Nog geen uitsluitsel oor Nasan-Vivo verkryging
Update: 2025-11-27
Description
Die Namibiese Mededingingskommissie sê Nasan Energies se voorgestelde verkryging van 53 Engen- en Shell-vulstasies van Vivo Energy is steeds onbeslis nadat meer as 20 openbare voorleggings, insluitend besware, ontvang is. Woordvoerder Dina //Gowases het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die transaksie, wat in September aangekondig is, blyk ingewikkeld te wees, met kommer oor Vivo Energy se potensiële voortgesette oorheersing en vrae oor Nasan Energies se onafhanklikheid. Sy het gesê geen gevolgtrekking is bereik nie en die saak is steeds op die tafel.
Comments
In Channel




