Een vrou of meisie in 2024 elke 10 minute vermoor
Update: 2025-11-26
Description
Lewensmaats en familielede het in 2024 elke tien minute 'n vrou of meisie met opset vermoor. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se Organisasie vir Vroue. Die verslag toon ongeveer 50 000 vroue en meisies is verlede jaar wêreldwyd deur hul intieme maats of ander familielede vermoor. Afrika het die grootste aantal moorde op vroue deur lewensmaats of familielede aangeteken, met 'n geraamde 22 600 slagoffers. Sarah Hendriks van die VN-vroue-organisasie sê geweld wat met die hulp van tegnologie gepleeg word, lei in sekere gevalle tot vrouemoord:
Comments
In Channel




