Nainda mik vir top-Interpol pos
Update: 2025-11-16
Description
Namibië verskerp sy veldtog vir die top-pos by Interpol, met NamPol se generaal-majoor Anne-Marie Nainda wat vir die presidentskap staan terwyl die wêreldwye polisieliggaam voorberei om oor net twee weke nuwe leierskap te verkies. Nainda, tans Afrika se afgevaardigde op Interpol se uitvoerende komitee, het meer as 30 jaar se polisiëringservaring en kan slegs die tweede vrou word om die organisasie in sy 100-jarige geskiedenis te lei. Die verkiesing sal plaasvind tydens Interpol se Algemene Vergadering van 24 tot 27 November in Marrakesh, Marokko. Nampol se woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Comments
In Channel




