In Channel




